top of page
Search

At least is die 690 hoenders nie verniet dood nie

  • nikivanwyk
  • Jul 27
  • 10 min read

Ek skryf skynbaar graag lang briewe…ons leer weer dat "poets" die ware kunstenaars is, hulle het die gawe om diep denke en duisende gedagtes in`n paar woorde neer te sit. Die gawe is my nie beskore nie, so vergewe my baie lang briewe…



A rugby field is a 100-metre long trap cleverly disguised as grass. It's where teenage boys with shoulders like wardrobes and knees held together by hope chase an oddly-shaped ball as if it owes them money. At each end? Giant posts that look like someone gave up halfway through building a goal. The middle? A warzone where tactics, testosterone, and tackles collide like drunk shopping trolleys. The sidelines are patrolled by parents and Old Boys who think they’re coaching the Springboks, every blade of grass has absorbed a tear, a cramp, or a questionable ref decision. The halfway line? That’s just the place where dreams either take flight or faceplant. And somewhere in the chaos, someone will shout “Ruck!”... and nobody really knows what’s actually going on. But we pretend. Because this is a rugby-field. It’s a battlefield. With Energy drinks at halftime.
Unknown

Beste Coach


Ek is`n redelike onbetrokke ma, maar ek skryf graag briewe. Aan die einde van die seisoen hou ek daarvan om die coach te bedank. Ek sê dankie vir die feit dat jy gewoonlik meer van jou vakansie saam my kind moes spandeer as saam jou eie kind. Ek sê dankie dat jy my kind nie aangerand het nie, hy is`n tiener, ek was al tempted, so ek is seker jy ook. Ek sê dankie dat jy so mooi met ons kinders werk, elke een en sy sterk punte raaksien ens. Die jaar is ek egter redelik vroeg in die pre-season ingelig dat senior rugby nie so werk nie en dat ek asseblief nie vir die Coaches mag skryf nie. Ek is ook vriendelik versoek om nie op die Whatsapp groepies dankie te sê vir die fotos nie, so aan die fotograwe, dankie, ek sal aan die einde einde van die seisoen vir julle skryf. Ek weet die seisoen is nog nie klaar nie, maar ek skryf solank.


Ek is nie`n rugby kenner nie. Ek het grootgeword in die tagtigs, my Pa was`n Transvaal supporter en so het ek het vir Jannie Breedt en James Small geken. Jong Abrie van Wyk (my Pa) het op sy dae Suid-Oos Transvaal gespeel. No 2. Latere jare het ek nogal van die Stormers gehou want Bobby Skinstad was vir my handsome. Ek kyk graag as die Springbokke speel en ek het selfs`n Springbok trui. Ek het die laaste twee world cup finals op interessante plekke gekyk, die Japan ene was ek en Gerhard in`n hotel-kamer in Londen, en die laaste een in Frankryk was ons in Barcelona, in`n Irish pub wat op die Sagrada Famila uitkyk. Ek het ook al springbok rugby op`n cruise ship in die English pub gekyk waar die Franse my en Gerhard baie moeilikheid gegee het.


As ek enige rugby kyk, kry ek vir Gerhard en almal om my baie jammer, want ek het geen idee wat aangaan nie, maar as die fluitjie blaas wil ek weet hoekom. Nie dat dit saak maak nie. Ek weet die een span moet (van my vantage point) links hardloop en die bal agter `n lyn druk, en oor daai selfde pale skop en vice versa vir die ander span. Ek weet ook soms is dit ok om die bal uit te skop, en ander kere nie, maar hoe daai deel werk weet ek nie. Ek verstaan ook nie heeltemaal van onkant nie, en as die fluitjie naby die doellyn blaas, wil ek altyd graag weet hoekom dit nie net `n straf drie kan wees nie. As enige iemand, iemand anders om die nek beet het weet ek ons moet skree 'high tackle' en hoop daar is `n straf drie. Ek weet ook te danke aan Cheslyn Kolbe die belangrikste van alles is om as die ander span skop, op `n stadium (ek weet nie wanneer nie) te charge of jy die 100 meter hardloop. As daar nie `n score board is nie, tel ek die score op my vingers, en soms as ek onthou stel ek my horlosie om te sien of 35 minute al verby is.


