top of page
Search

`n Baie lang brief aan my seun

nikivanwyk


Ek raak nie gereeld angstig nie, maar verlede jaar September was ek `n rukkie lank vreeslik angstig. Die skoolhoof het vir ons (toe Graad 9) kinders gesê dat hulle dalk nie op Odyssey gaan gaan in 2024 nie aangesien so baie van hulle die Graadkamp geskip het. To be clear, Liam was op die Graadkamp. Odyssey is `n coming of age journey waar Graad 10 leerders sonder luxuries, tegnologie of baie kos vir `n week of wat op toer gaan.


Die algemene terugvoer is dat jy `n kind stuur, en `n redelike volwasse jong mens terug kry. Een wat dieper dink oor die lewe en dankbaar is vir alles wat hy het. So sonder `n device as jy fietsry, stap, bergklim en kamp is daar seker baie tyd vir diep introspeksie. Liam is ook `n ou lid van die skool se adventure club, so `n tent en `n decent slaapsak is lankal in die van Rooyen huis se kamp krat en ek hoef nie soos soveel ander ouers `n nier of twee by Outdoor Warehouse te gaan ruil vir `n three season two man tent nie. My niere is lankal al in daai winkel gelos.


Een van die goed wat op Odyssey gebeur is dat die ouers `n brief vir die kinders skryf, en die kinders ook `n brief aan hulle future self en aan hulle ouers. Ek skryf lank al aan die brief in my kop, so ek sou devastated wees as ek nie vir my kind kon skryf nie.


Die is my brief aan Liam. Die handgeskrewe weergawe is skool toe. As mens die brief skryf met die hand is hy 12 bladyse...just saying!


Liewe Liam


Jy is baie spesiaal. Ek weet almal dink hulle kinders is spesiaal, en hulle is reg. Maar jy is super spesiaal aangesien jy `n paar odds defy het om hier te wees. Bo en behalwe hier wees, is jy vir my `n aantreklike jong man (dit was nie so toe jy gebore is nie), jy is super slim (dit was nie duidelik dat die wel so gaan wees toe jy gebore is nie), en jy is gaaf, solid, het `n goeie hart en is `n born leader (ek vermoed jy is wel so gebore).


Jy is die eersgeborene, dis `n belangrike werk. Vra my, ek weet. Ek is self die oudste van vier kinders. Van Oupa Abrie en Ouma Lettie se kinders is dit ek, in 1977 gebore, toe Tanja, 1980, Albert, 1984. Van Oupa Abrie en Ouma Brenda se kinders is Natan in 2008 gebore. Die oudste kry swaar. Die oudste moet nie net hulle eie lewens uitfigure nie, maar die oudste moet ook die ouers (parents / 'rents' soos julle ons noem) leer hoe om te parent. Sien, ons weet ook nie. Ek sal jou `n geheim vertel, ek het nie `n flippen clue gehad wat ek gedoen het toe ek en Pappa (Big Dog) jou gekry het nie, maar we are faking it till we make it. Ons weet steeds nie wat ons doen nie, maar ek hoop jy dink ons doen darem meestal `n goeie job parenting jou en jou sussie.


Ons was oorstelp van vreugde (ou Afrikaans vir over the moon) toe ons uitvind jy is op pad. Ons kon sien jy gaan nie `n reus wees nie (mens gaan vir baie scans voor jy 40 weke later met `n baba huis toe gaan). Erens het die dokter bekommerd geraak, dit wou lyk of jou kop ophou groei het. Ons was vir scans by `n fancier hospitaal en is gerusgestel dat alles ok lyk, maar dat ek maar in die bed moes bly vir die laaste paar weke voor jou koms. Uitendelik breek die dag aan, 27 Junie 2008 en ons is met `n moerse pakkaas Unitas toe. Jy wou net nie actually uit nie. Na `n baie lang dag in die kraamsaal, it turned out daar was wel iets fout en ek het placenta abruptia gehad. Die laaste paar minute voor jy die wêreld binnekom was daar nie kontraksies nie en so is jy met instrumente die lewe in gehelp laat die middag van Vrydag die 27ste Junie. Jy was basies dood, en jou APGAR (appearance, pulse, grimace, activity and respiration) score was 1/10. Meeste babas se score is so 9, en vyf minute later as hulle die toets herhaal, is dit 10.


