Die tyd van laastes, en eerstes
Vandag is matriekafskeid. Dit voel steeds of ek Liam gister eers ontmoet het, en nou moet hy `n suit aantrek en saam die spreekwoordelike 'girl next door' matriekafskeid toe. Gerhard en Liam was karre, Liam se Honda en die Cruiser, want van Rooyens huur nie karre nie, jy kan met enige kar gaan, solank dit iets is wat reeds in ons driveway staan.
Ek het pas Elmay se blomme gaan haal, beautiful diep wynrooi peonies. Ek het vir hulle elkeen `n hip flask bestel met hulle name op. Iets prakties wat hulle volgende jaar op Universiteit kan gebruik...of dalk as jy al lank my blog lees, `n hipflask is essential in die parent starter pack...as jy ure revue kyk gooi jy hom vol gin en saam `n tonic in die handsak. Wintershokkie, Old Brown Sherry. Hulle gaan ook arm studente wees, so mens bestel maar `n coke en bring ietsie in die fles saam.
Die laastes, dit was die laaste rugby wedstryde, die laaste skooldag is later die week. Die laaste eksamen breek oor twee weke aan. Daar gaan die laaste aand wees wat Liam onder ons dak slaap. Ek weet hy gaan weer in ons huis in sy bed slaap, maar nie vir 18 jaar min of meer ononderbroke nie. Ek gaan een van die dae, vir die laaste keer `n fortuin spandeer aan groceries wat `n honger tiener in `n dag gaan opvreet. Niemand gaan volgende jaar in sy onderbroek in die kombuis staan en koffie drink nie, en niemand gaan my vir lank op die kop pat na hy my optel om te wys hoe sterk hy nou eintlik is nie. Ek gaan nooit weer vir Liam boeke oortrek, of vra of sy skoolbroek nog pas nie.
Ek dink vandag aan my en Gerhard se matriekafskeid in 1995. Ek wou my pa se tuxedo dra, met `n deurskynende bodysuit. Toe kry Middelburg se tailor die verstellings nie heeltemaal reg nie en my ma moet vir my `n skirt maak dae voor die event. Ons haarkapster het my hare fire red gekleur en my met blou eyeshadow bygedam. Two dollar hooker vibes. Gerhard het soos Johan Stemmet gelyk in `n broek en hemp en `n onderbaadjie. Vandag se kinders het reeds op agtien baie meer styl as wat ons ooit kon hê. Ons was in Standerd 9 (Graad 11) after party toe, so in Graad 12 moes ons Shakespeare gaan leer, ons is in ons aandgewade Spur toe, ons was albei al lankal 18, maar die Spur wou nie aan ons drank verkoop nie. `n Eerste en `n laaste. Gerhard is dadelik Tuks toe, ek is eers België toe om te au pair.
Liam vertel ons onlangs hy het sy regte vriende eers in Graad 9 gemaak op `n skool trip. Oranja rivier roei. Die groep het mekaar op die water gevind en nou is hulle `n solid groep lekker mense.
Dian ken ons al van kleins af. Ons het sleepover pics van hulle in Spiderman pajamas voor hulle in die Laerskool was toe hulle cute en klein was. Ernstige rugby en krieketspeler.
Rikus was op `n stadium ons buurkind. Ure saam tennis gespeel. Die manne van Fleet straat het groot straat krieket gespeel back in the day.
Philip of Phili het later eers Midstream toe gekom, maar ons het met face recognition op `n bulletjie rugby foto van Philip en Liam afgekom mid-vaart. Philip was die laaste twee jaar meestal in slings met skouer issues.
Barto kon bestuur voor hy kon loop en is een van daardie kinders wat eers op gegroei het en nog nie heeltemaal kante toe begin groei het nie. Barto se ma verdien `n medalje, want ons kinders is altyd by Barto se huis.
Dawid is erg oor sy golf, `n regte entrepreneur. Hy koop en verkoop al jare lank golfstokke! Hulle noem hom "Dave".
Paul is die ernstige een, Liam was saam Paul in die pre-primer voor ons Australië toe is. Lank na ons al terug was vertel Paul se ma, Paul bid steeds vir die arme kind wat moes trek.
Maarten is `n serious krieket speler met die mooiste maniere, hy is ook die een wat altyd een of ander event reel, soos krieket op Wanderers.
Henke is `n solid seun, letterlik en figuurlik. Praat nie te veel nie, maar as daar moeilikheid is sal ek Henke aan my kant wil hê. Henke does not suffer fools.
Frederik wat waarskynlik die enigste kind in matriek is wat nog nie 18 is nie, Freddy, soos hulle hom soms noem is hilarious en skerp.
Fouche word om een of ander rede Thuli genoem. Hy is glo nie altyd groot op sy foon nie, so soms pitch hy nie by kuiers nie, want hy was heeltemal onbewus.
Ruan is volgens Liam al lankal soos `n pa, want hy kan sonder kaarte bestuur en vra graag of mens al op sekere plekke was, hoe het julle gery en is dit Noord of Suid van so en so.
Hulle is tight. Hulle doen alles saam, hulle gym en swem en speel rugby en golf en padel. Goeie kinders, maar nou gaan van hulle Potch toe, Pretoria toe en Stellenbosch toe. Ek dink aan my skool vriende, en mens sien mekaar meestal net op Facebook. Die opkomende Matriek Rage is dalk die laaste keer in `n baie lang tyd wat al twaalf die jong mense op dieselfde tyd op dieselfde plek gaan wees. Liam vertel ons na die laaste rugby game van die seisoen, waar die span die laaste keer as hulle uit die 'cloaks' kom die klok lui. Hulle het daar gesit en huil en vir mekaar gesê hulle wil nooit die cloaks verlaat nie.
