top of page
Search

Botswana & Kamp

  • nikivanwyk
  • 3 days ago
  • 40 min read

As jy ooit in Botswana wil kamp, is die belangrikste van alles om `n man te kry wat vir jou so lief is soos wat Gerhard vir my is. Net iemand wat baie lief vir sy vrou is sal even attempt om `n Mobi Lodge Continental Botswana toe te sleep sodat die nie-kamper haar creature comforts, soos warm water, indoor plumbing, `n bed met sagte linne en `n regop yskas kan hê.


My bucket list sluit ander plekke as Gerhard s'n in...Botswana was nooit op my lys nie, maar was altyd hoog op Gerhard se lys. Gerhard se midlife crisis was om `n Landcruiser te koop. En Landcruisers wil overland...hulle wil nie Sandton toe en terug nie. En dis hoe ons op die epic overlanding trip beland het!


Planning:


Ons shop al maande lank, koplampe, kampstoele, Indeflates, goeters wat die temperatuur in die yskas monitor en skree as die yskas warm word.


Dit het ons amper die hele dag gevat om te pak. Met lysies. `n Huis lys vir die kids oor medisyne en instruksies oor medisyne. Sorg dat Liam die hek kan oopmaak vir Woolies. Sorg dat daar genoeg kos is. Steek emergency cash weg en sê net vir Sekai daarvan. Lysies van pak, lysies van pille om te koop en te drink. Pak haarborsels en ekstra handoeke en plakkies en Doom! Moerse perdebye wil alewig in die Mobi nes maak. Aan die begin is mens bang en versigtig, aan die einde spuit jy hom Doom en kyk hom in die oog en sê fokof.


Besems en emmers is critical vir kamp. Vat `n moerse medisyne boks saam. Ons was in `n apteek om pro-biotics te koop en ek kan jou assure, daar was meer skedule medisyne in my toolbox as in daai apteek! `n Toolbox werk baie goed vir medisyne en pleisters.


Malaria pille word die aand voor jy die area ingaan gedrink, elke dag daar en sewe dae na jy terug by die huis is. Malaria pille het snaakse side effects. Mens droom vreeslike goed.


Goed wat ek nie nodig gehad het om te doen nie...


Ek was effens naive...ek het make up gevat. Jy gaan nie make up dra nie (dis te warm, te wild en dis te veel moeite). Ek het my naels laat doen. Moenie. Jou naels gaan in elk geval breek van al die manual labour. Ek het my GHD duet gevat en Gerhard het `n inverter saamgevat vir die dae wat ons nie krag het nie. Weereens, ignorance, want hare was naderhand die minste van my worries. Olifante en slegte paaie gaan baie groter issues in jou lewe as `n camper word as hoe jy lyk.


Aan die begin van die vakansie sien mens mense, jy chat, en dan dink ek, hel, die vrouens wat kamp lyk sleg…na drie weke kan ek jou assure, dis maar hoe dit is…bietjie sonroom en seep is al wat mens seker regtig kort as jy kamp. Die is nie vir fyn vroutjies nie. Jy kort so bietjie grit en resilience.

Overview:

Ons was net so oor die twee weke weg, en het 4 000 kilometers gecover. Ons het van Midstream na Francistown gery, een aand by Woodlands Stop Over geslaap, toe al die pad Kasane toe getravel om drie aande by Senyati te kamp. Van Kasane is ons deur Nata Nxai Pan toe. Na Nxai Pan is ons Maun toe vir twee aande in die 'beskawing' van Drifters. Van Drifters is ons Khwai toe vir drie aande by Khwai Hippo Pools gevolg deur twee aande by Xakanaka in die Moremi. Terug Maun toe vir een aand by Drifters voor ons Serowe toe is vir `n laaste aand by die Khama Rhino Sanctuary.


Rolverdeling:

Om Botswana toe te gaan is nie net iets wat mens oornag beplan nie. Gerhard werk al maande aan die vakansie. Botswana Footprints het vir ons die verblyf bespreek en vele 4 x 4 Forums en Facebook groepe is geraadpleeg om die vakansie haarfyn te beplan. Daar is Youtube videos gekyk van hoe dit in die kampe lyk. Daar is opgelees oor bek en klou seer en vet fences en waar mens kan en nie kan shop nie.


Vir die tipe vakansie het elke mens `n werk. Gerhard is die beplanner, die pakker, die drywer, die braaier, die skottelgoed afdroër. Ek dink as ons `n company was, was Gerhard seker die MD. Natuurlike rol vir hom.


Ek is die navigator, die shopper, die skoonmaker, die water koker en die slaaimaker, die Company Secretary van die kamp as jy jou wou. Jy sit nou daar en dink navigator is maklik. Die navigator het Tracks4Africa op `n ou foon. Die navigator moet uitfigure waar is Noord en die navigation foon dan draai tot ons weet watter kant toe ons moet ry. Die navigator skat afstand met haar duim, een duim is 500m, so kan sy die drywer op hoogte hou van waar die volgende draai is.


In die Moremi word die navigator ook `n takbestuurder. Nie `n bank tak nie, maar `n boom tak. Active tak management was een van die slegste jobs wat ek in my lewe gehad het, en ek was al `n waitress en `n au pair, so imagine hoe sleg is tak management. Tak management beteken jy hardloop meer langs die Mobi as om te ry in die cruiser. Tak management behels skree oor hoeveel milimeters daar tussen die kar / mobi en `n groot boom is - as iets WILD gaan krap behels tak management om aan die tak te hang dat die takbestuurder naderhand so vol dorings en boomgom is dat sy soos `n tak lyk. Sien bo oor kamp vrouens wat effens rof en wild lyk.


Die drywer het maar net so slegte tyd. Hy hou die weer dop (spesifiek die reën wat die jaar nooit stop nie) en vra vrae op DriveBots. Hoe nat is die paaie in die Moremi? Wat stel die mense voor, die roete deur die park? Hy moet potholes dodge, daar is baie, hy moet teen 30 km per uur op die corrugations kruip om nie die Mobi te destroy nie. Hy moet boute en skroewedraaiers (en `n saag) in die kar laai vir in case. Hy moet weet hoe die high lift jack werk. Hy kyk Youtube videos oor winching (dis `n kuns, mens winch winch nie net nie, daar is wetenskap en kragte involved).


Hy is die chief mechanic, hy is die procurer van all things mechanical en so het die Cruiser in die laaste jaar of wat goed moes bykry. Towbar, upgraded suspension, winch, sound deadening, cruise control, exhaust, towbar, spotlights, seat covers, stuurwiel, armrests, centre console met `n kluis vir US Dollars, pula en Rande. Ek weet nie eers wat nog alles in die Cruiser in is nie, rakke vir die yskas, tafel, canopy met dustproofing, ens ens. Its a lot, ek sou nie weet waar om te begin nie, dis makliker om basil pesto in te laai in die hoop dat daar tamaties en mozzarella kaas is vir `n caprese slaai...


17 April 2025 - Aand 1: Arriverings aggressie

Gerhard erken tans ruiterlik dat sy berekeninge oor travel tyd heeltemaal verkeerd was. Ons het `n travel file met papiere in, en ook `n itinerary. Midstream na Francistown is 690 kilometer. Gerhard se calculations was dat die trip 10 ure moes vat. Ons spandeer 13 ure op die pad. Dit sluit meer as `n uur op die Stokpoort grens in, die grens is `n obskure grenspos (Pars Halt is sy naam aan die ander kant) wat glo 10 minute vat, maar dis die dag voor paasnaweek en die grens is vol. Na ons oor die grens is, moet ons in Palapye stop vir kos. Daar is `n Foodlovers Market en ons is effens excited daar in. Sjoe, die vleis is maar karig en net daar word ons favorite Botswana kamp meal uitgedink. Home made burgers. Die hoender is nie te sleg nie, net nie ontbeen nie en ons besluit ons gaan hoender braai. Fillet en rump ook. Ons kan net kos vir vier aande koop, want na Francistown moet ons Kasane toe, van Kasane af Nxai Pan toe is daar `n vet fence en ons mag nie vleis vat nie.