So is Liam amper 17 jaar terug basies dood gebore, die traumatiese geboorte, die dooie kolle op die brein en ek was eerlikwaar nooit bekommerd oor rugby nie. Ek het nie gedink na ons die kind deurgetrek het en ek vir hom die Latynse woordeboek gelees het en hy wonderbaarlik baie slim is, dat ek ooit weer gaan worry oor sy brein nie. Natuurlik het Liam Bulletjie rugby gespeel. Dit was cute - ek het foto’s van al ons seuns met te groot PT shorts wat ons daai velcro self aan vasgewerk het. Liam het al voor skool gevra vir `n skrumpet en op elke foto tel iemand vir Liam op in die lynstaan. Hy was die kleinste, maerste en kortste. Hy het scrum ‘scramble’ genoem en hy was mal oor scramble.


Saam Bulletjierugby het ek het ander sporte aktief aangemoedig, ek is`n groot tennis fan! Nog nooit gehoor van mense wat harsingskudding opdoen op die tennisbaan nie. Ek het die GDP van`n klein eiland aan tennislesse spandeer en net voor lockdown sê Liam eendag vir my hy speel net tennis vir my. Ek was devastated.


Graad 8 koop ek 'n hokkiestok. Kyk hoe lekker lyk Olympic hokkie Liam. Liam byt huiwerig...net na die begin van die skooljaar vra Liam ons moet asseblief tokse gaan koop. Rugby tokse. Gerhard stuur ons Decathlon toe vir cheap tokse. Gerhard sê hy ken sy kind en hy gaan nie lank rugby speel nie.


Gerhard sluk steeds aan sy woorde, want Liam is nou in Graad 11 en is super dedicated. Hy hou nie op nie. Hy gym. Hy tackle. Hy hardloop...en hy eet hoender. Ek het eintlik geweet ons moeilikheid is geboek toe Liam een aand in `n restaurant vir ons detailed game plans geteken en verduidelik het. Hy was sewe. Sy kop verstaan wiskunde en rugby. Joune glo ook!


Coach, aan die begin van die jaar skryf jy vir ons en sê Liam is nog nie in die Eerste span Kaap toergroep nie, daar is nog vier plekke en daai vier plekke sal nader aan die tyd gevul word. Liam was devastated. Hy weeg ook op die stadium iets soos 64 en dis nie genoeg vir 'n Flank nie. Jy wil hê hy moet at least 80 weeg. Ek wou toe al vir jou skryf en sê in my dae het ouers vir die skool 'n bees geskenk en so verseker die kind maak die span. Ek het gedink dit sal heel gepas wees dat die skool in die geval vir my 'n bees skenk aangesien mens nie 'n tiener oornag van 60 odd kilogram na 80 kry nie. Hulle eet ons reeds uit die huis uit. Liam het uit die aard van die saak nie my grappie geniet nie. Ek dink steeds dis snaaks.


Anyhow...so verdubbel ek die van Rooyen gesin se grocery aankope maar ek belowe jou ek kan nie voorbly nie. Ek dink daar is 'n hoender in die vrieskas, en miskien erens aartappels. Nope. Liam het sommer hoender vir ontbyt gehad en airfryer chips van ons laaste aartappels gemaak. Ek kan naderhand nie meer nie. Ek koop sommer reeds gaar hoender en rys of pasta of iets by die werk. Die mense kyk my snaaks aan, of ek dalk 'n eetsteurnis het, want dis my gewone middagete plus nog `n hele take away houer vol hoender wat ek elke dag koop. Ek moet my salarisaftrekking wat ek in die kantien spandeer aansienlik verhoog.


