top of page
Search
nikivanwyk

Ons moet beter doen as 'n land

Updated: May 16




Ek is daai ma. Ek maak dit minder na my kinders se buitemuurse aktiwiteite toe as meeste, maar as ek dit die dag maak en my kind speel hokkie, en hulle kom op die veld, pik ek 'n traan. As een aan 'n revue deelneem en die gordyn lig, kry ek 'n knop in my keel. Die uitslag maak nie saak nie, ek like die spangees en die deelname en ek dink my outjies is wonderlik! Ek is altyd super verbaas dat Liam, die breinskade baba normaal is, stout is, en so kom hy soms met moord weg. Vir Luka en haar skaamgeid is ek bly as sy net actually op die bus klim en by whatever aktiwiteit uitkom!


Al hou ek nie noodwendig van rugby nie, is my gunsteling deel van enige rugby toets die begin.


As die impi's op die veld kom. Lekker. Trots. Groot! In hulle velle. Hulle blink, hulle is majestic. Dis lekker. As iemand die Nieu Zeeland Volslied sing gevolg deur die Suid-Afrikaanse volkslied waar almal deesdae die woorde ken, nie soos net na apartheid toe almal net die Afrikaans en die Engels geken het nie. Dit was effens embarrassing in die begin jare, maar nou ken ons almal die woorde.


Ek kyk vir die Springbokke as hulle sing. Die rainbow nation. Letterlik. Elke een ken elke woord. Oë toe soos die emosie hulle oorkom. Wit, swart, Afrikaans, Engels, Zulu, soms tot die odd Zimbabwean en basies elke taal behalwe gebare taal.


Die impi's, die impi's kry my elke keer. As die drie jong trotse Zulu's met hulle hande op hulle harte "uit die blou van onse hemel" sing dan is die knop in die keel en ek pik die traan, want ons behoort as 'n land beter te doen.


Waar anders gebeur sulke goed, sing impi's in Afrikaans op wêreldklas sportgronde met der duisende mense? Waar anders is daar 'n ding soos Faf pants, i.e. 'n onderbroek van die landsvlag, famous gemaak deur 'n ou met langerige blonde hare gedurende die vorige rugby world cup? As ek reg onthou het Faf Prince William in sy ontie ontmoet.


Die mense is nie die probleem nie. Die deursnit Suid-Afrikaner koop in. Is trots op Suid-Afrika, sy mense, alles wat ons het. Enige mens wat gereeld travel sal saamstem, daar is nie nog 'n plek soos Suid-Afrika nie. Die mense provide werklik Africa's warmest welcome. Die grond ruik anders in Suid-Afrika.


Daar is nie 'n woord in die ganse wêreld meer expressive as 'n Suid-Afrikaanse "jissis" of "fok"nie en daar is nie 'n groter smile as 'n Suid-Afrikaanse smile nie.


Ons het alles, mense, wyn, bier, wêreld-klas chefs, die see, die berg, die bos, woestyn. Toerisme, minerale, educated mense. Die werklik 'n land van opportunity! Daar is wel meestal nie krag nie, maar dis ok. Mense het solar en generators.


Hoe het ons hier gekom...waar die education omgeval het, die hospitale nie dokters het nie en die paaie meer potholes as teer het. Waar niemand bang is vir die Polisie nie. Waar die Polisie nie karre of guns het nie, dis gesteel.


Waar ons ons kinders aanmoedig om super selfstandig te wees dat hulle hopelik op 'n ander kontinent kan gaan studeer met streng instruksies om dan nie terug te kom nie. Hulle kanse op 'n beter lewe is groter buite hierdie spesiale land.


Hoe kners mens elke dag op jou tande en betaal nog belasting sodat die regering dit kan steel. Hoe sit mens elke dag in verkeer vas met 'n pepper spray op jou skoot ingeval iemand jou dalk wil hijack. Hoe?


Liam se grootste vrees is dat hy nie weet hoe om kos te maak as hy die land verlaat nie. Luka is bekommerd oor haar kinders wat dan nie Afrikaans gaan wees nie en ek sit en wag vir 'n miracle. Ek wil nie regtig in Portugal oud wees met Engelse kleinkinders wat van Londen en Miami af kom kuier nie.


Kan 'n grootmens dalk kom ingryp hier? Miskien moet die Springbokke oorvat en Siya die President wees? Die impi's kan dalk begin om die crime te tackle?



284 views1 comment

Recent Posts

See All

1 comentário


lurinda123
06 de ago. de 2022

Ons het oor dieselfde gepraat vanaand, sport (rugby) en nie politiek nie het die vermoë om ons beautiful land en amazing mense te verenig!

Curtir
bottom of page