Ons strike peak traffic in Palapye op pad Spar toe. Gerhard koop `n kas bier (St Louis) en`n bottel Amarula. Ek het drie bottels Inverroche Amber oor die grens gebring saam twee kaste tonic. Ek gaan BAIE gin drink vir die muskiete en vir die leeus.


Ons kom eventually 13 ure later by Woodlands, (net anderkant Francistown) aan, moerig. Ons slaap net een aand oor en die kamp is al vol toe ons daar aan land. Ons moet 60 Pula betaal as ons krag soek! Gerhard is nie happy nie, maar ons wil soveel moontlik krag gebruik om die yskas yskoud te hou. Na ons kom daar `n spul mense wat raas aan en dis by hulle wat ons die term "Arriverings aggressie" hoor. Hulle het duidelik nie beplan om by Woodlands te slaap nie, maar hier is hulle nou reg voor die donderse ablusieblok. My ys het nog nie ge ys nie en die winkel is toe. Ek skrop genoeg ys uit vir `n paar gins...ons verloor ons shit effens oor hoe ons die Mobi moet parkeer (facing East en allerhande goed) en naderhand gee ons op en parkeer net soos ons staan en haak nie eers af nie. Ons braai en eet en slaap en word wakker in die reën. Liam het ook ten spyte van ons mooi vra op aand een`n klompie vriende oor. Sekai bel om te hoor if it is allowed…aand 1, aand 1!!!


18 April 2025 - Kasane

Ons ry van Francistown Kasane se kant toe. Dis moer ver en vat weer die hele dag! Ons trek af by Elephant Sands vir `n lekker lunch, dis koud en nat so ons eet vis en chips en chat met die eienaar oor die nat en koue, eienaardig vir die tyd van die jaar.


Die paaie is nie bad nie, maar mens kan nie strepe sien nie. Gerhard bestuur en net anderkant Pandamatenga gaan hy `n trok verby en die volgende oomblik kom daar flashing ligte en `n polisiebakkie van voor af. Tipies, blou lig brigade dog ons. Toe nou nie. Ons en nog `n local word afgetrek. Gerhard wil amper ry, want lyk nie of die oor ons gaan nie, nee, hier kom die polisie en vertel vir Gerhard ‘today you made a big mistake!’ Ons is op `n solid lyn verby die trok en daar erens is glo `n sign. Spot fine, 1 000 Pula. Hulle het kaartmasjiene (wat met satelite werk), staplers en alles. En hulle is vriendelik, maak grappies. Nie soos die Suid-Afrikaanse polisie nie.


Ons kom by Senyati aan en sukkel weer met rigting en hoe ons die mobi vir drie aande wil laat staan. Ons het private ablutions, maar dis maar effens oud en met sifdraad toe, maar elke aand kom maak `n man vuur in die donkie en die water is warm. Ek stort daar, maar ek doen dit met effense weersin. Gerhard gaan spuit die plek eers met Muskiet spray voor ons die badkamer betree.


Ek kry die aand `n hartaanval. Of at least wat ek dink is `n hartaanval...Ek word wakker en my hart pyn, en ek sukkel om te sluk. Ek lê maar en wil nie vir Gerhard wakker maak nie. Dis maar beter om in vrede jou hartaanval te kry. Die volgende oggend vertel ek vir Gerhard van die hartaanval en hy lag en sê dis sooibrand! Ek word nie siek nie en ek kry nie sooibrand nie, turns out dis daai flippen malaria pille. Nou is ons op pro-biotics en gaviscon en dit gaan effens beter.


19 April 2025 - Chobe

Kasane het die mooiste Spar. Ons sien vleis wat ons monde laat water, maar ons het mince en hoender en ons maak ons experimental burgers en dis vrek lekker. Ons gooi so bietjie olyfolie, Ina Paarman Garlic & Herb en `n bietjie oats by vir die wis en die onwis! Ons gaan Chobe toe en sien lekker diere langs die rivier. Lunch is by Coffee Buzz is Kasane waar ons lag vir `n bus vol Chinese toeriste wat beslis nie inblend by die bos nie, hulle is vrolik! Hulle dra die bontste fashion hot off the Temu app. Dink shocking oranje en pers. Die game ranger wat die klomp op safari vat het sy hande vol en die term 'herding cats' comes to mind.


Ons gaan cruise tydens sunset op die Chobe. Pretty ontmoet ons by die kantoor van die boat cruise operator. Sy laat ons en die van Tonders sit en wag...ons wag lank en sien`n vlakvark deur die dorp hardloop. Ons vra vir Pretty waar die naaste badkamer is, sy sê ons moet in die Mall in. Dis 3 Pula elk, ons het net `n 50 Pula noot en Pretty maak vir ons die som dat ons dan 6 Pula gaan betaal, en change vir 50 Pula is (sy span haar vingers in) 34 Pula…Gelukkig werk Pretty nie met die geld nie.


Eventually kom haal iemand ons en laai ons saam `n local gesin en twee Germans op `n Boot. I am Captain B stel die kaptein kom aan ons voor en daar gaat ons. Ons het by die Spar in Kasane gin in blikke gekoop vir die cruise en ons eet peanuts soos mense in `n bar - die Chobe is een moerse rivier tussen Namibië en Botswana. Ons sien interessante goed soos `n visarend wat `n voël eet, waterlikkewane, krokodille, hippos, olifante. As Captain B te naby aan wal gaan haak ons vas in die waterlelies en dan moet hy die stok gebruik om ons weg te stoot, die engin skoon maak en dan gaan ons weer aan. Op `n stadium wys hy vir ons `n krokodil, die krokodil lyk nie lekker nie, hy het scars op sy kop en lyk stadig. Later sien ons`n moerse krokodil in die water en Captan B ry oor die flippen krokodil. Later verloor die idioot ons stok en met al die excitement kom ons 30 minute na al die ander cruises terug in die dorp. In die donker...nou moet ons in die donker Senyati toe. Voor dit is ons ook weer in die Mall Badkamer in (drie ure op die rivier met blikke gin). Die dames badkamer is al gesluit - ek is in die mans in, die keer gratis en verniet en in die pikdonker. Botswana se paaie is vol donkies, olifante, beeste, bokke en mense en mens wil regtig nie in die donker ry nie, gelukkig het ons Drywer vir ons moer fancy spotlights gekry so ons kan mooi sien!


Ons kom te laat by die kamp vir braai en maak ons chicken breast (self ontbeen en in greek yogurt gemarineer) in `n pan op gas gaar, donderse Captain B...soos die Germans sê, nou weet ons hoekom hy nie Captain A is nie.


20 April 2025 - Zimbabwe

Ons staan vroeg op en vang die bus saam Dumisane Vic Falls toe. Dis net ons op die bus. Dumisane profile ons 100% en speel vir ons Robbie Wessels op die bus. Speedos & Crocks en Verbode Vrugte op`n nugter maag was nie heeltemaal wat ek in gedagte gehad het nie. Ek het ook weer`n hartaanval. Malaria pille werk nie met my saam nie. Ons jaag deur `n nasionale park Viv Falls toe - dis bewolk en Dumisane upsell aan ons`n helikoper flip oor die valle. Ons is oor die grens in two ticks. Ons gaan sit ons 50 USD deposit neer, die wolke is te laag, ons kan nie vlieg nie so ons gaan eers valle toe. Ons trek ons fancy Takealot ponchos aan en koop water. Enige currency solank dit nie Zim is nie. USD, ZAR, Pula. Dis moer duur water. Ons begin loop en dis nie lank nie of ons is papnat. Mens kan the smoke that thunders nie regtig vir iemand beskryf nie. Dis verskriklik baie water, wat met een groot gejuig daar af kom. Die sproei is soos reën, dit kom van bo, onder, kante orals in. Ons tekkies maak slop slop. Dis beautiful. Na so 2 ure was ons tot by die einde van die valle en ons kry permitte om oor die brug Zambie toe te stap en sien die valle van daardie kant af ook. Zambian artists van die village stap saam jou oor die brug en probeer koper bracelets aan jou verkoop…ons is gelukkig nie into bangles en kaggelkak nie so ons sê maklik nee, maar die arme Europeans koop. Ons kom op die bungee jumpers af en daar is`n Suid-Afrikaanse ou wat gaan spring, maar hy is bang. Eventually spring hy, en hy skree daardie aaklike Afrikaanse woord P0#$…


Ons kan steeds nie vlieg nie, en Dumisane vat ons (steeds pap nat maar nou met droë skoene) Lookout Cafe toe. Dis spectacular met views van die gorge. Dis nog oggend, en ons bestel Amarula saam ons koffie om te ontdooi. Ons drink weer gin en eet lekker. Ons kan weereens teen`n great exchange rate in Rande betaal! Ons gaan probeer weer vlieg, maar word ingelig ‘the weather is almost good for flying” - we decide to call it a day en ons en Dumisane vat die pad terug Kasane toe deur die Zambesi nasionale park. Die musiek sluit nou Roxette en Alice, Who the F8ck is Alice in.


