top of page
Search
nikivanwyk

Oukersaand 2019

Hier is ons alweer op die vooraand van Kersfees en ek is mal daaroor om terug te dink aan al die vorige adventurous Oukersaande wat ek saam my klein familietjie beleef het.


Die jaar is `n redelike normale Kersfees. Ons bly in `n beautiful huis in die Wilderness met `n pragtige uitgeruste kombuis, views van die see wat vir maande aangaan en so kan ons dus vannaand die tradisionele skaapboud en trimmings gaarkry. Die eienaar van die huis het vir ons kinders `n krismis reindeer opgeslaan en dit gaan `n pragtige warm, somer Kersfees wees. Ons gaan netnou strand toe, sodra Gerhard en Luka van hulle super secret mission terugkeer en vannaand sal ons sundowners op ons stoep drink en kyk hoe die son sak.


Luka het verlede Kersfees sadly uitgevind dat Kersvader al die tyd haar Pa, Ma en Liam was. Sy insist dat sy vannaand die koekies gaan eet. Met die dat die geskenke reeds onder die krismis reindeer lê skud sy nou al die hele week aan elke boks ten spyte van die feit dat sy self gevra het vir fingerlings. Liam hobbel hier rond op sy krukke. Seriously sad dat hy nie soos `n mal ding in die see tekere kan gaan nie.


Verlede jaar was ons in Namibië, Swakkopmund, by Langstrand, in `n pragtige penthouse met breathtaking views. Die penthouse se kombuis was egter maar aan die karige kant wat potte, panne en `n decent size oond aanbetref en so het Liam se droom van gebraaide skaaptjops saam die groente van skaapboud waar geword. Daar was nie `n boom nie, maar `n tak met `n paar Christmas liggies en 'engels' soos Luka hulle genoem het wat ons erens op `n klein dorpie aangeskaf het.


In 2017 spandeer ons Kersfees in New York. Very Christmassy, maar ons bly in `n hotel in Manhattan. Geen skaapboud vir die van Rooyen kinders die jaar nie. Dis vrek koud, wil-wil sneeu, en elke keer as ons die hotel verlaat wil Liam en Luka huil oor dit so koud is. Ons eg Suid-Afrikaanse puffer jackets help natuurlik net mooi niks teen `n bomb cyclone wat New York daardie week tref nie en die temperatuur sak tot minus 21! Ons ontdek `n pizza plek naby die hotel en eet amper elke maaltyd pizza. Vir Oukersaand besluit ons dis tyd vir verandering en ons gaan eet by `n regte egte American diner wat deur `n tweeman span beman word. Een kook en die ander is die waiter, barman, deurman ens. Burgers, chips, milkshakes en bier op Oukersaand makes for a fine meal.


2016 was `n meer gewone Oukersaand. Ons was vir twee weke in Mauritius voor Kersfees en kon dus `n meer tradisionele familie-kersfees vier. Gerhard het natuurlik op pad Middelburg toe besef dat hy nooit die boks met die geskenke ingelaai het nie en so het ons op die plaas aangekom, en Gerhard het dadelik weer in die pad geval Gauteng toe om die cursed krat met geskenke te gaan haal.


2015 en 2014 was Mozambiek jare en in 2014 het ons by `n fantastiese restaurant genaamd 'Come to Sea' ons Oukersaand maal genuttig. Luka het regtig gedink dis Christmas, want sy kon unlimited prawns eet. Sy love prawns en in Mozambiek mag sy maar twaalf kry, dis cheap. In Suid-Afrika kry sy net die vyf kiddies ‘pan o prawns’ by John Dorys of Ocean Basket. Ek dink natuurlik nie dis `n great plan nie aangesien ek die eer en voorreg het om elkeen van Luka se twaalf prawns te skil.


2013 en 2012 was ons Prince’s Grant toe. Met klein kinders was Natal so ver as wat ons dit kon waag. Ons het ons eie bome saamgery en wortels vir die reindeer en koekies en melk vir Kersvader uitgesit. 2011 se Kersfees was weer op die plaas by my Pa. Albert was Kersvader en ek onthou Natan het geklik en vir Kersvader vertel Liam het nie sy groente klaargemaak nie.


Ek love Kersfees, dis die tyd wat mens het om saam te spandeer. Al die Uno wat gespeel word, die ure in die swembad. Om nie ons hare te veel te kam nie, om nie te worry oor grimering en high heels en deadlines nie. Daar is nie traffic nie, ons lees boeke, ons drink gin met spectacular views. Ek love die memories.


Geniet Kersfees, of dit nou hamburgers, skaapboud of prawns is. Met liefde van die van Wyk van Rooyens, Wilderness, 2019


6 views0 comments

Recent Posts

See All

Augustus

Comments


bottom of page