Marita van der Vyver is my idol. Ek hoop om tog erens eendag in Marita vas te loop en vir haar te sê hoe baie haar boeke vir my beteken. Ek het in 'n huis grootgeword waar daar dalk twee keer gedink is oor flieks met ouderdomsbeperkings, maar boeke, nooit nie. Ek het Daniel Steele op laerskool begin lees en toe ek net-net `n tiener was het Griet skryf `n sprokie uitgekom en well, the rest was history. Die Dinge van `n kind is `n boek wat ek steeds elke nou en dan nader sleep en weer lees. Ek voel of ek Mart kon wees. My droom was om in `n dakkamer in Parys te bly, te skryf en Franse sigarette te rook en copious hoeveelhede Franse wyn te drink. Marita was my een voor en het op die Franse platteland gaan bly, met `n Franse man getrou en beautiful boeke geskryf, insluitend "`n Baie lang Brief aan my Dogter".
Nou is ek middeljarig en ek bly in Midstream. Ek het 17 jaar terug opgehou rook en ek drink gin eerder as wyn. Ek werk te hard, so ek kom nie heeltemaal ooit by skryf uit nie, maar eendag bly ek en Gerhard dalk tog in `n vreemde land en dan, dan gaan ek skryf, soos Martita.
Fan girl moment aside, ek wil graag `n brief van medium lengte vir Luka skryf. Liam se brief sal nog kom.
Liewe Luka
Iemand wat saam my werk, en wie ek dink die toonbeeld van sukses is, het `n paar weke terug vir my gesê haar sussies het al die talent gekry en sy niks nie. Dis na `n gesprek oor haar wat die Midmar myl onlangs geswem het, en as ek dit reg onthou hardloop sy maratonne ook.
"Nee maar jy is obviously talented" sê ek, "mens swem nie `n myl en verdrink nie sonder `n groot skeut talent nie!" Sy insist, haar sussies het al die talent, haar enigste talent is dat sy kan aanhou. Sy gee nie op nie. Sy swem, al wil sy verdrink, tot sy weer aan wal kom. Sy hardloop, al is dit stadig, tot sy klaar is. So begin ek wonder, wat sal ek eerder hê: Tonne talent, of die vermoë om aan te hou. Een voet voor die ander tot mens kom waar jy wil wees.
Liewe Luka ek self het bittermin in the way of talent. Nes my oulike kolega dink ek my enigste redeeming quality is dat ek ook maar aan en aan en aan hou tot ek kom waar ek moet wees. My Pa is atleties, hy het Comrades gehardloop en was `n lekker rugbyspeler. Ek onthou my dae in Laerskool Middelburg as redelik pynvol aangesien ek nie `n uitblinker in enige iets was nie. Ek kon so bietjie sing, nie genoeg om ooit die koor solo te kry nie. Ek was nie mal oor netbal nie, daai voetfoute was te veel vir my brein, en as `n kort dogtertjie kon ek nie actually die bal in die doel kry nie.
Ek is moer stadig, atletiekuitdunne was altyd fun as mens amper heel laaste kom, dis net die kind wie se gips die dag vantevore af gekom het wat stadiger as ek was. Ek wou nie `n cheerleader wees nie, want ek wou nie aandag trek nie. Langafstande lyk altyd maklik tot mens wegtrek en besef die kinders wat langafstande hardloop is nie juis stadig nie en hulle hardloop 10 kilometer teen `n vinniger pas as wat die uitdunne vir die 100m was. Gewigstoot en spiesgooi was ook nie opsies nie, ek het myself oor die kop geklap met die spies en dan moet mens noodhulp kry en met `n verband wat jou soos `n Springbok stut laat lyk sit vir die res van die dag.
Ek het twee linkervoete en ek het in die Hoërskool moderne danse begin doen. My sussie was `n fantastiese natuurlike danser. Ek was stokkerig en kon nie eers die opwarming van sulke spring in die lug splits bemeester nie, maar ek het aangehou en uiteindelik was ek nie iemand wat noodwendig in die ensemble van Mamma Mia sou kom nie, maar ek het ordentlike punte in die eksamen gekry.
Hokkie het in ons dae eers in die Hoërskool begin, en daar was ek `n heel average link. Ek kan eerlikwaar nie onthou vir watter span ek gespeel het nie, maar wat ek weet is dat dit lekker was om in die bus te ry en te gaan hokkie speel. Daar was net Grays stokke en swart Adidas tokse wat meer soos sokker skoene gelyk het as iets anders en gumguards was definitief nie vir ons beskore nie.