Nou is die grens effens moeiliker en Dumisane se bus moet deur`n dip ry, ons moet ook ons voete op`n nat mat gaan afvee. Ek wonder oor die tekkies in die bus vol Zim modder, maar vra eerder nie vrae nie. Ons moet aanmeld by`n healthcheck waar`n ou vir ons sanitiser vir ons hande gee en vir ons kyk. Ons sê maar dankie vir die sanitiser…dis die somtotaal van die healthcheck.


Ons kom terug by die kamp en die gesinnetjie langs ons kom daardie aand laat tuis (ek dink hulle was saam Captain B op die extended cruise) en hulle is 5, en daar is net een toilet, ek hoor die tweede interessante p-woord vir die dag toe die kleintjie die ander kind uit die badkamer jaag en kliphard skree “Pappa wil ook p0#f!”


Senyati is`n plek wat signage like. Die hele kamp is vol nommerplate met instruksies. Die menu vir die bar, op nommerplate. Die signs by die swembad, nommerplate. Signs in die badkamer wat jou instruct om nie jou eie drank bar toe te vat nie, selfs nie in silwer koppers nie, nommerplate. Daar is `n klein kremetart - nommerplaat wat ons vertel Lulu het die boom in 2014 geplant. Senyati is`n lekker plek, met wifi by ontvangs, daar is ys en hout en as jy wil kan jy breakfast daar eet, met bacon,`n skaarsheid in Botswana.


21, 22, 23 April 2025

Dieper in die bos in - Nxai Pan

Ons staan op, pak die sirkus en vat die pad terug Pandamatenga se kant toe. Ek bestuur. Net anderkant Panda stop die polisie ons weer. Hy stel homself voor as Constable What what. “Pappy, why is Mammy driving?” Ons vertel Gerhard gaan netnou die erge sand vat as ons Nxai Pan toe gaan. Hy vra of ons mooi ry, gereeld rus, en soos elke local wat dink ons van hulle land. Hulle is almal vreeslik trots op Botswana en wil net help. Ek en Gerhard stry al weke lank oor hoe mens Maun uitspreek. Ek sê dis ‘Môn’ en Gerhard sê “Mahoen”. Nee sê die Constable dis indeed “Mahoen”. Hy nooi ons ook om in Panda te kom bly aangesien daar baie Suid-Afrikaners daar bly, hulle is boere. Dis definitief meer exciting as Trump se offer en iets om oor te dink.


Ons is oor `n Vet fence, en die kar en ons voete deur die drif. Die vrou wat vra om in die yskas te kyk kan nie ophou comment oor hoe ‘portable’ die Mobi is nie. Ons het net leftover gaar braaivleis, so ons travel verder. Daar is olifante orals! Ons stop in Nata, Nata is`n truck stop, daar is`n fantastiese Engen garage met`n skoon verniet toilet. Dis Paasmaandag en ons moet hier in Nata by Choppies shop vir drie dae off grid by Nxai Pan. Ons stap in Choppies in en my gemoed lig toe ek uie, slaaiblare ens kry. Gerhard is vleis toe en toe ek hom kry lyk hy of hy wil huil. Dis net afval en binnestes en buitestes wat ons nie ken nie. Daar is heel hoender, maar ek is nie seker die heel hoender het nie binnegoed in nie. Daar is ‘Club steaks’. Sulke dun snaakse kleur goed wat soos bok chops lyk en hoender stukke. Dis al wat ons herken. Niks mince nie. Daar is chicken stir fry maar dit lyk of daar binneste dele in is. Ons is effens broken, maar ons vat hoender en bok chops. Ons gaan kerrie maak en ons sal daai goed marinade tot ons dit eet.


Die hele pad na Nata, Gweta toe is missing. Daar was al teer, maar daar is meer gate as teer en ons ry meer langs die kante op die grond as op die pad. Ek google en Gweta het ook `n Choppies en butchery. Ons vat `n kans - die Choppies is mooi, maar daar is net polonie. Die badkamer kos 3 Pula en daar is nie`n toiletseat of toiletpapier nie. Ons gaan soek die butcher, maar hoe verder in Gweta ons in ry besef ons dat Gweta se butcher Nata se Choppies soos Toits Vleismark sal laat voel. Ons ry maar met ons sad vleis en kom by die hek van die Nxai Pan National Park aan. Ons koop hout wat die Community verkoop (heeltemaal te duur) en na Gerhard al die hout op die roofrack vasmaak, blaas ons wiele af. Ek is nogal handig as mede wiel afblaser. Ons het`n gadget genaamd “Indeflate” - hy blaas twee wiele op`n slag op of af! Ons het 6 wiele…Gerhard lyk nervous aangesien die nou die eerste erge pad gaan wees die vakansie. Ons begin ry en stop elke 5 kilometers om te kyk dat alles reg is, dis glo die regte manier. Jy het op so vakansie net jou kar, en as jou kar moer toe is, wel dan is jy ook moer toe. Gerhard vertel vir my van al die Youtubers wat al wiele verloor het, so mens stop maar!


Die pad is SHOCKING! Die corrugations is wild. Ek is eerlikwaar spyt ek dra nie my hardloop bra en`n kidney belt nie. Ons skud skud en sukkel sukkel seker twee ure aan 40 kilometer. Plek plek is daar sand en ek en Gerhard speel my gunsteling game, wat kies jy, corrugations of sand, en sand wen.


Ons kom eventually by South Camp aan en ons moet eers water in ons wa tap. Die vriendelike kamp dame sê dit gaan makliker wees in hulle kamp, en so begin`n lang uur waar ons 150 liter water probeer tap met zero pressure. Ons drink gin (en bier) en Gerhard kry matige arriverings agressie. Ons strip ons moere eventually en vat die pad kamp toe. Ons staan op NX8. Dis gelyk! Ons sukkel nie met Noord en Suid nie en vinnig vinnig staan ons. Ons ry gou panne toe en sien duisende Zebras en Springbokke! Dis die einde van een of ander migration. Dis beautiful! Ek love panne. Dis plat plat plat en die sunset is spectacular.


Ons vat ons 5l waterkan, stap ablusieblok toe en maak ons karavaan se water vinniger so met die hand vol as met die community se tap. Ons kort wel `n tregter en ons was maar die diesel Jerry kan se spout. Die badkamers by Nxaipan het elektriese omheining om, en sement blokke vol spikes van draad, anders kom die olifante in die winter en breek die mure om water uit die waterpype te kry!


Ons kan onsself nie oortuig om bok te braai nie, so ons maak vuur (die community se hout is nat) en maak leftover fillet van Senyati warm op die vuur. Dis heerlik! Ons is nou vir drie aande sonder krag en ons yskas trek swaar in die hitte, maar ons het ys en die tonic is koud.


