top of page
Search

Kronkelpad

  • nikivanwyk
  • May 5
  • 6 min read


Die van julle wat my ken weet, ek kamp nie. My idee van roughing it was maar nog altyd om Zebula toe te gaan en die spinnekoppe in die lapa te battle. Daar is iets aan die stap ablusieblok toe met `n rol toiletpapier onder jou arm wat net nie heeltemaal reg sit met my nie. Arme Gerhard love die bos en ek dink hy sou graag van tyd tot tyd wou kamp, kamp maak opsies oop en gee mens plekke nader aan die natuur om te bly, maar nou ja, hy moes seker geweet het toe hy met my getrou het was die opsies iets wat hom nie beskore was nie.


Ek kan met trots sê ek het onlangs vir `n week gekamp. Wel soortvan. OK, ons het `n mobi lodge (google as jy moet) met die Cruiser wildtuin toe gevat en ek kan terug rapporteer dat ek `n absolute aanhanger is. Gerhard sê mens kan dit nie regtig kamp noem as jy `n twee ton luxury hotelkamer agter aan die Cruiser haak nie. Dis die airconditioner, leeslampies langs die bed wat ek met my eie duvet en kussings oorgetrek het, die vrieskas, die warm water om jou skottelgoed te was, die stort, die toilet…die feit dat ek my oulike rokkies in `n hangkas kon hang op my eie hangers. Die drank kabinet waar ek my Inveroche Amber gin in kon druk…


Vir my was dit nogal adventurous en ek moet bieg, I loved it! Ek was tot `n keer of wat in die (dag) in die ablusieblok. Ek kan met trots verkondig dat die Kruger Park badkamers toiletpapier in het en dat mens nie meer met `n rol onder jou arm loop nie. Ons was by drie verskillende kampe, die temperatuur in die Wildtuin het net so aan die 40 Grade Celcius geraak. As mens dan ys uit jou vrieskas uit haal en jou gin drink as die son sak is dit nogal lekker. As mens gou (twintig minute) jou kamp opslaan en dan jou airconditioner aansit is die bure nogal jaloers.


Kamp was interessant. Die eerste aand na ons die mobi opslaan, die airconditioner loop, Gerhard maak een helse vuur met sy gas ding en lekker hout want ons gaan nou die amazingste sirloins braai, ek het slaai van Woollies, die tafel is gedek, roep Gerhard my en sê kyk die special bure. Hier voor ons is die platste kleinste tent wat ek in my lewe gesien het. Voor die tent sit twee jongerige Franse, op die platste, cheapste nylon kampstoele wat ek in my hele lewe gesien het. Hulle het nie eers `n vuur nie. Hulle het elkeen `n koplamp op die kop, maar hulle monde hang oop soos wat hulle vir die bos en die niks staar. Jy kan sien hulle is moer happy, op die safari of a lifetime. Wat die twee vir aandete gehad het weet ek steeds nie, want die kamp waar ons was se restaurant serve net toasties en ook net tot so 6pm. Later die aand was daar olifante langs die draad en in jou lewe het jy nog nie sulke groot excitement gesien soos die twee met hulle koplampe op nie.


Die Wildtuin is rus vir die siel. Stil, mooi, oop, vars lug. So kom ons by `n sogenaamde ‘wild camp’ aan waar daar nie krag is nie, en ons airconditioner absoluut useless is aangesien ons solar panels nou net die yskas aan die lewe kan hou. Soos ons Tsendze binnery en ons staanplek uitcheck, sak my moed in my skoene, want hier langs ons staan so vier tente op een staanplek. Daar is duidelik `n tent wat die kombuis is in die middel van die kamp. Dit moet `n donderse kontiki toer of iets wees. Net ons luck om nou langs die party bus te gaan staan en stilte van die stad se geraas te soek.