Jy is weggehaas neo-natal toe, dis waar die siek baba's aansterk. Ek het in die verbygaan vir jou Pappa geskree hy moet saam, netnou steel iemand jou en jy het nog nie tags aan jou voete nie. Toemaar troos die dokter, hy het `n moerse cone head van die tools waarmee ons hom moes uittrek, en hy is blou en haal nie asem nie, niemand gaan hom steel nie. So begin die langste paar dae van my lewe. Ons kry `n super spesialis, Dr Lippert. Hy is `n pediatriese neuroloog. Die kinders vlieg van reg oor die wêreld om deur die dokter behandel te word. So kry jy baie medisyne en bloedoortappings en word vinnig gesonder.


Ons kan jou vashou. Ons sit ure in die teekamer van Unitas se neo-natal en kyk vir jou. Jy is die vetste baba in neo-natal omdat jy basies al gaar was en op 40 weke gebore is, die ander baba's is prem. Die nurses love jou, `n charmer since day one. Daar is baie pype en tubes en goeters in neo-natal, goed wat beep en skree, dis `n aaklige plek. Jou kop kan op die stadium net gesonar word, ons moet wag vir die swelling om significantly te sak voor ons `n MRI scan kan doen en dan sal Dr Lippert weet of jy breinskade het of nie. Jy is vir my mooi, al het jy `n conehead. Jy het `n stork bite, dis sulke rooi kolletjies waar die ooievaar jou gepik het tussen jou oë. Teen die tyd aanvaar ek ons hoef nie meer `n ooievaar gesprek te hê nie ne Liam? Ek wil mal word, ek word actually mal. Al is ek nie `n akademiese reus nie het ek en jou Pa so `n paar grade tussen ons, en dit voel maar vir my of mens makliker deur die lewe gaan sonder breinskade. Dr Lippert het wel op aand een vir my kom sê 'Kyk hoe mooi is Liam, mens is seker tevrede as jy so oulike baba het' Daar het iets geclick. Breinskade of nie, jy was ons baba en ons sal vir jou groot kry, maak nie saak hoe nie.


Die dag van die MRI scan breek aan, jy word gedrug, jy moet doodstil lê vir die oefening. Daai masjien maak een helse geraas, ek was nie gedrug nie, ons was traumatised. Ons is terug neo-natal toe en `n ruk later daag `n koevert met die MRI scan in op. Die verpleegster wat seker maar net wil help sit die x-straal like plate op teen die muur met die lig. "Ag dis nou jammer sê sy. Kyk al die dooie kolle op sy brein. En breinweefsel groei nooit terug nie." Liam, ons was verpletterd (ou Afrikaanse woord vir moer toe). `n Kind met breinskade. Hoe, wat, wat, WAT DIE FOK??? Skuus Liam, maar ek weet jy ken darem die woord.


`n Rukkie later kom Dr Lippert en kyk na die plate, 'Ag daai dooie kolletjies, dit maak niks nie sê hy.' Die brein is plooibaar en maak nuwe pathways - of so iets. Ons moet jou vir opvolg besoeke bring, maar jy is 100% fine en ons kan maar gaan pak, jy mag huistoe gaan. Dr Lippert sê jy kan dalk later epilepsie kry, maar dis behandelbaar.


So kom ons drie uiteindelik by die huis aan, jy is ok, ons is moeg, ek het erens in die laaste paar dae begin om effens mal te word. Severe post natal depressie - ek het basies nie die sin van die lewe gesien nie. Depressie is nie `n mooi ding nie en ek wens dit vir niemand toe nie. Jou Pa het ingegryp, my dokter toe gevat en vir `n week of wat saam ons tuis gebly om te kyk dat die medisyne inskop. Toe gaan dit baie beter.


Maar daai nurse se woorde het by my gebly. Ek was so bang sy was dalk reg, en die baie geleerde Dr Lippert het dalk `n fout gemaak. Ek sou nie `n dom kind hê nie. Onder geen omstandighede nie. So het ek en jy met `n intensiewe program begin, wiskunde, wetenskap, ek het vir jou gesing, gelees, ek het met jou gedans. Na ek elke boek in ons huis vir jou gelees het, het net die Latynse woordeboek oorgebly, toe lees ek hom ook vir jou. Ek en jy het Kindermusiek gaan doen, die mense het baie mooi met my gepraat en gevra of ek jou nie eerder op so 6 maande weer wil bring nie, want op twee weke oud het jy basies gedrool of geslaap, of altwee. NEE, ons druk deur en ek het daai blokkies en klokkies geskud en gesing of my (en jou) lewe daarvan afhang.