Daar is bure langs ons, die lawwe mense kamp op die grond in `n pop up tent! Hulle start in die aand hulle kar en gaan kuier by hulle bure op NX10. Die NX10 mense is Frans. NX10 is die slegte site, daar is nie `n boom in site nie en hulle is ver van die ablusieblok af.


Die ablusieblok is silwerskoon en daar is selfs handoeke om die vloer op te droog. Die water is in die middel van die dag vuurwarm aangesien daar solar geysers is.


Mens staan in die oggend by Nxai pan op, eet beskuit saam jou koffie en 5 minute later is jy in die kar besig om wild te sien. Ons sien die oggend leeus! Twee mannetjies, twee wyfies en `n wyfie wat alleen by water lê. Ons ontmoet mense in`n landrover (of iets anders as Toyota) en hulle sê hulle is pas uit die Moremi en die is `n lion fest! Mens chat maar oor waarheen almal volgende gaan en hulle waarsku ons Moremi is nat, hulle het amper hulle kar versuip en sleep ook `n karavaan, en die Moremi leen homself nie tot sleep nie. Gerhard lyk weer effens nervous. Maar, ek vat comfort toe die ou vir Gerhard sê “at least you have this V8 monster, you will be ok”.


Ons travel Baines Baobabs toe. Dis redelik ver van South Camp af, die keer sonder sleep, maar die corrugations…ai! Gerhard stel weer aan sy suspension (mens stel redelik baie aan jou suspension) en ons ry. Mens kan by Baines kamp, maar daar is nie water of krag of niks nie…Dis beautiful! Dis`n klomp reusagtige kremetart bome bymekaar op`n soutpan. Dit is regtig breathtakingly beautiful en ons drink maar weer gin terwyl Gerhard aan sy suspension stel.


Daar is geen selfoon sein in Nxai Pan nie, maar by Baines Baobabs tel ek sein op en kry boodkappe van die kids. Dit reën non stop in Midstream en kan hulle maar die Prado vat skool toe. Stern woorde word haastig getik, nee, die Prado is net as iemand bloei. Reën although sleg, gaan julle nie smelt nie.


Aand twee op Nata Choppies vleis. Ek drink `n groot gin, en vat ons skerp mes en probeer genoeg van die badly butchered hoender in stukke kry. Daar is velle en vette en bene orals. Ek is effens naar. Ek moet al daardie offcuts in die yskas druk, want ons het `n makkerige kamp jakkals. Hy lyk soos`n mall mossie. Mall mossies blink nooit nie en is motgevreet. As mens jou kry dan staan die jakkals daar met sy motgevrete coat. Mens jaag hom sommer weg soos `n hond.


Gerhard het proper Durban style curry spices ingepak. Hy maak beautiful kerrie. Ons druk die kerrie in die Mobi se microwave en gaan vir `n game drive en sien weer die leeu. Dis nogal spectacular om jou middag gin te drink met `n groot leeu wat lê en strek.


Terug kamp toe, daar is olifante wat letterlik deur die kamp loop, so hoe die bure op die grond kamp weet ek nie.


Daar is wifi by die hek, so ons gaan check maar net elke aand in om te sien of almal by die huis en die werk ok is. Daardie sat phone moes (soos die winch) nog nie werk nie, en dis`n good thing!


Aand drie eet ons leftover kerrie en op die laaste oggend los ek die res van die boshoender en die bok tjops vir die skoonmaker en ons vat die pad aan Maun toe.


24 & 25 April 2025

Maun, beskawing

Ons weet die keer die pad is kak, so dis nie so erg nie. Ons stop en blaas wiele OP die keer voor ons `n mooi teerpad Maun toe vat vir twee aande by Drifters. Daar is creepy crawlies op die pad. Moerse goggas wat soos koringkrieke lyk. Ek bestuur en dink ek ry 2 000 van die goed raak. Mens kan nie exactly uitswaai nie. Ons kom sonder vreeslike eventfullness by Drifters aan. Dis beautiful. Dis op die oewer van die Boteti rivier (wat tans vol gras is). Ons kamp op gras. Daar is nog een groep mense, en twee honde en`n kat.


Ek vra vir die (Afrikaanse) eienaar of hier `n laundromat is, ons het al baie wasgoed…hy sê vir 50 Pula per Checkers sak, was die dames sommer met die hand wasgoed. Bargain, ons het 4 sakke, so 200 Pula later is ons weer sorted.


Ons haak af en ry Maun toe om te gaan uitvind of ons nog`n battery vir die Mobi kan koop. Die yskas trek net te swaar! Ons stop eers vir lunch by the Dusty Donkey. Na boshoender is ons HONGER en dis`n oulike plek. Die kos is lekker en vars, die staff vriendelik, die vibe is lekker! Ons kry`n battery, maar Gerhard en die Mobi se eienaar is nie oortuig dat dit die issue gaan solve nie. Ons kry`n plek genaamd Delta Meat Deli, dis stunnning, mooi vleis, nie bok of perd of binnegoed nie. Ons shop en gaan kyk ook langsaan by die Midas / 4 x 4 shop. Daar is`n cooler wat claim om ys koud te hou vir 5 dae, dis `n 27 liter cooler vir 2 500 Pula. Ons dink daaroor. Liam is oppad Mont Aux toe, Luka laat weet ek moet dringend Mangos, Strawberries en Nutella laat aflewer, want Liam shop niks nie. Liam se weergawe is, daar is piesangs en microwave meals…ek shop maar vir haar.


Ons gaan reël ook ons flip oor die delta by Helicopter Horisons. Heel rudely moet ons vir die vrou sê wat ons weeg en die volgende oggend moet ons 6:30am by die Maun Airport wees. Die enigste vlug wat oop is is 6:45am.


Ons shop by die Spar (daar is Woollies, maar daar is NIKS vars goed nie, dink Woollies vat quality te erg). Daar is ook`n Checkers, albei werelde verwyder van Nata Choppies (yes, ek het trauma…).


Daar is wifi, en dit kom by tot by ons kampplek! Dis so civilised! Gerhard bevriend die honde en `n oulike kind genaamd Grace. Grace vertel amper `n uur lank vir ons alles oor hulle safari. Hulle het `n guide wat die paaie leer van maps af en iemand wat kook, 'because he just loves cooking'. Turns out dis die Zimbabwean cook wat saam die klomp travel en kosmaak. Ons luister hoe hulle `n briefing hou die aand en die guide vertel lang stories oor leeus en die Moremi en die paaie...ons smile maar net, klink effens dramaties!


My enigste kritiek teen Drifters is dat die ablusieblok in need van upgrade is. Dis oud, spinnerakkerig en die toilette spoel nie almal nie, daar is wel peaches en cream air freshener en ek weet nie of dit `n plus of `n minus is nie...


Ons braai steak, ons is in high spirits bed toe en Gerhard besluit dis nou tyd vir Amarula in die koffie toe ek die volgende oggend albei ons wynglase breek…ek dink ek was nervous oor vlieg, ek is mos bang vir hoogtes.


As mens in die aand water kook, en dit in `n Stanley fles sit, dan kook jy daardie selfde water die volgende oggend in 2 minute en jy kan net soveel vinniger die koffie maak! Koffie is Life…amarula koffie takes the edge off.


25 April 2025

Ons ry (weer) met ons moerse spotlights dorp toe in die donker. Ons kom by die lughawe aan, dis`n mooier lughawe as ORT, silwerskoon, professional. Ons is deur security, in `n bus na die helikopter toe. Ons pilot is`n kiwi. Ons weet steeds nie wat sy naam is nie, want sy aksent is wild. Die deure is af - ons kry headsets. Gerhard en die pilot sit voor (dis Gerhard se droom) en ek agter. Ons styg op en ek kan nie die wind beskryf nie! Dis wild. Ek is bang my foon val uit my hande uit so ek neem net dodgy pics van Gerhard se agterkop. Dis eintlik amazing en mens sien diere uit die lug uit. Die 45 minute is moer vinnig verby. Mens kan Maun nie uit die lug uit sien nie so groen is dit. Die kiwi pilot vertel vir ons van die diere en gee dan op en sê "you are from South Africa, you know everything'.


