top of page
Search

Wanted: Stay at home wife

nikivanwyk

Ek sit die week in `n vergadering, `n belangrike een en hoor nie`n woord nie. Ek dink op' n stadium het die voorsitter dalk vir my' n vraag gevra, maar sy kon seker aan die maniese uitdrukking op my gesig en my mal oë sien nou is nie die regte tyd nie, sy kan my seker maar na die vergadering bel. Ek was besig met iets wat op daardie stadium soos lewe en dood voel. Liam wil graag Valentines Ball (VBall) toe gaan en daar is `n beperkte aantal kaartjies beskikbaar, Die kaartjie verkope maak presies 11:23 oop, en dis `n geval van vingers op die knoppie, sweet op die voorkop, merke gereed gaan. Dit voel soos die Edgars Red Hanger sale van my jeug waar ek eendag regtig twee tannies gesien het wat mekaar met die hangers takel om by daai laaste paar skoene uit te kom. Die probleem is, dis nie net my oulike kind wat my inlig dat ek 11:23 on the dot voor`n rekenaar moet sit nie. Al 250 Graad 11 leerders se ouers sit van 9am af reg om te koop.


Ek was suksesvol, maar dis as gevolg van `n paar faktore: geluk, beplanning en suiwer wilskrag. Ek was ingelog op die skool se winkel. Op' n laptop,' n foon en`n iPad. Ek het my (nuwe) virtual kredietkaart nommer gecopy, so as dit by uitcheck tyd kom kan ek net paste. En ek het daar, in`n vergadering, langs belangrike mense gesit en refresh, refresh, refresh. Insane! Ek doen dit nie eers vir kaartjies vir myself nie. As Big Concerts aankondig dat een of ander semi famous has been band Suid-Afrika toe kom doen ek dit nie eers nie. Ek is' n firm believer in ‘what will be will be”, maar NIE as dit by die kinders en die donderse aanlyn winkel kom nie. Skuus, ek raak van voor af weer effens unhinged, nie die eerste keer die jaar nie mind you, daar is ook locker gate.


So die lang en kort van die verhaal is Liam het `n ticket vir VBall. Ek wou wel 11:47 gin drink, want dis hoe lank dit vat as jy basies eerste in die online winkel was waar daar net 50 dubbel VBall tickets vir Graad 11’s was van die winkel live gaan, jy die kaartjie in jou trollie laai, jy jou kaart copy en uitcheck. Dan, na jy kliphard in jou (ernstige) meeting sê “YES” en almal vir jou kyk, en jy dan sê, goeie uitkoms op daai legal opinie wat ons oor die Companies Act wou hê. Dit terwyl jy stadig terugsak in jou sitplek en probeer normaal asemhaal, want jy klink soos iemand wat pas na die Comrades besluit het om die laaste kilometer te sprint. Jy voel jy effens deflated. Jy wag dan nog 30 minute voor die skool se (stadige) winkel vir jou die email bewys met `n QR code stuur sodat jou seun en sy date darem wel die premises mag betree. Dis hier waar mens dan begin wonder as al 250 Graad 11 kinders elkeen net een ouer het wat een uur van hulle tyd (dis konserwatief, dis baie meer) spandeer op die skool se aanlyn winkel, kon ons al hierdie ure vat, en uitwerk wat die ware koste van Vball is, en ons kon dalk `n lekker groot saal, of selfs Soccer City of die Sun Bet arena gehuur het en vir `n paar skole in die omgewing een groot partytjie hou vir VBall met of `n Suid-Afrikaanse super ster soos Francois van Coke, of `n semi famous has been band (soos Mike and the Mechanics, vir wie ek vannaand gaan kyk). Mike is 74, just saying, net oud genoeg om Suid-Afrika toe te kom. Dis nog `n paar jaar voor iemand soos Pink oud genoeg is vir Afrika. Ek gaan volgende maand Sting kyk (hy is 73).


