Forever young
- nikivanwyk
- Jun 27
- 6 min read
Liewe Liam
Vandag is jy agtien! Die laaste 18 jaar was lank en kort. Toe jy klein was, het die jare lank gevoel, maar vandat jy in die hoërskool is gaan die tyd heeltemaal te vinnig verby. Wat my baie bang maak, is die tyd wat jy onder ons dak gaan bly minder en minder raak...
Vandag 18 jaar terug is jy gebore, met `n APGAR score van 1, jy was basies dood, en daar was dooie kolle in jou kop en ek was nie seker presies hoe ons jou gaan groot kry nie. Dit was laat op `n Vrydag en al die spesialiste was al huis toe vir die naweek. Wat `n baie happy dag moes wees was `n chaotiese dag. Elke 27 Junie na 2008 was egter `n vreugdevolle dag en ek dink die dooie kollle op jou brein is lankal weer aan die gang.
Jy is een van my favorite mense in die wereld, nie net oor jy my kind is nie. Jy het `n vinnige wobble as teenager gehad toe jy so 16 was, en daarna was jy net lieflik. Jy is iemand wat doen wat reg is, jy gee om vir ander mense. Jy gee om vir die hond, wat jy vryf asof jy kitaar speel. Jy chat graag met ons, en almal wat jy raakloop.
Ons huis gaan net nooit weer dieselfde wees as jy nie meer by ons bly nie. Hoe min groceries gaan ek hoef te koop? Wie gaan in die oggend in `n onderbroek kom koffie haal in die kombuis? Wie gaan ons "Moeder" en "Unc" noem? Oor wie gaan ons snags wakker lê om te hoor hoe die raserige voordeur oopgaan en dan weet ons jy is veilig in die bed?
Ek wonder deesdae al hoe meer of om `n working mom te wees die regte besluit was. Het ek genoeg tyd saam jou spandeer, genoeg dat jy na jy die huis verlaat gaan aanhou huis toe kom? Eers alleen, dalk saam vriende as `n honger en arm student? Later dalk saam `n girl, en eendag saam `n vrou en `n paar kinders? Het ons genoeg van ons work ethic op jou imprint? Verstaan jy regtig hoe om wasgoed te was? Kan jy enige iets anders as steak en eiers maak? Weet jy hoe om met geld te werk? Weet jy hoeveel slaap en vitamines mense nodig het en verstaan jy genoeg van karre om te weet wanneer om petrol in te gooi en wanneer om water en olie in te gooi? Kan jy `n wiel omruil? Weet jy hoe om `n afspraak by die tandarts te maak, hoe om x-strale te gaan neem.
Was ons te kwaai? Ons probeer die balans strike tussen voete op die grond en privaatskool estate kinders. Moes ons dalk meer chilled gewees het. Moes ek nie eendag my moer gestrip het oor die kosblikke wat onoopgemaak terug kom huis toe na `n lekker toer van die skoolgronde, vir jou en Luka self laat kosblikke pak nie? Ek smile as matriek ma's vertel hulle pak brood vir hulle volgroeide seuns.
Al wat ek wel weet Liam is dat ek dink jy gaan ok wees. Jy het `n sterk sin van verantwoordelikheid. Jy weet wat is reg en verkeerd en as jy droogmaak vat jy die consequences. So is die scooter al menige keer weggevat oor jy nie die akademiese hurdles heeltemaak bemeester het in rugby en kuier seisoen nie. Jy betaal nou nog af aan `n hokkiestok van `n girl in die skool wat jy in Januarie per ongeluk gebreek het. Jy is nog altyd `n sterk leier, al moes ons toe jy in Graad 4 was skool toe gaan en die juffrou ons inlig dat jy `n baie goeie leier is, maar dat jy jou powers vir good moet gebruik.
Jy het nog altyd vreemde mense as potensiële vriende gesien. Toe jy klein was het jy almal as 'maatjie' aangespreek tot jy hulle name leer ken het. Jou sirkel is groot en jy is lojaal teenoor jou mense. Jy is baie sosiaal en `n total extrovert! Mense gee jou energie.
Jy is independent en maak planne. Ek moes nog nooit oor jou worry nie. Die hele buurt ken jou, want as `n kind wat self skool toe en terug moes kom van kleins af weet jy hoe om vir jouself `n lift te reel. Ek het een jaar `n oproep van `n Pa gekry wat aanbied om jou van Witrivier af huis toe te bring na die toer, daar was nie `n bus huis toe nie en jy moes `n plan maak! Ons vorige buurman het altyd gesê ons kan jou op sewe in Soweto aflaai, en jy sal huis toe kom.