Mens sien ook die gehuggies...dis nogal iets om te sien, dis in die middel van nerens, daar is twee mud huts en `n kraal. Ek dink die mense sien nie te veel ander mense nie!


Ons eet breakfast by die Duck Cafe, lekker en nou gaan shop ons vir die volgende 5 aande off grid. Drie aande by Khwai Hippo Pools en twee aande by Xhaxanaka in die Moremi. Ons maak ons water langs die pad by Maun se version van Oasis vol. Mens kan dag en nag self service, heerlike reverse osmosis water. Die foreigners maak selfs hulle campers hier vol! Effens dramaties as jy my vra.


26, 27, 28 April 2025 - Khwai

Ons maak ons karavaan vol met Drifters se water. Ons leer soos ons gaan, mens wil nie sukkel nie. Water is life! Ons vat die pad Kwai toe na ons by Checkers, Delta Meat en Midas gaan shop. Ons kort ook nuwe wynglase, ek het twee fyn rooiwyn glase in vadoeke in handoeke in emmers in die badkamer van Midstream af gery, imagine my disappointment toe ek altwee breek. Ons koop die cooler en maak hom vol ys by die Mall se garage waar ons diesel ingooi, ons maak ook ons eie 2 jerrykanne en die mobi se jerrykanne vol. Natuurlik is niks straight forward nie. Die mobi see een kan lek en die ander ene het iets in…


Kos in Maun hang letterlik af van wanneer die trok vars goed bring. Die Checkers wat net die vorige dag propvol was (selfs Bacon, mens kry nerens bacon nie) is vandag leegerig, maar ons het mooi vleis, en ons maak do. Ons moet wel optop by Choppies vir buns en Coke Zero. En raai, ons gunsteling meal van home made patties is weer op die menu!


Ons ry stil uit Maun uit en vat die pad Moremi se kant toe. Kyk, as ons gedink het die Nxai Pan pad was kak…die is next level. Ons skud so ons ry met tye agteruit. Ons average minder as 20 kilometer per uur. Gerhard het complete sense of humour failure, ek is in high(er) spirits. Almal JAAG verby ons, met rooftop tente. Dis net ons wat sleep…Gerhard het baie advies gevra, want mens kan Khwai toe deur die Moremi, of reguit…ons gaan maar reguit. Ons moet eventually stop vir middagete, ons eet Woollies bruchetta en leftover wors langs die pad, saam Jungle Oats bars, dan gaan dit effens beter. Ons sien olifante, maar die pad Khwai toe is ruig en woes. Die mobi is vol diesel. Daai jerrykan lek erg en Gerhard gooi elke ent van daai diesel in die Cruiser.


Eventually sien ons `n bord Khwai Hippo Pools toe, maar die pad is smal en overgrown met bome. Donderse mopanie bos word so dreaded soos corrugations. Ons ry en Gerhard is moedeloos, hy sê die cruiser en die Mobi krap moer toe. Ons stop op`n stadium en sien die krappe is nie so erg nie, ons het weer moed en ry verder. Net as mens se gemoed op is, dan strike ons weer ruig ruig bos en ons weet regtig nie of ons op die regte pad is nie, want tussen Google Maps, en beide weergawes van Tracks 4 Africa weet niks waar ons is nie.


Laat ek stap en sien wat voor gebeur sê ek vir Gerhard - hy kyk my aan of ek mal is en sê hier is wilde diere…ons ry en dank vader daar is reception. Iemand kom uit en kyk na ons voucher wat sê ons staan by Kingfisher…die ou (ek noem hom Jimmy, maar sy naam is Willy) sê hy vat ons staanplek toe. Dis weer deur helse bome en bosse. Verby die ablusieblok (waar ons eers stop, en Jimmy verduidelik that this is where we need to refresh ourselves - dan maak hy of hy onder sy arms was).


Ons ry en ry - en daar is weer bome wat gaan krap. Nee beduie Jimmy, kom, en ons hoor hoe krap DIK takke die Mobi moer toe. Gerhard klim uit, jip, daar sit drie dieper krappe. Ons is moerig…Ons mik weer Noord en Suid en Bome - en Jimmy sê hy sien ons is besig, hy kom weer later terug. Nie voor Jimmy vir ons die hippos wys wat so 50 meter van ons is nie. Jimmy sê ook hier is die kortpad ablusieblok en ontvangs toe…dis`n pad sonder enige bome, maar hy loop voor die bure verby. Ons is stomgelaan. Die donderse idioot just cost us our deposit en dan nonchalant is daar `n beter pad!


Na die lang stowwerige rit besluit ons om onsself te gaan ‘refresh’ en ons vat die kortpad…Hier loop ons in die German bure vas. Hulle kamp in `n redelike ingerigte landcruiser. Sy staan in haar onderklere…we avert our eyes, sy staan nader vir gesels. Ons gesels maar! Ons sê ons wil gou gaan stort. In the brown river water vra sy? Ek is eers effens nervous, maar ons behoefte om skoon te wees is groter as my vrees dat my blonde hare dalk bruin word. Dit is wild…so ek vra vir Gerhard of ons in dieselfde stort kan stort, daar is spinnekoppe…Gerhard vertel my ook dan dat alhoewel daar net gaas voor die badkamer is, niemand kan insien nie. Ek staan rustig en afdroog voor die gaas, in amper so min soos my Duitse buurvrou…Op pad terug vertel ons die bure die water is skoon, en te danke aan nog`n donkie, vuurwarm.


Jimmy kom maak in die aand vuur…ons hoor`n gekap, jip, Jimmy kap hout - ons het moerse baie hout en groot vuur. Alles wat mens braai is smokey, dis die hout. Ons maak vuur, drink gin en wyn (uit ons nuwe wynglase) braai en besluit dis nou maar so, ons pas die Mobi mooi op, maar krap gaan die ding krap. Ons slaap soos babas na ons super lang dag op die pad en word in die aand wakker van iets wat soos hippos lyk wat voor ons verby loop. Dis doodstil, die lug is vars, dis lekker. Ons ry Khwai villege om om wild te gaan soek. Die dorp het `n communal kraan, ek is dankbaar ons het reeds water getap in Maun. Ons doen ons eerste river crossing na Gerhard met sy kaal voete deur die rivier geloop het. Ons stop vir gin - mens drink maar van so 10am af gin, dis vir die senuwees en ook die muskiete!


Die Germans trek, en ons besluit om hulle staanplek te vat. Ons staanplek lyk of hulle hom gister met pangas oopgekap het. Dis moerse ongelyk en daar is boomwortels oral. Die Germans het koelte. Ons pak die Mobi op en daar gaat ons. Dis een helse gemors. Die Germans se stand is net so ongelyk. Ons sukkel nog so met levelling toe begin daar water uit die mobi loop, ag fok, dis die oasis kan besef ek en net daar het ek my meltdown…ek huil, Gerhard kan nie sonder oasis nie…ek is vas oortuig dat toe ons die bed ingeskuif het, het die kan gesquash. Ons druk deur en sluit die mobi oop, die kan het geval en op sy kop beland en so 10 liter water loop uit. Ek kalmeer myself en mop die gemors op voor die mobi se kaste skeef trek…ons staan steeds in die son. Wat 30 minute moes vat, was amper 90 minute, en ons het minder water…lesson learnt, as jy staan, staan jy, mens trek nie vir een aand nie.


Op ons laaste dag vat Jimmy ons in`n mokoro uit. Maar die kamp is vol amerikaners wat super loud is en al die mokoros command. Ons het nie stoele nie, ons sit op life vests en kry lam boude. Jimmy vertel vir ons van fauna en flora en gee vir ons elkeen`n yellow water pistol. Dis`n blom wat water filter, en as jy die blom squeeze kom daar silwerskoon water uit. Dis peaceful tot ons in die Amerikaners vas mokoro. Jimmy vertel ons sy life story, hy kom van Francistown af, there goes my idea dat hy die Kwai Village idiot is. Na drie lekker aande by Kwai word Gerhard weer stil, want nou moet ons in die Moremi in. Dis ook hier waar ek besef mens kan definitief deur die gaas in die ablusieblok sien...sorry vir almal in Khwai wat ek geflash het.