Ek het jou elke week babakliniek toe gevat. Die suster se naam was Heike Millar en ek dink sy het my letterlik staande gehou. Sy het jou kop gemeet, dan sê sy babas se koppe moet groei, dan weet ons die brein ontwikkel. Of dit waar is of nie weet ek steeds nie, maar elke week het Heike my met `n smile ge-humour, en ons het jou geweeg en jou kop gemeet.


Jy Liam was `n 'boek baba'. Na jou shaky start het jy elke liewe milestone bereik asof jy `n wekker gehad het. Smile op 6 weke, tick, maak coo geluide op 3 maande, tick, rol om, lag, sit, staan, loop, elke liewe een, tick, op die dag! Toe jy eers begin praat, kon ons jou nie keer nie. Vreemde mense in die ry by Woollies, "Kyk, dis my dinosaur", of "die is my babasussie, sy skree net". Jy was nog baie klein, toe chat jy ons (vroulike) dokter op. Jy het haar fliek toe gevra en gesê sy kan haar man ook maar bring.


Ons buurman het altyd gesê jy is solid. Toe jy so 5 was het hy gereken ons gaan jou in die middel van Soweto aflaai en jy sal jou pad vind huis toe. Jy kon vlot Engels praat aangesien jy baie tyd saam Sekai spandeer het. Jy was nie skaam of op die bek geval nie, dis te danke aan die eienskap dat ek vir Yolande onmoet het. Jy was altyd die leftover by die kleuterskool en eendag het jy skynbaar genoeg gehad. Jy het vir Tannie Yolande gevra of jy saam haar kan huis toe gaan toe sy vir Reuben gaan haal het. Sy het jou seker probeer afsit van die idee en gesê sy sal jou ouers moet bel en sy het nie hulle nommers nie. No problem, jy ken jou Pa se nommer. So bel Pappa my en sê ken ons `n Yolande Pienaar, sy wil ons kind huis toe vat.


Die laaste jare van laerskool was vir jou lonely. Jy is `n extreme ekstrovert. Jy kort mense. Alles het in die Covid jare gestop, daar was soms sport en soms nie en ek dink jy het so effens opgehou opdaag in die laaste jaar of wat van laerskool. Jy is `n kind wat thrive as jy moet busry en gaan kamp. Jy moet saam `n hele span kinders krieket speel. Jy love `n groepstaak. Jy is altyd die eerste kind wat opdaag by enige kids club (wel voor jy `n cool teenager geword het, maar you catch my drift). Online en home schooling was nie vir jou nie en toe jy Graad 8 toe was, was dit met `n masker maar jy was happy. Daar was ontgroening en jy het dit gelove.


Liam, die is `n lang brief, maar ek gaan by die belangrike dele kom, ek belowe.


So, jy is die oudste, die padmaker so to speak, jy bou in die bundus `n teerpad waarop Luka kan hardloop. Jy is ook super spesiaal, omdat ons nie actually geweet het of jy dit gaan maak nie. Nou is jy sestien. Daar is nog so baie lekker dinge in die lewe wat moet kom Liam. As mens sestien is, is daar goed wat so baie belangrik voel, maar op `n dag sal jy sien, dis toe after all nie so belangrik nie. Die jaar het `n klomp baie solid mense (ook Tannie Yolande) vir hulle sestien jarige laaities bikes gekoop. Dis jou droom, ek kan dit sien. Maar Liam, ons het so hard baklei om jou aan die lewe te kry, om jou brein te laat groei. Ek weet ek kan jou nie in bubble wrap toedraai nie. Maar mense kan soms doodgaan op motorfietse. My Ma se boetie is dood op `n motorfiets. Ek was nog klein. Hy was `n solid ou. Het sy hele lewe lank motorfiets gery. Een aand op pad huis toe tref sy wiel `n klip, hy crash en hy is morsdood. Sulke goed verander mense Liam. Sy kinders was klein. Sy vrou was `n weduwee. Ek weet dis effens dramaties, maar ook twee jaar van jou af mag jy wettiglik bestuur, iets veilig soos `n Toyota. Mens kan steeds doodgaan, maar daar is at least `n airbag of twee om jou aan die lewe te hou. As girls net van ouens hou om lifts op bikes te kry, is daai dalk nie die regte girl vir jou nie Liam.


