top of page
Search
  • nikivanwyk

Rest in peace Constance Sikhota

Updated: Jul 30, 2021












Liewe Constance


Ons gaan jou vreeslik mis. Veral Harley en Juno. Jy was die enigste doggy groomer wat hulle ooit geken het. Jy en Sekai kon Shona praat, want jou ma was Shona. Sekai gaan jou ook mis. My foon is vol whatsapp boodskappe, elke gesprek min of meer dieselfde:


Hi Constance, hope you are well. Please visit Harley and Juno when you next come to Midstream.


Hi Mam, sure, I come on Thursday.


Ons almal het ook geweet Thursday was nooit Thursday nie, could be Friday, of selfs Monday. Maar jy het altyd gekom. Jy was al oud. Hoe oud weet ek steeds nie. Ek het besef jy is dalk nie so oud soos wat ons dink nie, want jy was gereeld Oos-Kaap toe om jou ma te gaan versorg wat kanker gehad het. Jy en jou plastiek sleeptas was `n fixture in die estate. Soms, as ek by die huis was, het ek jou gaan haal en `n lift gegee. Nou en dan het ek jou in die strate raakgeloop en opgelaai. Groot draaie wat ek partykeer moes ry. Jy was ook nie altyd seker wat jy charge nie, by tye was ek suksesvol om meer te betaal, maar as net jy en Sekai die dag tuis was het ek change gekry ook.


Een Kersfees was ons nie tuis nie, Sekai was ontstoke toe sy tuis kom en jou op die stoep kry besig met die honde. Jy het jouself maar ingelaat en begin werk. Dankbaar vir `n klein Christmas bonus. In Covid tye was ek vas oortuig jy maak niks geld in hard lockdown nie, toe betaal ek maar vooruit. Maar jy was resilient en jy het survive.


Sekai was vas oortuig jy is `n toordokter as gevolg van die springbok velletjies om jou gewrigte. Ek was nie so seker nie, maar wat weet ek. Ek gaan dit mis om jou te sien stap met `n helse sak hondekos wat jy vir jou eie hond gekoop het by die Spar na jou laaste hond of kat vir die dag gebad en geskeer is.


Jy het my vertel van die vrou wat jou lank terug geleer groom het. Eers meestal katte, maar jy was nie mal oor katte nie. Toe jy die eerste keer vir baba Harley kom groom het, het ek `n oproep gekry om uit te vind of hy `n Yorkie of `n mini Schnauzer is, want jy was nie seker hoe hy gesny moet word nie. Hy het ook gereeld knippies in sy hare gekry al is hy redelik macho.


Die geduld waarmee jy alles gedoen het was verstommend. Jy sit plat op jou boude op die stoep en praat saggies met elke hond terwyl jy was, koeke kam en hulle blowdry.


Oor die naweek stuur ek my laaste whatsapp en die antwoord kom later nie van jou nie, maar van jou dogter. Jy het pneumonia. Ek kry foto’s van die medisyne en hoor jy is ok, hulle hou jou warm by die huis. Vanoggend kom die boodskap van jou dogter:


My mother, she now rests in peace since last night.


Ons was gewoond daaraan om vir jou te wag. As jy Oos-Kaap toe was, of as die knipper vir `n diens was, of as ek bang was jy moet taxi ry en Covid kry. Maar nou wag ons vir altyd.


Nog `n statistiek. `n Statistiek van Covid, die failure van die regering om vir sy mense te sorg, Constance, jy het te hard gewerk om vir jou familie en jou hond te sorg en nou sukkel hulle om jou te begrawe. Sommige dae kry Afrika my meer onder as ander.


Liefde

Harley and Juno’s people

158 views0 comments

Recent Posts

See All

コメント


bottom of page