29 & 30 April 2025 - Xakanaxa

Ons moet van Khwai af in die Moremi in - ons is teen die tyd van die wedstryd op twee koppies Amarula koffie om die dag te begin. Ons moet oor `n rickety brug van Kwai af in die Moremi in. Die brug is dodgy as hell en het`n sign wat sê die brug kan net 5 ton vat. Gerhard reken ons is baie naby aan die upper limit. Daar is logs op die brug wat met conveyor belt toe gegooi is. Ons gaan fix eers die brug en trek die conveyor belt terug oor die pale. Ons saag takke af met die leatherman. Daardie oggend uit Khwai uit begin my job as tak manager. Ons kom agter as mens takke sien wat krap, kan ek aan die tak gaan hang en die skade limit.


Daar is twee paaie Xakanaxa toe, een is wet en een is dry. Ons vat die dry road. Ons begin en voel heel goed oor die pad. Ons raak amper jovial en toe…die eerste water. Dis wild. Dis modder en mens wil eerder die pad om die modder vat, maar die paaie om die modder is vol takke. So begin wat Gerhard ons camel trophy dag noem.


The Camel Trophy was a renowned international off-road vehicle competition held annually between 1980 and 2000. It was a grueling test of endurance, teamwork, and vehicle capability, featuring challenging routes and "Special Tasks" across various terrains around the world. The event was famously known as the "Olympics of 4x4". 

Here's a more detailed look:

Origins and Evolution:

  • The Camel Trophy began in 1980 with three Jeep-equipped German teams exploring the Amazon Basin. 

  • Land Rover subsequently became the primary vehicle provider, with Camel cigarettes as the main sponsor. 

  • Over the next 20 years, the event evolved into an annual international competition, attracting teams from various countries. 

Key Features and Challenges included Off-road Routes:

Teams navigated challenging terrains, including rivers, mud, and steep inclines, testing their vehicles' and their own limits. 


Die was die langste dag van my lewe…ons het 6 ure aan 42 kilometers gery.


Sover soos mens ry, encounter jy spare parte…dis die mal Europeans wat met hulle rentals jaag. `n Toyota Hilux met rental stickers op is die Botswana equivalent van`n rental polo. Hy gaan enige plek. Brits 4 x 4 rental moet asseblief eendag hulle parte gaan optel, hulle kan`n hele Hilux aanmekaar sit met wat op die pad lê.


Die spare parte sluit meestal nommerplate, bumpers, spieels, ens in. Soms is daar goed wat vir my soos die hele engin lyk, maar wat weet ek?


Om nie te veel parte te verloor nie, het ons aan takke gehang (Leeus maak nou nie meer saak nie), ons moes takke saag (ons het die Mobi se reflective tape aan`n tak afgeskraap) na ons onsself gewedge het. Ons het probeer om die diep modder te dodge, toe vat ons `n even dodgier ompad, en toe om een vreeslike skerp boom voor te mis, ry ons after in `n dooie boom vas. Ek skree STOP! Gerhard klim uit en sê jy moet harder skree, hy reverse ek ek skree STOP! Daar is `n vreeslike skerp stomp en ons moet plan maak...die reflective tape krul op en as ons nog ry gaan ons `n gat in die mobi ruk...Toe ons die eerste keer so gewedge raak sê ek vir Gerhard waar is die saag, hy kyk my aan of ek mal is en toe remind ek hom dat hy`n hele toolbox gepak het, ek onthou ons het nog saaglemme by Chamberlains gaan koop. Toe ons eers die saag in ons arsenaal het is ons effens unstopable. Ek is nou daardie wilde lelike vrou, songebrand, boomgom aan my broek, sand in my hare, Gerhard het darem na so paar ure van Camel Trophy vir my geel leer werkshandskoene gegee, so ek hang makliker aan die bome. Met tye moet ek op die cruiser se bullbar staan om by te kom, dan spring ek en ek hang!


Ons is deur die een modderpoel na die ander en daai modder is soos putty, dit stick aan alles. Ons het op `n kol gestop vir wors, peanuts en gin en toe die sieldodende reis voortgesit. Gerhard vertel na die tyd vir my hy het`n hele playlist in sy kop gehad (Africa van Toto type stuff) - Moremi was nog altyd op sy bucket list. Mens luister nie op camel trophy dag musiek nie. Maar gin, gin drink ons enige tyd, dit help! Die game is nou wat verkies jy, modder, sand, corrugations of pothole teerpad...modder en sand wen.


Ons kom by die hek aan en word vertel die staff was almal Maun toe vir die dag (goeie fok, dit gaan die hele dag vat) so ons moet staanplek 3 soek en die mense van die kamp sal more kom dat ons incheck. Ons staan onder`n maroela boom en ons sien die olifant merke teen die boom…Gerhard parkeer die cruiser so aan die een kant, so ons is darem bietjie beskut. Die maroelas val met`n moerse geraas. Ek vra vir Gerhard of daar nie duike in die cruiser gaan wees nie, nee wat…


Ons evaluate die skade. Die een stabiliser poot wil nie meer werk nie. Ons kap en krap die concrete modder van die Mobi af, dis nogal woes. Die borde en glase all made it. Die ys is nog effens ge-ys. Die badkamer vloer se rubber is effens af van die boks met die tentpenne. Ons is die enigste mense in die kamp. Ons gaan stort en hier kom die kamp mense en maak skoon. Hulle sit ook die waterpomp aan en ry. Ek en Gerhard stap en gaan sit die pomp af, die pomp maak net geraas en ons soek stilte. Ons het net krag vir `n baie klein game drive voor ons braai. Die maan en die hele plek is spectacular. Gerhard vertel my natuurlik nou van`n luiperdaanval in die einste kamp so paar jaar terug. Dis nou hier waar ek weer super dankbaar is vir my indoor plumbing!


30 April word Gerhard vir sy 48ste birthday in die Moremi wakker. Die son kom oranje oor die rivier op en ons sit rustig en ongestoord ons twee koppies Amarula koffie en drink. Ons hoor hoewe en hier kom`n troppie Zebras verby gecharge. Ons het ten spyte van camel trophy dag vrede. Ons besluit om`n piekniek te pak en Third Bridge toe te ry, maar die olifant het ander planne. Ons wil net pak en ry toe kom die olifant. Vir 30 minute sit ons in die mobi en die olifant tel rustig maroela vir maroela op. Sy stamp so effens aan die mobi en ons hoor die olifant minder as een meter van ons af asemhaal…genade! Eventually ry ons Third Bridge toe. Die ding wat mens nie altyd van Moremi waardeer nie, is jy is in die delta, so daar is letterlik water oral om jou. Jy kan nie net ry nie. Ons ry, daar is mopaniebosse en skud paaie en sandpaaie. Ons kom by modder wat ons definitief NIE wil cross nie, ons het trauma…daar sien ons die locals om ry en met `n medium water crossing. Ons volg hulle en in two ticks is ons weer on our way.


Third Bridge is die rickety ste van alle rickety bridges. Net ons is oor sonder die mobi en daardie brug kraak! Hy is DUN, daar is geen manier wat ons die Mobi oor daai brug sleep nie. Ons gaan eet ons piekniek en drink gin voor ons weer ons merry way terug kamp toe aanpak. Ons stop vir wifi dat die kinders darem vir Gerhard happy birthday kan sê. Nee, die bestuurder is huis toe vir lunch, ons moet haar by haar huis gaan haal vir die password, wat ons doen. Die password is basies Password 1 of die Moremi ekwivalent daarvan.


