Hier sit ons. Dis langnaweek. Daar is nie meer 'n natuurlike lyn van tyd huis toe in die verkeer om vir ons die onderskeid tussen werk en huis te verduidelik nie. Ek en die kinders self isolate van die 18de Maart af. Gerhard moes nog gaan werk. Ek is baie dinge...gelyk en ek weet nie altyd hoe ons deur nog drie weke aan die anderkant gaan uitkom nie. Ek kry die kinders jammer. Veral die ekstroverte soos Liam wat mense nodig het.
Ek is moeg, moeg gewerk. Dis maar moeilik om spanne te motiveer oor digitale kanale. Daar is nie meer 'n af knoppie nie. Mens maak in die oggend jou oë oop en daar trek jy. Stuur al mails in jou pajamas. Die kinders is natuurlik ook altyd by en Luka was al op menige conference call die laaste paar weke. Sy sê tot al hallo. Dalk mis sy ook mense.
Ek is dankbaar dat ons almal veilig is. Gesond, met genoeg kos om ons vir 'n lang tyd te sustain. Dankbaar dat Sekai besluit het om saam ons te lockdown. Mens bak makliker koekies en maak klei as daar 'n gewillige mens aan die ander kant van die kombuis staan wat reg is om haar kantoor weer op te ruim.
Ek is eintlik ook fascinated met hierdie nuwe bestaan. My kinders was verbaas om pitte aan die binnekant van 'n pampoen aan te tref en is kwaad dat ek nog nooit vir hulle frikadelle gemaak het nie, want myne is glo lekkerder as Woollies s'n.
Ek geniet dit om in my potte met slaaiblare en tamaties te fiddle en een van my eerste stoppe post lockdown gaan Builders Warehouse wees vir 'n klein greenhouse. Mens is veronderstel om groente en slaai te groei. Dis eintlik so eenvoudig.
Ons broodbak masjien is tans die hardwerkendste appliance in ons huis en die van Rooyens se monde water as hulle brood begin ruik vir middagete. Daardie fantastiese underrated masjien maak ook pizza deeg van formaat.
Ons bak koek en koekies en muffins en met die organiese groente wat ons source van plaaslike produsente probeer ons nuwe resepte uit en ons het al 'n paar gems ontdek. Ons eet stadig en geniet dit. Dis meer oor plesier en minder oor functionality. Ons is nie meer op ons selfde menu wat ons die afgelope vyf jaar lank Maandae tot Donderdae eet nie.
Ons oefen in ons erf, dankbaar dat ons 'n erf het. Ons doen pilates en yoga op FitOn voor ons TV en so leer ons elke dag kort net so klein bietjie struktuur dan voel dit amper normaal. Ons kan al amper weer aan ons tone raak.
Luka verjaar Maandag en al wat sy wil hê is 'n reënboog layer koek (nie genoeg gin in die huis om my soveel moed te gee nie), balonne en 'n klein geskenkie. Dis so vêr verwyderd van partytjies van die verlede en al wat kort is kaaskrulle en draadstoele in die garage en dan is dit soos partytjies van die seventies en eighties.
Ek het in Januarie 2020 gesê ek wil die lewe stadiger maak, en nou is die lewe besonders stadig. Ek weet nie of ek weer skoene met vreeslike hoë hakke en mascara kan of wil dra nie. Ek wil nie weer elke Maandag chicken snitchels en slaai eet nie. Ek geniet hierdie stadiger bestaan.
Ek wil wel met my hond kan stap, fiets kan ry, gin kan koop al is dit dan online. Ek mis my haarkapper...grys is nie my kleur nie. Ek wil hê my kinders moet met maatjies kan speel en partytjies kan hou in person. Zoom Zumba is ok, maar dis lekkerder met mense.
Ek hoop die ekonomie oorleef, ek hoop klein besighede kan survive. Ek hoop sanity in plaas van politics prevails. Tot dan, van my huis na joune, happy lockdown.
Comments