Geniet hierdie tye Liam, ek gaan nou soos `n ou mens preek, ek en Unc was ook al 18. Dit was lekker tye. Mens dink jy is bulletproof en jy kan bounce, en mens kan. Hier is 10 goed wat ek wil hê jy moet onthou, ek weet jy weet:
Balans: kuier lekker, maar leer ook hard. Spandeer geld as jy moet, maar spaar soveel as wat jy kan. Eet groente en vrugte, dis goed vir jou.
Kyk mooi na jouself en ander. Mens het in die dag en tyd in ons land `n designated driver nodig, Uber is te gevaarlik. Iemand moet altyd beheer oor die sirkus vat. Sluit jou deure as jy in die kar klim. Ken `n selfoon nommer of twee. Hou `n geldjie in jou sak vir `n noodgeval. As jy langs die pad gaan staan, bel iemand wat jy ken. Mens kan met `n pap wiel ry as dit moet, mens kan nuwe rims, wiele en karre koop. Ons kan nie mense vervang nie.
Die pasta resep is eenvoudig:
Braai `n ui in bietjie olie saam tumeric. Sit `n spul rosa tamaties (in halftes gesny) saam Ina Paarman Garlic & Herb by en braai. Gooi 500g maalvleis by (lean mince is lekker). As die maalvleis gaar is, gooi `n sak Woollies Basil and Tomato sous by. Kook, proe, nog sout soos nodig. Serve met Spaghetti - kook soos die pak sê, bedien met kaas.
Seperate jou wasgoed, wit en beige kan saam gaan, maar as jy `n rooi hemp gaan bygooi gaan alles pienk wees.
Bel mense as hulle verjaar, dit gebeur net een keer `n jaar en jy gaan eendag net spyt wees oor die oproepe wat jy nie gemaak het nie, nie die wat jy wel gemaak het nie.
Kyk mooi na Luka. Eendag gaan ek en Pappa nie hier wees nie en dan wil ek rustig in die hiernamaals wees in die wete dat julle mekaar het. Sorg dat julle spouses oor die weg kom en julle kinders vriende is. Die happyste families is die wat saam in `n twee slaapkamer huis kan gaan vakansie hou by die see.
Ons huis se deure is altyd vir jou oop, of jy 18 of 88 is. As jy ons mis, kom huis toe, as jy raad kort, kom huis toe, as jy honger is, kom huis toe. As jy ver van die huis af is, bel.
Maak jou bed op, groet mense met die hand as jy hulle ontmoet, kyk in mense se oë as jy hulle intmoet. Skud vrouens se hand ook. Maak die deur oop vir vrouens, laat ou mense eerste loop. Koop vir girls blomme op verjaarsdae en ander spesiale dae.
As jy iemand kan help, help. Dit is nie altyd geld nie, soms moet jy net vir iemand `n druk gee, of `n bord kos. Soms moet jy net luister, of by mense sit, dis ook ok.
As jy verkeerd was of foute maak, sê jammer en fix dit.
Ons is jou grootste fans, jou ewige supporters en ons is trots op jou, vir die mens wat jy is en nog besig is om te word. Fly high Liam, the sky is the limit.
Hoe langer ek daaraan dink kan ek jou net met `n song uit 1988 uit los, van Rod Steward, gaan Spotify hom vir jou Unc Playlist:
May the good Lord be with you
Down every road you roam
And may sunshine and happiness
Surround you when you're far from home
And may you grow to be proud
Dignified and true
And do unto others
As you'd have done to you
Be courageous and be brave
And in my heart you'll always stay
Forever young, forever young
Forever young, forever young
May good fortune be with you
May your guiding light be strong
Build a stairway to Heaven
With a prince or a vagabond
And may you never love in vain
And in my heart you will remain
Forever young, forever young
Forever young, forever young
Forever young, forever young
Yeah
And when you finally fly away
I'll be hoping that I served you well
For all the wisdom of a lifetime
No one can ever tell
But whatever road you choose
I'm right behind you, win or lose
Forever young, forever young
Forever young, forever young
Forever young, forever young
For-forever young, forever young
Songwriters: Bob Dylan / Jim Cregan / Kevin Savigar / Rod Stewart
Baie liefde
Mamma
27 Junie 2026
.jpg)

Comments