Terug in die kamp vir middagete en twee Italians ry ons amper dood. Daar is `n klompie toeriste wat piekniek in ons kamp. Hulle raas. Die donderse olifant kom terug. Die idiote skree vir die olifant...what the hell. Ek wil nie gaan middagslapie maak nie, ek is bang die idiote ry ons solar panels om. Eventually is die spul vort na hulle die asblik kliphard vol bierbottels gooi. Ok, middagslapie.


Die donderse Italians wat ons amper omgery het, kom onderbreek ons afternoon nap deur langs ons te kom staan en kook vir middagete. Op gas, weirdos maak nie net slaai en wors of iets nie. Die plaaslike bobbejaan troep meld aan en Gerhard, sonder sy hemp soos die camel trophy man wat hy duidelik is, skiet die bobbejane met sy kettie en maroela pitte en gaan maak die Italians se asblik met draad toe. Hulle sit in die Brits 4 x 4 rental en eet.


Ons besef die maroelas het inderdaar duike in die Cruiser geslaan, ook in die deure van die canopy. Oh well, dis maar alles deel van die koste van kamp lag ons…ons gaan in elk geval die Cruiser moet laat polish en miskien paint touch ups moet doen na die bos trip. Liam noem die Cruiser `n "Pavement Princess", ek dink nie die naam kan meer stick nie.


Gerhard skuif die Cruiser onder `n ander boom in. Ons luister die Italians (wat toe after all langs ons kamp) af. Hulle maak pasta. Shame, mens wil hulle amper oornooi vir braai!


Gerhard se verjaarsdag ete, op aand 5 sonder krag is nogal impressive (al moet ek die shopper nou self hier komplimenteer). Ons braai hoender in bacon wrapped kebabs, ons bak `n brood op die vuur, ons maak caprese slaai, in die Moremi! Ons het nog ys en die gin is extra lekker! Daar is selfs dark chocolate vir pudding. Ons het nog nooit brood op die vuur gebak nie, maar ons het `n lieflike Jan Braai pot. Ons wing dit, en sit die brood so 30 minute op `n tripod...ons maak die brood oop en besef die kole op die deksel werk, maar onder is die pot effens koud. Ons sit die brood OP die vuur en na so ruk ruik ons brood, en toe brand! Die brood brand net effens aan, ons kan die gebrande dele afsny. Plan B was weereens Woollies bruchetta. Ons het Lurpak botter, life is good.


Op `n stadium hoor ons `n bakkie. "Ag gaan help net die fokken foreigners" sê ek vir Gerhard terwyl ek solank die aangebrande pot skrop. Gerhard dra sy Senqui t-shirt wat sê "Mlungu" en ek hoor iemand sê met daai hemp aanvaar ek jy is Afrikaans! Enter Basjan, en sy bruid, hulle is op honeymoon en hulle smile, al is dit amper 9 uur in die aand en hulle het verdwaal. Hulle moet nie eintlik hier kamp vannaand nie, maar hulle het verdwaal, agter olifante vasgesit en hier is hulle nou. Hy sê vir Gerhard sy ma sê nogal voor mens met iemand trou moet jy saam vakansie hou...


As mense met arriverings aggressie, nervous breakdowns oor water kan ek nie meer met Basjan se ma saamstem nie. As jy kamp in Botswana kan oorleef, kan jy basies enige iets oorleef!


Ons het die aand pas klaar gebraai en skottelgoed gewas, hier is weer`n olifant. Een MOERSE olifant. En hy raas en haal hard asem…en skud die boom, terwyl ons in die Mobi sit en die Italians vir mekaar skree in Italian. Hulle skyn`n lig, en spring at speed in hulle rental in, waar hulle bly tot hulle hulle daktente bestyg, dis`n pa en dogter, so 2 tente op die dak. Ons sit maar en hoop die olifant is vriendelik en wag dat hy rustig elke maroela naby ons Mobi opsuig...olifante het nie tyd nie.


1 Mei 2025 - Maun

Ons is vroeg oggend besig om te pak, and you guessed it, `n olifant kom onderbreek ons. Ons was goed besig en ek wou my tande borsel toe die besoeker weer kom. Ons raak slimmer en gaan staan langs die ablusieblok, dis veiliger...30 minute, dis hoe lank die average olifant encounter in die Moremi vat.


Eventually is ons op pad, na Gerhard die Mobi se stabiliser met cable ties vasmaak. Cable ties is handige kamp things. Gelukkig kamp die MD van Hellerman Tyton SA saam ons.


Ons vat die pad South Gate toe. Dis weer`n absolute shocker van`n pad. In Botswana moet jy nooit sê "ai, die pad is nie so bad nie", want 100% guaranteed, die pad sal slegter raak. Ons suiker en slenter ons pad stadig stadig Maun toe. Ek speel vir ons musiek, want ek kom agter as die pad super kak is, dan is ons super tense. Musiek help. Gerhard vertel my van sy Moremi drome waar ons die park inry met Africa van Toto en Johnny Clegg se Spirit of the Great Heart. Ek speel Africa, maar Gerhard is effens gepla en vra ek moet die musiek afsit hy kan nie hoor nie. Iewers skree`n wiel. So screach wat deur murg en been sny! Dis metaal op metaal. Ons wou onsself weer pas op die skouer klop, kyk vir ons! Ons het nie eers`n tyre verloor nie. Ons moes nie eers een keer die winch inspan nie. Gerhard stop om te kyk, langs`n agresiewe olifant wat vir hom blaas. Ons spring terug in die kar en ry so ent aan. Ek bestuur en Gerhard loop en luister waar kom die geluide vandaan. Dis die linker voorste wiel. Ons ry nog so ent. Nee sê Gerhard, ons moet maar die wiel afhaal en kyk of ons iets sien. Genadiglik stop `n game ranger by ons en vra of ons ok is. Gerhard verduidelik wat aangaan. Its dust sê hy. These roads, the dust and the mud...when you hit the tar road it will disappear. Ons ry maar nog bietjie en ons wil net stop en die wiel afhaal toe gaan die geluid miraculously weg. Ons was nog nooit so dankbaar nie.


Ons stop vir nog `n lunch langs die pad. Wors en peanuts die keer, en gin, altyd gin!


Na nog een van die langste dae op die pad ry ons Maun in en soek `n car wash dat ons die skade kan assess. Die kostes van kamp! Ons gaan shop eers, Checkers die keer, daar is niks nie. Die beste vleis is wors en mince. Gerhard besluit ons kort comfort food en ons gaan vannaand by Drifters pasta maak met die mince. More in Serowe gaan ons worsrolle braai. Daar is weer`n vet fence, maar fok dit, ons gaan die wors smokkel. As chief shopper is my metode eenvoudig, it involves strolling. Ek stroll nog so deur Checkers re rakke toe Gerhard vra of ons wragties deur elke isle gaan stap...it did not land well! Arriverings agressie...


Ons soek verder vir`n car wash en ys...daar is nerens ys nie! Ons kry `n carwash. Hy run met generator en `n tank vol water en`n pressure sprayer en vir 100 Pula pressure spray die jong dude halfte van die Moremi se modder van die Cruiser en die Mobi af en ons kan sien ons het nie parte verloor nie en alles lyk of dit nog werk. Ons wil die siel tip, maar ons het net Rande en USD...hy wil nie een van die aanvaar nie en ons ry weg sonder om te tip...


Ons maak ons pasta en gaan slaap vroeg. Drifters is stil, daar is Europeans in die kamp wat nog bright eyed en bushy tailed is. Hulle was nog nie in die Moremi nie, mens kan sien hulle kar is nog nie vol modder nie. Die vrou lyk nog skaflik. Drifters is weird, daar is nie staff nie. Die bar is toe. Die meubels die vorige week in ontvangs was, is weg. Die badkamers is steeds sif, maar siwwer. Die sekuriteitswag loop heelnag rond en daar is te veel ligte aan. (Ek lees 12 Mei 2025 op Facebook hoe mense pas by Drifters beroof is).