Desember as ons almal eintlik op die strand wil lê en in vrede vet wil wees, laat Liam ons `n gym kontrak gaan uitneem en dan elke dag of twee gym toe ry in George dat hy kan oefen. Ons wil eintlik vroeg strand toe voor die wind waai, maar Desember 2024 waai die wind ons maar as ons na gym en breakfast eers daar aankom, at least is parkering nie `n probleem nie, want almal wat nie rugbyspelers grootmaak nie is reeds terug huis toe vir middagete as die van Rooyens op die strand kom. As mens glo in Januarie 2025 nie bench wat jy November 2024 bench nie is dit 'n probleem. Die dedication maak my skuldig voel en ek en Gerhard draf maar deur die Desember en is nie te vet nie, vrede het ons wel.


Coach, die kind maak dit met baie moeite tot by 74 kilogram en dis toe waar dit stop. Dis gelukkig op die stadium wat jy wel vir ons skryf en sê Liam kan Kaap toe. En ek silently 'n gebed opstuur vir die 690 hoenders wat dood is vir Liam se paar kilogramme.


Dis gelukkig ook op die tyd wat jy en Liam besluit hy is dalk nie 'n Flank nie maar 'n Senter. Vir my lyk Flanke en Senters dieselfde. My enigste vereiste is dat Liam nie No 1, 2 of 3 mag wees nie. Daar trek ek die streep..so 6 of 12 is ok.


Elke keer as Liam net lekker 'n Senter is, dan kry 'n Flank seer en dan is Liam weer 6. Daai hoender werk uit. Dit was nooit 'n permanente oplossing nie. Mid seisoen kan mens glo nie gewig optel nie. So word my Flank al maerder. En dan is hy 6 en dan 12 en ek weet naderhand nie wat is hy nie. Hy dra nie eers meer sy hoed nie. Hy tape se ore dat hy soos die dom forward in 'n Leon Shuster movie lyk. Anyhow...die kind loop, eet, slaap en lewe rugby. As hy vir ons die strategies verduidelik glaze my oë oor...Gerhard verstaan dalk nog van pods en Carla en Lente en what what en ek sê ja en mmm en maak maar geluide en sê "Nice!"


Hy is soms vies as julle hom die tweede span kaptein maak. Hy wil net lekker speel en nie moet dink nie, maar ek like dit. Mens moet dink ook, hou jou brein besig, daai selfde brein wat ek gesond en normaal bebid het.


Ek wil vir jou sê ek dink dis amazing dat my kind enige iets sal doen wat jy sê. Hoe kry jy dit reg? As jy `n boek hieroor kan skryf kan jy vroeg aftree, maar dalk moet jy eers die boek skryf na jou career as onderwyser en coach tot `n einde kom. 'n Paar weke gelede skeur Liam iets in sy skouer. Ons is die Saterdag met hom na ons GP toe. Rus stel die dokter voor. Nee sê Liam. Coach sê ons moet na `n ander Dokter toe wat met rugbyspelers werk. En Coach sê ek moet wag met die anti inflamatories. So is ek daardie week Woensdag eers werk toe, want Maandag was ons vir die sonar. En Dinsdag na die Rugby dokter toe. Die Dokter vra watse posisie speel jy. Senter Oom, of Flank. So 12 of 6 sê Die Dokter. Yes. En wat het jy gespeel toe jy seergekry het. 8 Oom. Hy lag net.


Die Oom het Liam kortisoon gespuit en hy mag speel as hy drie push ups doen. Hier moet jy wegkyk Coach, want my kind kry sy kru taalgewoontes seker maar by my, ek werk in `n Bank, dit gaan maar so daar, ons is ook passionate oor wat ons doen. Die Oom het `n lekker party trick. Voor hy spuit vertel hy vir Liam jy moet kies: `n Lang dun naald, of `n kort dik naald en hy haal twee beesspuite uit die laai. "Nee fokit Oom" sê Liam en die Oom lag lekker. Die ergste is Coach, ek dink die kind sou met graagte met `n beesspuit kortisoon in die skouer vat solank hy net rugby kan speel Saterdag! Die Saterdag is Liam die tweede halfe vir die tweede span op as agtsteman en die tweede halfte vir die eerstes as senter. A utility back sê mense wat meer weet as ek. Ek dink hy is `n senter-flank. Kon`n regte posisie gewees het as jy my vra.


