Ek het gister vroeg opgestaan. Opgewonde dat mense van my ouderdom ook nou gevaccinate kan word.
Afspraak gemaak vir na werk. Mooi aangetrek, want dis 'n groot dag. My hare geblowdry. Mascara aangesit. Mens kan nie soos 'n uitgewaste lap lyk op so groot dag nie!
Heeldag gewerk. Banke werk ekstra hard as dit swaar gaan.
4 uur met groot excitement en my mediese fonds-kaart saam Gerhard in die kar gespring. My hart het vinniger geklop. This is it. 'n Glimmer of hope in die overwhelming donker waar alle Suid-Afrikaners hulself bevind.
Ons kom daar. Die site is toe. Strikes. Ek is sad.
Vanoggend staan ek op. Vasbeslote. Vandag kry ek 'n vaccine come hell or high water.
Ons maak afsprake. Ons scramble. Gerhard sê Mauritius maak oop as jy vaccinated is.
Ons ry...die rye is lank...ons kom na die Midrand Taxi Association toe. Die rye is kort. Die mense is vriendelik. Ons kry water in die ry. Ons kry reassuring kyk. Die staff kom vertel ons die rye is nie lank nie. Wag gerus!
Ons voel hoop. Mense maak geselsies. Mense lag. Ons staan maklik vir die tyd in die ry.
So vandag op my Ouma se verjaarsdag gee ek vir myself 'n gift. 'n Jab of Phizer. Ek gee myself 'n kans om te travel. Om op verjaarsdagkoeke te blaas. Om in treine te ry. Uit te eet. Museums te besoek. As jy al ooit moes queue om die Mona Lisa te sien of die dak van die Sistene Chappel wou sien dan het jy immunity nodig.
Vandag voel soos hoop. As die Taxi Association meer effektief as jou mediese fonds is dan is daar hoop. As die Taxi Association laat weet hulle cover jou suburb ook van die vulnerable kante af, dan kan ons slaap. As die politicians moet panic, want mense wat hulle dink mekaar surely moet haat staan saam dan kan dit elke dag net beter gaan.
コメント