Ons staan vroeg op en wil weer water tap, die tank is leeg en die mense sê dis vir was nie drink nie. Ons drink al `n week lank koffie van die einste Drifters water...oh well, ons vat die pad Palapye toe, Serowe, laaste aand in Botswana is by Khama Rhino Sanctuary. Dis te maklik. Ons ry lekker! Die teerpad is mooi! Ons is by die vet fence, die bakkie ry deur die dip, ons klim uit, daar is mense met sakke skoene. By híerdie vet fence moet jy elke liewe skoen dip. Die ou vra of ek nog skoene het, nee sê ek, want dan moet ons die hele mobi oopmaak om in die kas te kom waar die shoes is. Ek sê vir Gerhard in Afrikaans om enige verdere skoene te ontken...die mense kyk in beide yskaste en mis die vleis in die badkamer kas. Ons ry nog so ent aan en stop en ek bevry die Checkers Championship Boerewors uit die badkamer kas terug na die yskas. Ons kom relatief vroeg aan by Khama. Hier is die challenge nou, daar is fout met ons booking. Hulle verwag ons eers more. Die mense is vreeslik gaaf en efficient en na baie lank op die foon word ons ingelig ons kamp vannaand by die Education Centre, en hulle sal vir ons`n dormitory oopsluit om te stort.


Ons gaan slaan kamp op by die environmental centre, dis hilarious. Ons tap ons karavaan vol water, want ek stort not `n moer in die dorm nie. Ons gaan ry in die reserve, en sien `n hele spul renosters. Dis so mooi. Daar is plek plek sulke lookout goed, mens aanvaar poaching is seker maar hier ook `n issue.


Ek was sterk op pad om in die dorm te stort, toe sien ek `n rot in die dak. Daar is iets met ons gas fout en ek stort yskoud. Dis koud hier en ons slaap styf teenmekaar met die gordyne toe.


2 Mei 2025 - homeward bound

Ons staan net na 5 op, half verkluim, alles is nat gedou! Ons besluit ons ry maar. Ons kook sommer gou eiers en besluit ons piekniek op pad. Ons val in die pad en gaan weer deur die Stokpoort grens, vyf minute die keer en ons is deur en begin die 7 ure huis toe.


Met ons tuiskoms kan Liam nie ophou praat nie. Hy is so dankbaar die grootmense is terug, being an adult sucks, kos koop, maak en oor kos dink is nie lekker nie. Sekai pak uit soos `n masjien - Gerhard was die karavaan verder en ek is Spar toe vir brasso.


Luks is by die Melkfees...ek en Gerhard besluit 9pm om haar te gaan haal en gelukkig het ons, dis op die stadium wat die party daar vreemd raak, en die kind is siek en is uit in die koue in haar short!


Ons staan Sondag vroeg op (spot the theme) en ons polish daai mobi dat ons hoes! Ons polish tot van die krappe uit wat reeds daar was toe ons in Oktober 2024 wildtuin toe was. Gerhard vat die mobi terug en ons skade is een stabiliser poot, rubber in die badkamer en die tape.


Reflections

Sal ek weer Botswana toe gaan? Absoluut. Sal ek weer in `n mobi gaan, absoluut nie. Mens moet met daktente gaan. Ek het `n plan...ek gaan `n pop up tent op die grond sit met `n kaset toilet op die grond.


Het ek gerus, ja, maar net my kop. Ek het nie vir een dag aan die wonderful world of banking gedink nie...maar oor goat chops en boshoender, en water, en takke, modder en ys, BAIE. My lyf is moeg en ek voel of ek weke by die spa kort.


Ek het vyf boeke op my Kindle gelaai vir hierdie vakansie, en drie bladsye gelees. Mens is besig, en moeg!


Hier is my kamp wenke:

  1. Enige Maatskappysekretaris sal jou vertel, die maklikste manier om `n kort meeting in`n lang meeting te verander is deur te sê, daar is nie veel op die agenda nie. Moet nooit ooit sê dis net 50 kilometer, ons is oor twee ure daar nie. Botswana sal wen en jy sal 6 ure op die pad spandeer.

  2. Moet nie in April onder maroela bome kamp nie.

  3. Vat Doom, vat ook baie Tabbard, die trok in Maun kom nie gereeld nie en dan moet jy die environmentally friendly goed teen malaria muskiete probeer gebruik...

  4. Vat `n besem. Daar is sand oral. Vee as dit jou hart bly maak, al lag jou significant other. Jy wil nie in die aand badkamer toe loop en voete vol sand hê nie.

  5. Vat net jou lelike skoene...iets soos trail tekkies en flip flops - ek oorweeg tans Rockies, moenie vir enige iemand sê nie, I will kill you.

  6. Moenie wit klere dra as jy kamp nie, swart of beige is beter. Onthou as hulle in Maun jou wasgoed met die hand was gaan wit nie wit wit terugkom van die draad af nie.

  7. Jy kan nie genoeg emmers hê nie - eventually het jy `n favourite emmer, en jou man het `n favorite rat - dis tweede in case jy wonder.

  8. Yskas management werk. Dis nou as jy nie krag het nie en die yskas die battery pap trek. Sit die yskas vir een uur aan, en dan vir 90 minute af, so stretch jy die yskas.

  9. Tuna is`n fantastiese ding as jy kamp...as jy mayonaise en`n slaaiblaar het, het jy lunch.

  10. Amarula is life! As jy net een van twee koppies `n Amarula koffie wil maak, maak die tweede een Amarula. As die eerste een Amarula is, is die tweede ene sleg! Twee koppies Amarula koffie stel jou in staat om die dag te face, bome, takke, spinnekoppe, critters, water dilemmas, shopping disasters, alles heel ok as jy Amarula in het.

  11. Gin in blikke is amazing! Jy kan letterlik enige plek langs die pad stop en`n lekker GROOT gin met zero moeite drink - dis soos bier, net lekkerder!

  12. Mince is your friend...mens kan patties maak, pasta maak, daar bly oor vir pad piekniek.

  13. Padpiekniek is the way to go, daar is nie coffee shops om elke hoek en draai nie, en as jy `n kookeier en `n stuk wors het, het jy breakfast of lunch.

  14. Moenie jou naels gaan doen nie, jy mors geld. Moenie make up pak nie, jy risk breakage van jou M.A.C. eyeshadows op die aaklige paaie. Moenie parfuum vat nie, jy gaan soos seep, Tabbard, sonroom of sweet ruik despite your best endeavors. Spaar die Chanel vir die huis. Vat rekkies, maak ponies en bollas, die GHD gaan in elk geval net die hele mobi warm maak binne en dan werk die yskas te hard en die battery loop af.

  15. Vat`n Stanley fles, mens mors nie goeie kookwater nie. Kook die ketel een keer en gooi daai water in die fles.

  16. Belê in`n goeie koplamp met`n rooi lig, die goggas kom regtig nie na rooi lig toe nie.

  17. As jy baie bang is vir hippos, olifante, leeus, spinnekoppe - dan is kamp dalk nie vir jou nie

  18. Moenie dink kamp is cheap nie...teen die tyd wat jy al die skade optel, wynglase wat breek, maroelas wat duike in jou kar val, Mobi skade, diesel (V8's is nie lig op brandstof nie), park fees, Amarula en gin, kon jy waarskynlik Europa toe gaan.

  19. Drink die malariapille saans, saam aandete, dan is jou kanse op "hartaanval" also known as sooibrand, minder.

  20. Maak lysies van wat jy wil eet, en dan kyk jy hoeveel van die goed kry jy in die winkel, anders raak jy oorweldig.


Gerhard beplan al klaar aan die volgende kamp, die keer dalk met `n bush lapa of soortgelyk. Ek wou so graag net op een sagte vakansie gaan, waar iemand my tas dra en daar `n overpriced spa is. Once you have tasted the coolaid van kamp lewe, is daar skynbaar geen keer nie. Van my tent na joune...groete





 
 
 

Comentários


Subscribe Form

Thanks for submitting!

©2021 by Niki van Wyk. Proudly created with Wix.com

bottom of page