Saterdae in die winter kyk ons rugby en ek gaan nou nie vir jou jok nie, Bulls rugby en toetsrugby is nie vir my so opwindend soos Midstream rugby nie. Ons gaan heel eerste rugbyveld toe en ons kyk vir almal, die kleintjies en die grotes. Ek voel hoe bestuur ek amper die rugby game met my lyf. As ons links moet hardloop (van my vantage point) dan gaan my hele lyf links. As die ander span skop, dink ek steeds (in my kop) MIS!!! As ons skop help ek daar bal met my arms oor.


What ek eintlik wil sê Coach, is ek LOVE rugby. Ek verstaan steeds absoluut NIKS van rugby nie, maar rugby moet verpligtend wees. Dit leer kinders om oor iets groter as net hulself om te gee. Hulle eet, gym, slaap, hardloop Broncos vir mekaar, vir die skool en ek dink so bietjie vir jou ook. Hulle is moeg, besig, eet meer hoender as slap chips. Daar is disipline. Daar is nie te veel tyd om in vandag se vreemde wêreld te veel droog te maak nie. Hulle kom van die veld af, bebloed maar hulle smile. Voor ons nog tuis is en die honderde rande te strapping kan aftrek, is die kinders op hulle fone en dan kyk hulle op Supersport Schools die recap van die game wat nou, tien minute terug verby is. Liam praat ons blow by blow deur wat hy gedoen het, wat hy moes gedoen het. Hoe hard hy die ander ene getackle het. Soms raak hulle emosioneel en hulle vee 'n traan af ook. Dis so authentic. Om `n rugbyspan saam te sien is a thing of beauty.

Ek is `n feminis of sorts Coach, maar ek glo eerlikwaar nie Luka wil graag rugby speel nie, as jy haar sien sal jy verstaan. Selfs kleiner as Liam,`n fyn blonde dingetjie wat darem genoeg fight in haar het om redelik decent hokkie te speel, maar Coach, net soms wens ek daar was iets wat tiener girls ook so completely kan capture soos rugby, daardie kameraderie. Daai seuns is regtig almal soos broers.


My hart is saam julle seer na vandag se verloor, maar ek voel steeds die 690 hoenders is nie verniet dood nie. Liam het 'n erge stamp teen die kop weg en kan niks van die tweede halfte van gister se game onthou nie. Net na die game wou hy toe ons al in die kar was weet of hy afgewarm het, of Louis na die game met die skool gepraat het en of julle verloor het. Hy sê hy onthou hy was na die game in die kleedkamer en die span se trane was vlak. Hy sê as hy geweet het julle het verloor het hy ook gehuil. Hy maak stukkies van die dag bymekaar. Hy het glo aanhou vra waar hy moet staan...en van die manne het nogal hard met die kind moes praat, want hy was so dom soos 'n klip. Die hart is daar Coach al is die lyf en die kop nie vandag saam daar nie. Hy hou aan vra of hy darem raak getackle het en hy is seriously kwaad dat Supersport nie daar was nie, hy wil self seker maak hy was daar!


Ek moes vanoggend (Sondag) die afspraak by die dokter maak vir more 8am, want Liam dink hy is 120% reg vir Saterdag. Ek belowe niks nie.


Sterkte met die res van die seisoen, en volgende jaar maak ons weer so. Ek gaan rugby mis as Liam klaar is met skool. Hokkie is net nie dieselfde nie.


Groete

Niki


N.S. Die brief is vir elke Coach, van bulletjie rugby tot eerstespan.




 
 
 

Recent Posts

See All
Botswana & Kamp

As jy ooit in Botswana wil kamp, is die belangrikste van alles om `n man te kry wat vir jou so lief is soos wat Gerhard vir my is. Net...

 
 
 

Comments


Subscribe Form

Thanks for submitting!

©2021 by Niki van Wyk. Proudly created with Wix.com

bottom of page