Ons creche
- nikivanwyk
- Jul 4, 2021
- 1 min read
Hoekom die hadeda ma sal kies om die kuiken by ons te kom grootmaak weet nugter alleen. Gerhard jaag elke aand 6pm 'n troppie weg wat naby ons kamer slaap. Dis dieselfde Gerhard wat gister die kuiken moes kom red van ons vicious attack yorkies.
Die ma sit heeldag by die outjie en sy vat hom om te wei...hy gaan vinnig moet leer vlieg, want hy hou nou daarvan om teen ons garage deure te sit en bak in die son. Voor Gerhard ry dan kom sê hy ek moet mooi kyk voor ek ons hadeda dalk raak reverse.
Dit gaan woes hier om die dingetjie uit harms way te hou.
Dan het die grys loeries ook kleintjies. 4 van hulle. Baba grys loeries klink soos hondjies wat tjank of gremlins voor hulle in die aand eet.
Die loeries kom vra vir appels, en toe ons gister laat die appel uitsit toe kom die gesin van 6 en kuier. Ons sit op die stoep en die loeries loer vir ons uit die boom. Soos Gerhard sê, so asof hulle vir ons die kleintjies kom wys het.
UPDATE:
Ons het die baba in in die groen strook langs die huis gesit. Die stress levels om hom weg van die karre, tuindienste en honde te hou was te veel.
Gister middag gaan loer ons. Lekker sit hy langs sy ma by die waterstroom.
Vannaand na aandete skree die ma iets vreesliks...ons gaan soek. Kry niks...na 'n ruk spot ons hom. In 'n boom. 'n Klein boom, maar 'n boom nonetheless! Hy leer definitiewe fladder skills aan.

Comments