Ons haak maar die mobi af. Jy het in jou lewe nog nie so iets aanskou nie. Die ding het movers op. Jy vat `n remote control met `n joystick en jy manouvre jou karavaan tot hy net so staan soos jy hom wil hê. Gerhard praat van Noord en son ens, ek soek eintlik net ys vir my gin. Die bure kom vra of ons die karavaan juis net so parkeer het om die Skopsuil dop te hou. As mens nie weet van die piepklein uil wat sit en slaap in die boom nie sou jy hom nooit sien nie. Die African scops owl is my spirit animal. Hy sit so en slaap in die hitte van die dag dat hy nie eers weet ons manouvre ons lodge hier onder sy boom nie.


Later arriveer die kontiki toer en Gerhard lag en sê ons worry verniet, dis Huis Herfsblaar eerder as `n Wildtuin Rage. Ek sien dadelik wat hy bedoel toe die bussie met `n klomp grys koppe stop. Die toerleiers is self nie vandag se kinders nie, maar van die bus stop kan mens sien iets met Kronkelpad toere sukkel. Daar gaan sit klomp ou mense voor elke tent op `n stoel. Daar is effens lig in hulle tente, maar die kombuis tent se ligte gaan laaste aan. Die hosts hap hap mekaar vreeslik terwyl hulle pasta maak. Ek en Gerhard wonder wat gaan aan dat mens vir ou mense op `n bos trip pasta en sous maak, maar nou ja, nie almal wil seker elke aand Sirloin van Toits slaghuis braai nie. Mens weet seker ook nie altyd van die ou mense se tande nie.


Uiteindelik is daar aandete en `n poespas van kampstoele, party nog met tags op word in `n sirkel opgeslaan vir aandete. Een van die ou mense sê: “Ag Chris, jy het nie dalk vir my nog `n ou biertjie daar nie, ek drink nou so lekker” en Chris mompel iets van een bier per persoon, hy self sou ook graag nog wou hê. Ek is tempted om sommer vir die mens van Gerhard se bier te vat, maar mens wil seker nou nie inmeng met die toer nie.


Klank trek ver in die bos en Gerhard spot altyd oor my veldore. Die batterye het nie gelaai die vorige dag of twee nie, so die hele yskas met al die vleis moes weggegooi word, dis die dat hulle pasta maak en niks kouds het nie. Maar sê Chris, more skyn die son en more aand, oooh more aand het hulle meer krag as wat hulle kan gebruik. Chris wys met trots vir die oues sy kamp setup, wat `n moerse solar panel insluit.


Die oues van dae is eventually bed toe na almal met badsakkies die ablusieblok besoek het. En die volgende oggend het almal daar meer van `n huppel in hulle stap en Chris begin sy solar panel opslaan. Die tipe wat mens op die dak van `n stadshuis sal sit. Ons eie paneel is maar eenvoudig en ons sukkel, ons kom agter ons een plug se konneksie is los, maar Chris kom plug ons wa in sy paneel in. Chris en Huis Herfsblaar klim in die bus en daar gaat hulle. Vyf minute later begin Chris se kraginstallasie `n vreeslike geraas maak en ons prop ons wa met spoed uit en ons gaan kyk wat met Chris se inverter aangaan. Ons lees die manual maar ons kan nie die alarm kry om op te hou skree nie. Ons sien Chris se paneel is nie meer in die son nie en soos dit goeie kamp bure betaam skuif ons Chris se paneel son toe en vertrek swembad toe om te gaan lafenis soek.


Chris en Huis Herfsblaar kom daai aand laat tuis en na aanvanklike jolyt, krap iets weer daar, die paneel het weer nie gecharge nie, die drade het losgekom. Gerhard dink tot vandag toe ons het daai draad per ongeluk uitgetrek. Ek is nie seker nie, maar daai aand gee ons maar vir Chris se vrou `n liggie en sy vertel ons niks wil die week loop soos dit moet nie. At least het hulle vleis en Chris braai.


En dis by DIE trip, waar ek en Gerhard besluit om in April 2025 met die mobi Botswana aan te pak...net om te noem, Botswana is effens wilder as die wildtuin, letterlik...





 
 
 

Comments


Subscribe Form

Thanks for submitting!

©2021 by Niki van Wyk. Proudly created with Wix.com

bottom of page