Dis nie dat ek nie meer van julle hou nie. Dis net dat die ugly pantoffel-boots van Pick n Pay clothing soveel gemakliker is om in die home office te dra. Moenie sulke snobs wees nie, dis at least nie crocs nie ok?
Die ugly pantoffle-boots is platter, warm, kan ook klein uitstappies buitentoe oorleef as ek gou die groente moet natspuit en as dit regtig koud is kan mens maar met die goed Spar toe vir brood ook, met die dat almal deesdae gemasker moet rondloop kan niemand my in elk geval herken nie. Mens kan selfs in die ugly pantoffle-boots deliveries ontvang.
My skoen versameling was altyd iets wat my vreeslike genot verskaf het. Gerhard sê mos ek is mal, die enigste mens wat hy ken wat die aand voor werk in die bed lê en dink watter skoene om te dra en dan werk ek my pad deur my klerekas om iets te kry wat by die skoene pas. Alles in my kop, net so voor ek finaal aan die slaap raak. As Gauteng die jaar `n slegte winter gehad het (met ander woorde geen koue nie) dan het ek maar die boots weer mooi weggepak en gehoop vir koue in Londen as ek moet travel vir werk.
Die afleweringsmanne ken my al en die Zando en Superbalist bokse in ons huis was altyd baie. Daar is `n kuns daaraan om die bokse in die huis te kry sonder die gepaardgaande “Nog skoene?” aanmerking van mens se man. Gerhard besit gewoonlik so vier pare skoene waarvan vyftig persent golfskoene is, so hoe sal hy verstaan?
Life in lockdown lyk effens anders en so is my gunsteling vertrek in die huis is tans die wynkelder. Ek noem dit sommer die wynkelder, maar dis eintlik net die kas onder die trap. Toe my panic buys hier begin aankom na Suid-Afrikaners uiteindelik na maande kon drank koop het ek vining besef bier en gin is die nuwe skoene. Ek het vir aande en aande lê en dink aan wat ek alles in grootmaat kan aankoop wat sal hou. So as ons nie weer level 4 toe gaan nie dan sal ek en Gerhard waarskynlik teen Desember 2020 nog van my Junie 2020 drank aankope oorhê. Drankbokse is ook effens groter en minder diskreet as skoenbokse en die wynkelder is die perfekte plek om die bokse dan opmekaar te stapel en dan maar net te gaan haal wat mens kort. Die afleweringsmanne ken my al op die naam en Sekai vra vir my “You drink every day now?” Daar was bietjie meer judgement in daardie vraag as in die “Nog skoene?” van pre-lockdown.
So, weereens, lockdown het my verander:
Ek koop steeds groceries soos iemand wat al honger was. Ons kan waarskynlik ook Desember 2020 maak met wat tans in die kaste is.
Ek skil my eie pampoen, dit hou net langer. Mens kort net `n lekker skerp mes. Op daai nooit al sou ek nooit `n vegan kon wees nie maar voer ek my karnivore nou een maal per week `n vegetariese dis. Sop van die butternuts wat ek so gereeld aankoop is nogal `n wenner.
Ek raak opgewonde oor `n uitstappie Checkers toe! Wie sou ooit kon raai watter wonderlike goed mens daar kan koop. Luka deel my sentiment aangesien Checkers ook Polly pockets verkoop. Ek kry amazing kase en laai tans maar elke keer vir Gerhard nog `n ingeval bottel wyn in. Kaas, koue vleis, blikke caramel treat en Lurpak botter. Botter is tans my nuutste panic buy, geen spesikfieke rede nie, ek blameer lockdown brein vir baie goed.
Ek het nie skoene gekoop vir Winter 2020 nie. En ek is eintlik heel gemaklik daarmee. Mens het dalk tog nie soveel skoene nodig dat dit in die kas onder die trap hoef te bly soos Harry Potter nie.
Ek kan eintlik baie goed bak! As iemand wat die jare na kinders carbs probeer vermy het, het ek ook my arme gesin afgeskeep en nie vir hulle koekies en koeke en terte gebak nie. Ons het `n mooi stash van bakbestandele en sal selfs tot Desember 2020 nog kan bak met wat in die kaste is.
Ek is steeds nie `n goeie onderwyser nie en ek is bekommerd oor die toekoms van iemand in Graad 3 wat moes leer vertikale bewerkings doen saam haar ma wat nie eintlik van wiskunde hou nie. Sy is egter baie goed op die rekenaar en sy kan nou bak en na groente kyk, so dalk is 2020 oor lifeskills ook.
Ek dink my vingers is liggroen aangesien niks van my groente nog gevrek het nie. Ek het selfs weer met behulp van die greenhouse die ou orgideë aan die lewe gekry. Ek moes wel my Pa vra of my aarbei wurms het, maar dis `n nuwe plant! Sien, liggroen!
Ons spens is vir die eerste keer ooit onder beheer. Goed is in mooi bottels met labels op. Ek rangskik die kos soos ek my skoene destyds gepak het. Dit maak my gelukkig om bottels vol meel te sien staan. Mens kan die bottels by Checkers koop ingeval iemand wonder.
Ek het in lockdown die broeke korter gemaak wat al drie jaar wag om droogskoonmaker toe te gaan vir verstelling. Self, op die Empisal. Gerhard reken ek doen `n beter job as die droogskoonmaker.
Hier sit ons steeds, maande later. Ek wil net vakansie hou, erens ver weg van my eie huis af. Selfs kamp klink tans lekker!
Bly warm. Bak koek. Koop drank. Homeschool. Werk. Slaap. Eet. Repeat
Comments