Daar gaan in jou lewe goed wees wat pivotal is. `n Pivot is iets wat draai, en dan doen mens dalk iets anders, of jy dink anders oor die lewe. Toe ek 18 was het ek `n pivotal moment gehad. Ek het niks drasties gedoen na die pivotal moment nie, ek het net besef ek is baie lief vir Afrikaans, en vir skryf. En dat ek dalk `n bietjie talent met woorde het. Ek het ek `n opstel geskryf. My Afrikaanse Juffrou, Juffrou Toppie Stoffberg, was `n nasiener van Matriek eindeksamen vraestelle. Die mens wat my vraestel gemerk het, het my opstel hard voorgelees, Juffrou Toppie het my vraestel herken, en `n afskrif gemaak van die opstel. So is die opstel vandag nog in my besit. Ek cringe as ek hom nou lees, maar die opstel het gepraat oor visvang. Ek het my naweke op `n forelplaas in Mpumalanga spandeer. Ek kon effens fly fish, nie vreeslik nie. Ek het ook `n Brad Pitt movie gekyk, `n River Runs Through it, waar die Pa sy seuns in Montana leer fly fish met `n metronoom in die tuin. (Ek weet jy speel rugby eerder as klavier, so google 'Metronoom'). Ek was obsessed met Brad Pitt en die movie. Ek het oor my Pa en my Boetie Albert geskryf, en die metronoom deel skaamteloos geleen uit die movie. Ek dink vandag is visvang steeds `n goeie metafoor vir ouers en sestienjarige seuns. Mens cast, en trek die lyn in, volgende keer cast jy dalk bietjie verder, maar dan trek jy die lyn weer in. Die lyn kom soms terug sonder die kunsaas, maar nou ja, mens kan seker maar so nou en dan `n kosblik en `n waterbottel verloor. So is die verhouding tussen ouers en kinders. Ons laat jou goed doen, en dan trek ons jou weer so bietjie nader. Ons laat jou later uitbly (en dan maak ons aandslapies voor die wekker lui en ons jou kom haal), dan gaan haal ons jou. Ons laat jou wyn proe, en dan gee ons vir jou Coke. Ons leer jou bestuur (jou Pa se manual Toyota), maar dan laat ons jou met jou fiets orals kom. Die punt is Liam, eendag, nie lank van nou af nie, gaan jy cast, `n groot vis haak en die lyn gaan snap. Jy gaan oor twee jaar die huis verlaat om hopelik Universiteit toe te gaan. Ek hoop jy gaan studeer ver van ons af. Mens gaan net een keer Universiteit toe, wel dalk gaan mens weer, who knows, maar jy gaan net een keer die eerste keer Universiteit toe. Dis lekker jare, van die beste van mens se lewe. Jy is `n social mens, jy gaan dit LOVE. Dan Liam, gaan ons jou al minder sien. Aan die begin gaan jy baie huis toe kom, dalk omdat jy my mis, dalk eerder oor die koskaste hier altyd vol is. Later gaan jy so baie aan jou eie lewe gebou het, dat ons jou al minder gaan sien. Dan gaan jy werk, dalk `n vrou en `n paar kinders kry, en ons gaan jou minder sien. Dis normaal en dis hoe die lewe werk. Maar vir nou Liam wil ek jou in een stuk, emosioneel en fisies aan die ander kant kry. Sodat jy al die amazing goed kan doen wat mense doen, op 18, op 21, in jou dertigs, veertigs ens. Ek is 47 en soos jy weet is daar `n ellelange lys van goed wat ek eendag wil doen, as ek minder kan werk. Ek wil weer Universiteit toe gaan Liam, ek sal nie na JOU Universiteit toe gaan nie, ek belowe. I love you too much to cramp your style like that.


Jy gaan ook mense ontmoet wat 'n groot rol in jou lewe gaan speel. Almal het sulke mense. As jy regtig gelukkig is, het jy van die mense al klaar ontmoet. Daar was 'n hele paar in my eie lewe, onder andere twee onderwysers. Juffrou Toppie het my lief gemaak vir Afrikaans. En Mnr Jacques Ferreira vir Engels. Die twee mense het in my geglo toe ek nie in myself geglo het nie. Jacques het my `n speech voor die hele skool laat gee oor 'how to Toyi-toyi'. Jacques is sadly oorlede aan Covid. Die lewe is soms unfair, maar ook baie baie kort. Vir my Ouma Daph was ek ongelooflik lief. Ek dink sy kyk steeds uit vir my. Na haar dood het ek soms op die vreemdste plekke vere begin sien. Klein fyn with donsies en soms sommer 'n hele with veer. Elke keer as ek 'n veer sien dan dink ek aan my Ouma en en weet sy kyk van iewers af vir my. Daar is eintlik nog so baie stories wat ek wou hê sy vir my moes vertel, maar ek vat die vere waar ek hulle kry. Liam, mens kry hierdie mense eers as jy groter is. Ek dink as mens baie jonk is sien jy hulle dalk nie raak nie of jy weet nie die is jou mense nie. Soos ek vir vere kyk, kyk uit vir die spesiale mense.


