top of page
Search
nikivanwyk

`n Paar indrukke oor Revue - iets wat ek in 2019 geskryf het en van vergeet het

revue

/rɪˈvjuː/


noun

a light theatrical entertainment consisting of a series of short sketches, songs, and dances, typically dealing satirically with topical issues.


Revue kom van Frans en was skynbaar tussen 1916 en 1932 vreeslik populêr. Wel ek kan vol vertroue sê dat revue tans weer in `n goue fase is, in Pretoria en die Oos-Rand.


As een van jou kinders op `n Sondag vir jou vertel dat daar `n suspected gat in een van hulle tande is, dan maak mens seker maar soos `n goeie ma `n afspraak by die tandards, maar as jou kind `n revue kind is, gooi jy eers `n klein tantrum, veral as jy weke laas die hele week by werk was onder andere as gevolg van revue. ‘Musical theatre’ is glo die Engels vir revue. Wens ek het dit vroeër geweet. Ek werk in Sandton, saam Engelse mense. Nie een van hulle het al ooit die woord revue gehoor nie. My verduidelikings van `n ‘song and dance show’ en my gepaardgaande afwesigheid van die werk is nie heeltemaal verstaan nie.


Ek was in 1990 in `n revue, wel, dit was `n revue genoem. Daar hang `n baie onvleiende foto van my in Hoërskool Middelburg se klubhuis waar ek in `n aaklige sirkel skirt redelik wydsbeen en gatvol op die stage sit en die verte in staar. Ek onthou nie veel van die produksie nie, maar ek ken die diskant van “Take me home, country roads” steeds. Ek verseker julle die is nie soos vandag se revue nie.


Mens kry skynbaar revue skole. Revue is groot! Die ouers het supporters t-shirts en van die diep Oos-Rand mense het selfs krete wat luidkeels met die hulp van drank op die staatsteater se balkon uitbassuin word en ons first timers redelik nervous maak.


'Kort mens `n kreet? Waar kry ons tshirts? As daar nie gin en tonic by die staatsteater is nie, hoe is die mense so vol selfvertroue en so loud?' is alles legitimate vrae wat ek myself die afgelope maand gevra het.


Iemand my vertel het graad twee’s maak dit selde tot in die revue. Hulle is basies soos golden retrievers, untrainable. So is skaam Luka uit eie wil na die oudisies vir die junior revue toe en ek het haar al begin voorberei dat net `n handvol graad twee dogtertjies dit actually maak.


Liam is nog altyd mal oor sport, kan so bietjie dans, meestal moves wat hy op Fortnite aangeleer het soos die Flos en Orange Justice. Hy kan verseker nie noot hou nie en om die skool se beleid van deelname aan ten minste een sport en een kulturele aktiwiteit na te kom was nog altyd moeilik vir `n seun wat van rugby, tennis en krieket hou. So besluit Liam hy gaan dan nou ook die jaar aan die oudisies deelneem.


So is ek einde Januarie in die Kaap en ek kry nie een oproep van die huis af nie, maar twee…altwee my kinders het die oudisie geslaag, een is in die junior revue en een in die senior revue. Op daardie stadium het ek nog geen idee gehad wat die sou behels nie.


Daar word baie geoefen. Die kinders het van Januarie tot Augustus elke week twee en `n half ure geoefen. Daar is gemeet vir die dood en toe het daar kostuums by die huis aangekom. Liam se groep moet `n costume change doen, en so het elke kind `n boks nodig waarin die spaar klere en die props bly. Luka moes voor elke optrede met `n bolla in die middel van die kop skool toe. Die bolla kan nie te groot of nie te klein wees nie en moes hou vir ure! La pebra is ruimskoots aangewend.


Die kinders vertrek in die oggende as hulle optree per bus staatsteater toe, met die bolla op die kop en genoeg kos om hulle `n rukkie te hou, want soms was die optredes eers nege uur in die aand. Liam het een aand `n wardrobe malfunction gehad en nie besef die rek agter in sy broek het gesnap nie en so het hy vir `n redelike groot skare geflash.


Die eerste keer wat ons die senior revue in aksie gesien het was in Krugersdorp. Hulle was pragtig, maar ek was amper daardie aand doof huis toe soos die ouers van die (meestal) Oos-Rand skole geraas gemaak het.