Ek is nie `n akademiese reus nie, maar ek het matriek en twee grade. Ek kan nie onthou waar die tans is nie, maar as jy my akademiese transcrips gaan aanvra sal jy sien ek is nie die cum laude student nie.
Ten spyte van my mediumness Luka, het ek `n man, twee oulike kinders, twee cute honde en `n Sekai. Ek het nie geweet wat ek wil word nie en het so heel per toeval op `n career afgekom waaroor ek mal is en ek werk by `n company wat ek idolise.
Ek het so 10 jaar terug `n klomp mal goed gedoen. Een was om `n hokkie club in Midrand te join. Ek was die ster speler en ek was skielik `n voorspeler. Wat ek eers besef na ek vir die eerste game pitch, is dat die Pienkies van Midrand almal studente is. Hulle is effens onfiks en kom meestal bleary eyed met gisteraand se mascara nog aan by die venue aan. Ek was op daardie stadium super fiks en sterk na jare se gym en so is ek die enigste een wat actually kan hardloop. Wie sou kon dink? Ek het nie lank hokkie gespeel nie, op my brose ouderdom met `n nuwe competitive streak sou ek verseker `n hartaanval kry as ek moes aanhou speel.
Dieselfde tyd besluit ek kom ek kyk wat al die fuss oor is en ek gaan Warrior Race. Genade, dis `n gehardloop deur modder en jouself aan jou arms monkeybar style oor hindernesse sleep en jy sal my nie glo nie, ek is top 10 vir my ouderdom.
Die punt wat ek vandag wil maak, is niks van die goed wat mens dink baie saakmaak as jy dertien is, maak vreeslik veel saak na so 26 nie. Niemand het nog ooit as ek vir `n vergadering opdaag vir my gevra wat my 100m tyd in Graad 6 was en of ek eerste span hokkie gespeel het in Standerd 10 nie. Geen mens wat my paspoort scan voor ek op `n vliegtuig klim vir `n lekker vakansie op `n eiland vra vir my of ek die hoofmeisie was toe ek 13 was nie. 13 is so lank terug, ek kan dit eintlik nie eers onthou nie! As mens 13 is, voel al hierdie goed verskriklik belangrik, en dalk is dit, maar ek dink jy gaan heel ok wees. Iemand het toe ek 13 was vir my gevra of ek in die bol gepik is, dit onthou ek wel soos gister.
Mens moet skool geniet! Daar is net twee redes om skool toe te gaan. Die een is om genoeg te leer om verder te kan studeer as dit is wat jy wil doen. Die ander is om fun te hê. Skool is lekker! Mens is buite, jy kan hokkie speel en hardloop en cheer en doen net wat jy wil, solank jy `n hoed dra. Dit maak nie saak vir watter span jy speel nie, speel net. Om aan te hou en uit te hou gaan jou baie meer oor die lewe leer as om te wen of vir die eerste span te speel. Jy kan goed doen wat jy waarskynlik nooit weer na skool gaan doen nie. Jy kan sing op `n stage, in `n kostuum, met fake eylashes en glitter. As ek op my ouderdom in fake eyelashes pitch gaan mense my dalk met `n drag queen verwar. Dra die glitter terwyl jy kan Luka! Uithou en aanhou.
As mense sê mens moet dans asof niemand kyk nie is hulle reg, want voor jy weet wat aangaan is jy 47, jou knieg kraak as jy in die oggend opstaan en mens moet red bulls en espresso drink om deur die dag te kom. Ironies dat ek nou op my ouderdom `n hardloper of sorts is. Die enigste kans wat ek dalk sou kry om te dans is by `n troue, maar almal wat ek ken (behalwe een of twee stoere batchelors) is reeds getroud en hulle lyk moer happy, so die kans op `n tweede huwelik is maar skraal en so dans mens maar gou in die aand terwyl jy `n pot pastasous staan en roer, en dan rol jou teenagers hulle oë, want hulle Ma (dis ek) is alweer weird. Ek hardloop vir my mediese fonds en om cheap (er) vakansie te hou. Wie sou kon dink ek, wat gehyper ventilate het op laerskool sal nou `n drawwer wees?
Liewe Luka, jy is vir my die mooiste klein fyn dogtertjie met `n mooi hart. Jy is lief vir diere, jy curl graag jou eyelashes en is mal oor cosmetics en klere. Maar Luka, jy is slimmer as wat jy dink, jy kan sing, en dans, en jy is die vinnige een in die familie. Jy kan `n hokkiebal moker dat mense hulle duur nuwe tande (te danke aan die ortodontis) sal verloor. Glo in jouself soos ons in jou glo en wees net happy, dis al. Late bloomers kom ook eendag waar hulle moet wees.
xxx
Jou ma
Comments