Maar nou ja, onwards and upwards, die skool se primere taak is om my kind wiskunde te leer en nie`n online winkel te run nie. `n Ander opsie is natuurlik om die mense van Temu en Shein in te vlieg (steeds goedkoper as die totale koste van 250 Graad 11 ouers) en vir hulle te vra om die winkel op te zoosh.


As jy so twee weke terug so 6pm op die N1 Noord agter`n maniak in`n Groen Rav gery het, ek is jammer. Dit was die aangewese uur (6pm op die kop) om lockers te koop. Selfde winkel as VBall, maar nou compete al die Grade se ouers vir lockers. As jy iets klein soek om jou foon en scooter sleutels in toe te sluit, no problem, wag `n week en daar is steeds baie beskikbaar. As jy egter nie`n ouer is wat van die huis af werk en gou na skool jou kind se golfsak, krieketsak of hokkiestok skool toe kan vat en die sak met die boeke, huiswerk en die iPad kan optel nie, dan soek jy `n helse locker, Extra Large is vir`n hokkiestok, Extra wide vir krieket en golf. Dan panic ons almal weer en die hare waai en die website hang. So ek is jammer, Ek is nie gewoonlik op my foon nie, ek luister audio books om van my stres ontslae te raak voor ek by die huis kom sodat ek nie vir die kinders skree, die hond skop ens nie. Dit gaan egter wel weer gebeur (at least nog 4 jaar tot Luka die huis verlaat).


Dit bring my dan my my plan. Die van Rooyen huishouding het al au pairs gehad, met `n gemengde mate van sukses. Van die au pairs was fantasties, van die au pairs was shocking. Ek is oor au pairs. Ons het tans`n baie oulike, baie bekwame drywer, want die kinders kort nie meer hulp met huiswerk nie. Maar ek soek`n stay at home parent. Ek soek iemand wat besluite kan neem soos waar om die ortodontis afspraak te maak. Dan met die skool die reëlings te tref om die kind uit die skool te kry. Wat dan in `n veilige Toyota like kar die kind ortodontis toe vat, daar en dan weet of daar nog medical savings oor is en of sy eerder kontant moet betaal. Die afspraak moet met niks clash nie.

Ek soek iemand wat op 4 devices kan inteken op die skool se winkel en kan Vball tickets koop. Wat weet wie kort watse size locker. Wat broodjies kan maak 2 uur en gaan aflaai voor die bus wie weet waarnatoe ry 2:15. Wat kan gaan groceries koop met `n lys en nie net mindlessly op die N1 piesangs in die Woollies cart laai tot die kinders naderhand nie meer piesangs wil sien nie.


Ek soek iemand wat die kinders kan barber toe vat en seker maak die kinders se hare is volgens skool regulasies gesny sodat ons nie `n week na die eerste haarsny van die jaar moet terug barber toe om nie verdere demerits te kry nie.


Ek soek iemand wat vir Luka kan leer om die tent op te slaan as sy die eerste keer saam die skool gaan kamp, ek kamp nie, so selfs al het ek tyd is ek nie seker ek moet enige iemand leer tent opslaan nie.


Ek soek iemand wat vir my en Gerhard ook kosblikke kan pak vir werk, iemand wat ons tasse in en uit kan pak as ons travel. Iemand wat onthou wanneer die kontaklense gaan klaar raak, iemand wat weet hoe om die generator te start, die wifi te reset, iemand wat die Spotify en Netflix passwords kan onthou, iemand wat weet wanneer die karre gediens moet word, die bande kepomp moet word. Iemand wat onthou van almal se verjaarsdae en sorg dat daar altyd geld is om in koeverte te sit, en kaartjies om in geskryf te word. Die iemand moet dan ook die kinders op en aflaai by die seeminly duisende birthday parties elke jaar.