Die eerste keer wat ek Luka sien optree het was in die staatsteater en my senuwees was klaar. Dis die staatsteater for heavens sake. Wat dink die revue organiseerders, Luka is agt. Sy gaan stage fright kry en in die hoek sit en huil. Die gordyn lig en daar sit die kleinste ou dingetjie in haar sparkly outfit en sy dans soos `n champion! Gewoonlik huil ek snot en trane as enige een van my offspring iets ouliks doen, maar toe ek weer tot verhaal kom skree ek net so kliphard soos daardie Oos-Rand tannie. Miskien selfs harder. Sonder die luxury van gin, want die staatsteater is fickle soos `n vrou en het net soms gin, soms tonic, altyd crossbow cider en net elke nou en dan ys. Vir wyndrinkers is daar so drie bottels wyn.


Wat het revue my geleer? Geduld. Geduld om te wag dat die kinders klaar oefen, elke week, soms op Saterdae, soms tot sewe uur in die aand. As jou seuntjie in graad 5 is gaan hy props aandra, so jy gaan nog langer vir hom wag. Super haarvaardighede om bolla’s voor skool te maak. Hoe om my twee arms soos agt te laat voel as ons vannaand na elf daardie selfde bolla moet uithaal en industrial strength make up moet verwyder terwyl my agtjarige soos `n slap, dronk mens op die bed lê, ledemate nie in staat om te help om uit die kostuum te klim nie. Droogskoonmaak skills, om met behulp van Day Two spray die fragile revue kostuums op die bank skoon te maak. Naaldwerk om rekke in broeke terug te werk. Dat mens harder kan klap en jou vingers nie blou sal raak as jy sonder jou trouring performances bywoon nie. Hoe om met glitter saam te lewe. Daar is glitter op alles insluitend jou kar se sitplekke en jou eie klere. Hoe om van glitter ontslae te raak, soms het ons vanoggend `n bolla gemaak, hy is vannaand geglitter en dan laat weet die juffrou more se hare moet skoon, dis `n ‘no glitter venue’.


Ek het ook die resep begin raaksien. Vat klomp kinders, jy kort baie, so tagtig plus, grotes en kleintjies. Die grotes is onder andere om die kleintjies op te tel. `n Akrobaat of twee help. Treffende kostuums met `n certain iets, glitter, glow in the dark. Spectacular make up. Glitter en gel wat skole obviously in 25l emmers koop. Jy kort `n koor wat kan sing en die musiek record, lekker musiek met beat. So tussen tien en vyftien minute se liedjies aanmekaar geweef in `n tema. Daar is net soveel tema’s. Jungle, army, sirkus, warriors. In jare wat vooruitgegaan word deur `n nice musical fliek soos The Greatest Showman kan ek jou guarantee dat jy die musiek ten minste in tien verskillende revues gaan teekom. Ek aanvaar die jaar wat Rock of Ages uitgekom het was rock `n groot revue tema. Dit help as jy `n lekker Afrikaanse song ingooi. Die skare gaan mal. Iets met `n beat, `n bokkie of `n baby. Die judges lyk almal soos opkomende Afrikaanse sangers. Die beat baby bokkie tipe. Daar is `n sekere skool van Centurion wat so geslaag het om `n hele revue te bou rondom `n vreeslike aardige liedjie oor tennis. As iemand in my huis, waar ons nie eintlik die Afrikaanse musiek ding doen nie, weer “O jy’s `n ace, jy’s `n catch, game, set, match” sing gaan ek hulle met `n emmer glitter gooi om hulle stil te kry. Oor props is ek undecided. En dan kort jy die skare om te skree.


Ek het `n paar brokkies advies om uit te deel. Ek het by die meer seasoned revue ouers afgeloer en ek sien dat mens heel voor in die gehoor kan sit en `n Kindle kan bestudeer. Mens kan vir jou kind kyk, uitslip, gaan vir aandete en `n paar drinks en jy kan terugslip. Jy gaan dieselfde revue, nie net jou eie skool s’n nie, naderhand vier vyf keer elk sien. Dis baie.


As jy staatsteater toe gaan en nie van crossbow cider hou nie is daar niks verkeerd met `n hipflask en `n paar blikkies tonic in die handsak nie. As jy brood met Nutella maak en dit met `n cookie cutter in sterretjies sny is die kans goed dat jou agtjarige eet en effens makliker raak om te hanteer as jy die bolla moet undo. `n Bunmaker met `n loomband oor maak `n pragtige bolla. `n Icebrick in `n kosblik hou vrugte en kouevleis die hele dag en nag vars. Merk alles, want erens gaan jy rooi lipstick en skoene verloor, nes dronk mense, I told you.


Gaan ek revue mis noudat dit verby is en ek van Woensdag tot Saterdag die week amper dertig ure lank sit en revue kyk het? Verseker! Sien ek uit na die breek voor revue 2020 afskop, hell yes.






477 views0 comments

Recent Posts

See All

Comentarios


bottom of page