Maar, elke laaste bring `n eerste ook. Ons is met groot opgewondenheid Mall toe om vir Liam `n suit te gaan koop. Sy eerste. 'n Kind wat nie van winkels hou nie het ons vir amper 'n uur in die aanpaskamers besig gehou om die perfect fit te soek. Daardie is sy enigste suit en hopelik kan hy hom na koshuis geleenthede dra en wie weet, dalk onderhoude vir werk.
Gister was `n lekker dag in ons huis, na maande se wag het die brief gekom wat sê Liam kan Wilgenhof toe. Hy het besluit hy wil verder van die huis af wees, nuwe plekke sien, nuwe goed ervaar.
Ons hond gaan Liam waarskynlik net so mis. Harley se siel kan nie tot ruste kom tot al vier die van Rooyens by die huis is nie. As een missing is lê die hond bekommerd met sad ogies en hy kyk heeltyd vir die deur. Volgende jaar gaan ek waarskynlik saam Harley bekommerd wees oor Liam, is hy al veilig in die bed, leer hy, eet hy, gaan hy klas toe.
Maar daar is ook eerstes, om nuwe mense te leer ken, boeke te koop, in `n eetsaal te eet. `n Kamermaat te hê wat hopelik `n lekker mens is. Om weer die kleinste te wees en om te onthou van die pecking order en `n tyd en plek vir onder begin en bo eindig. Luka gaan hier by ons huis opbeweeg in at least die hond se oë. Harley weet die pecking order is Gerhard, Niki, Harley, Liam, Luka en Juno. So Luka kan dalk nou verby Liam skuur. Daar gaan ontgroenings en kultuuraanpassings wees. Die mense wat weet sê Stellenbosch studente leer vinnig wyn drink, so dalk is daar `n laaste brandewyn en `n eerste Merlot. Drink mense nog Tas?
Daar gaan daardie eerste (hopelik ook laaste) bondel wasgoed met `n rooi hemp en `n wit hemp wees en dan gaan jy wonder hoekom jy nie mooier gefokus het as jou ma jou probeer leer adult nie. Ek sien uit na eerstes, eerste girl, die eerste graad, die eerste werk, en soos elke ma spot ek dat ek nie kan wag om by my kinders te gaan kuier om al die kos in die yskas te eet, my nat handoek op die vloer te los ens nie.
Geniet vannaand Liam, en almal van julle. Dis die eerste en laaste matriekafskeid. Geniet julle fotosessie by Barto se huis, see, I told you - altyd by Barto se huis. Hierdie fotos gaan jy eendag vir jou kinders wys. Ek is so spyt oor die min fotos as iemand wat nie in die digitale era grootgeword het nie. Maak memories. Jy gaan ook van jou onderwysers mis. My gunsteling onderwysers mis ek met tye steeds, en jy weet dit was nie noodwendig die wiskunde onderwyser nie ne? Juffrou Toppie Stofberg en Meneer Jacques Ferreira het my liefde vir tale aangevuur, ek dink steeds ek moet jou join op Universiteit en uiteindelik daardie BA Graad in Afrikaans doen. Ek wonder of Stellenbosch my sal vat? My punte is nie so goed soos joune nie.
Op die vooraand van `n nuwe hoofstuk wil ek hê jy moet weer Dead Poets Society kyk as jy dit nog nie gekyk het nie het ek gefaal in jou opvoeding. Van die beste quotes oor living in the moment, en seizing the day (Carpe Diem) kom uit daardie movie uit.
“They're not that different from you, are they? Same haircuts. Full of hormones, just like you. Invincible, just like you feel. The world is their oyster. They believe they're destined for great things, just like many of you, their eyes are full of hope, just like you. Did they wait until it was too late to make from their lives even one iota of what they were capable? Because, you see gentlemen, these boys are now fertilizing daffodils. But if you listen real close, you can hear them whisper their legacy to you. Go on, lean in. Listen, you hear it? - - Carpe - - hear it? - - Carpe, carpe diem, seize the day boys, make your lives extraordinary.”
“I brought them up here to illustrate the point of conformity: the difficulty in maintaining your own beliefs in the face of others. Now, those of you -- I see the look in your eyes like, "I would've walked differently." Well, ask yourselves why you were clapping. Now, we all have a great need for acceptance. But you must trust that your beliefs are unique, your own, even though others may think them odd or unpopular, even though the herd may go, "That's baaaaad." Robert Frost said, "Two roads diverged in a wood and I, I took the one less traveled by, and that has made all the difference.”
Suck the marrow out of life Liam, nog `n Dead Poets Society quote.
My wens vir julle almal is om die gawe te hê om in die hede te lewe en dit te geniet. Om matriekafskeid én die afterparty te geniet. Om as dit eksamen tyd is, in die eksamen 'mode' te wees en te leer, met `n bietjie padel en gym on te side. Julle is so naby, matriek is so amper finaal verby, julle het `n leeftyd voor julle en `n skamele 18 jaar agter julle. Maak memories, maar onthou alles wat julle van hier af doen is van die building blocks van wat nog voor julle lê. En as julle almal volgende week as julle finaal die gong lui op die laaste skooldag dalk `n bietjie saggies met julle ouers kan wees wat dalk `n traan in die oog en `n knop in die keel het sal ons dit baie waardeer.
.jpg)


Comments