Liewe Liam, jy is vir my `n inspirasie. Ek love hoe jy na die lewe kyk. Jy is `n natural leader. Ons weet. Ek weet 16 jariges weet absoluut alles, maar soms moet jy aanvaar jou ouers weet ook iets. Ons altwee werk met mense, en met leaders, en jy Liam is `n leier. Om `n leier te wees beteken nie om `n balkie op jou baadjie te hê wat sê 'leier' nie. Mens lei mense, mens help mense wat sukkel, mens gee om, vir enige iets, die planeet, `n dier, `n mens. Mens doen wat reg is, al is dit soms moeilik, maar dis waar mens die lesse leer. Mens staan op vir ander, vir jouself, vir iets waarin jy glo en soms moet jy die unpopular viewpoint lig. Mens moet soms vir baie belangrike mense sê nee, jy stem nie saam nie.


Jy het, my swak hart ten spyt, besluit jy hou van rugby. Jy het jaar na jaar opgedaag en gespeel. Jy was in die B-Span, maar jy het rugby gespeel of jy vir die Springbokke speel. Mense sien sulke goed raak Liam. Jy het begin oefen tot jy so sterk soos `n os is. Jy het elke jaar die trofee as B-Span speler van die jaar gekry en Liam ek was so verskriklik trots op jou. Stadig maar seker deur aan te hou en uit te hou is jy nou in die A span, en jy is die kaptein. Sien, `n leier. Weereens, mens is nie die Kaptein omdat dit erens so sê nie, mens is daar om mense op te bou eerder as af te kraak, jy is daar om jou span te help deurdruk en aanhou. Jy praat so mooi met almal en ek kan sien jy is `n opbouende mens. Goeie leiers lei nie deur mense bang te maak of te sê die 'Coach sê, die CEO verwag ons moet so en so maak nie'. Hou aan Liam, al doen jy wat.


Jy het die jaar nie die akademiese pret-pakket nie. Jy het moeilike vakke Liam. Ek weet nie hoe jy alles doen wat jy doen nie. Jy is besig, maar jy het ook self besef jy moet leer. Ek is trots op jou Liam. Jy besef in ons mooi land is daar baie goed wat teen almal tel. Jy gaan harder moet werk as wat ek en Pappa in ons prille jeug moes werk om `n plek op `n decent universiteit te kry. Ek kry lekker as ek jou in die revue sien, jy dans met `n helse smile op jou gesig. Jy dans met net soveel entoesiasme as wat jy rugby en krieket speel, bergklim, roei ensovoorts. Dalk kan net 5% van die entoesiasme dit ook maak na die Fisiese Wetenskappe toe?


Liam, jy kan die wêreld verander, ek weet jy kan. Jy gaan `n sukses maak van waar die lewe jou ookal heen mag vat. Kop af, werk hard al is dit in die gym of met `n handboek. Hou aan om `n goeie mens te wees. Al wat ouers op die einde van die dag wil hê is kinders wat happy is. Jy is solid Liam. Solid kry mens vêr in die lewe. Keep being solid. Soweto is dan maklik om uit te kom. Ek like jou uitkyk op die lewe. Jy doen alles. Ek loer deur verlede jaar se skool jaarblad. Jy is oral. Onder 15 B rugby. Onder 15 A rugby. Onder 15 B krieket. Tweede golfspan. Revue. Polar swim, mont aux, kloofing, oranje rivier roei. Akademie. Ek wens almal kan soos jy wees. Doen alles en geniet dit net. Probeer jou sussie bietjie aanspoor Liam. Dis wat goeie boeties doen.


Laastens, en baie baie belangrik wil ek hê jy moet altyd die family motto onthou: "Don't be a dick".


Ek is baie lief vir jou

Jou Ma, Tannie Niki / Niklaas / Mamma

19 Mei 2024




146 views0 comments

Recent Posts

See All

Augustus

Comments


Subscribe Form

Thanks for submitting!

©2021 by Niki van Wyk. Proudly created with Wix.com

bottom of page