Ek soek iemand wat onthou om die klere by die droogskoonmaker te gaan haal en iemand wat altyd sorg dat die kinders se kaste nie meer die Graad 1 klere in het as die kind in Graad 11 is nie. Iemand wat onthou om 12 000 glue sticks te koop as Luka in Graad 8 is en as deel van oriëntering elke week vir`n baksteen`n ander uitrusting moet maak. Iemand wat darem die common sense het om seker te maak November 2024 se skoolskoene pas nog in Februarie 2025 as die kind dit vir die eerste keer weer dra. Ek soek ook iemand wat na`n voet wat Maandag seerkry by rugby kan kyk en`n brawe besluit kan neem dat dit soos weefselskade lyk en dat ons nie dadelik die 2025 mediese fonds moet begin uitput nie, ek kan report dat die voet miraculously herstel het.


Verblyf is ingesluit, so ook unlimited wifi, spotify en Netflix, as jy net die passwords kan uitfigure. Kredietkaart en dagboek vir beplanning sal verskaf word. Ons het nie tyd om jou te leer nie, jy gaan dit self moet uitfigure. Lys van take (gebasseer op die laaste week in die van Rooyen huishouding) kan die volgende insluit, maar die is nie`n exhaustive lys nie:

  1. Reël dat die honde se groomers kom

  2. Betaal al die rekeninge in die huis, insluitend Sekai se salaris. Sekai kort in Januarie `n verhoging, doen marknavorsing om te bepaal of ons most valued employee`n flight risk is of nie

  3. Bel binnelandse sake en sorg dat Kind 1, Kind 2, Ouer 1, Ouer 2 se dagboeke en die sterre allign om almal gelyk by home affairs te wees vir nuwe paspoorte (sterkte, die een is rof!)

  4. Upgrade selfone

  5. Vat iewers `n kind skool toe, al ry hulle eintlik self skool toe gaan jy iewers iemand jammer kry en met half geblowdryde hare skool toe ry en ander mense bang maak met jou look

  6. Koop vir Kind 2 `n nuwe hokkiestok

  7. Skuif Master Maths (alweer) en sorg ook dat die drywer ok is met die dagboek skuif

  8. Vat Kind 1 barber toe om demerits te avoid

  9. Koop snacks en sonroom vir`n Kind 2 wat gaan roei

  10. Sorg dat die kind wat roei, in haar afwesigheid nuwe skoolskoene kry, Bucaneers, sy dink size 5 sal werk (let wel, dit gaan waarskynlik nie pas nie, so soek iewers tyd om dit te gaan omruil)

  11. Koop gluesticks

  12. Dis die verkeerde size gluesticks, well done dat jy voortuit beplan het en `n kilogram gekoop het, maar nou moet jy`n return op Takealot log

  13. Koop kontaklense online (Kind 1)

  14. Gaan haal die kontaklense en hoop jy kon reg sien om die regte sterkte te koop, anders, nog `n return

  15. Koop VBall tickets (Kind 1)

  16. Soek tyd om Kind 1 mall toe te vat om outfit vir VBall te koop - let daarop dat Kind 1 nie van Malls of shops hou nie en jy moet daarom sorg dat jy direk na die regte winkel toe loop aangesien hy opgee na 5 minute en in sy Pa se kas rond krap (Kind 1 ‘leen’ tans sy Pa se tekkies om in te gym, imagine die chaos!)

  17. Al pak Kind 1 en Kind 2 self lunch…pak 3 x die week lunch

  18. Print speech kaartjies en plak op karton x 2

  19. Voer almal, die heeltyd

  20. Oortuig Kind 2 op `n manier dat sy dink dit was haar eie idee dat sy nie Vball toe wil gaan nie, jy het nie nog `n ticket koop in jou nie. Kind 2 en Malls werk ook nie saam nie, sy “ooh en aah” oor alles. Dit vat ure, meer ure as wat jy het


Ek het twee weke sonder Gerhard oorleef, werk travel begin vroeg in 2025. Gerhard moet nou tuis bly terwyl ek twee weke travel. As ons die Zoom password kan onthou sal ons graag so gou as moontlik wil ontmoet om te kyk of ons jou ‘forever family is’ en of jy die regte stay at home parent vir die van Rooyens is.


Groete


94 views0 comments

Recent Posts

See All
Augustus

Augustus

Comments


Subscribe Form

Thanks for submitting!

©2021 by Niki van Wyk. Proudly created with Wix.com

bottom of page