top of page
Search
nikivanwyk

My Facebook memories trek my deur - op die vooraand van Kersfees 2020


Ek hoop daar sal weer in die nabye toekoms vir ons vier 'n Kersfees op 'n onbekende plek wees. Met oop strande en mense wat mekaar druk. Tot dan maak 'n boer maar 'n plan. Afrikaners is plesierig, ons swem in mere en waterpoele, ons doen staproetes en ons proe bier en gin. Ons lees boeke. Ons sit. Ons lê. Ons rus, soveel soos mens seker ten tye van global pandemic in 'n hot spot kan rus.


Vannaand sit ons op die beboude een van die Knysna Heads met die mooi geraas van branders in ons ore. Gerhard en Liam speel gou weer golf (hulle love 'n Covid vakansie). Ons het die kouse opgehang. Die geskenke (meestal boeke) lê onder ons klein travel boom (ons het 'n travel christmas boom, travel percolator, travel non stick pan en travel skerp mes. Die goed wat mens gewoonlik mis).


Ons gaan 'n skaapboudjie in die oond druk saam pampoenkoekies en malva pudding van Woollies. In 2020 het ek genoeg gekook en gebak, so ek gaan wragties nie die jaar nóg 'n flippen pampoen skil nie.


Tot dan droom ons van vliegtuie en paspoort rye, rum cocktails op vreemde eilande. Staan en wag vir tasse en jetlag. Sneeu en Starbucks. Boots of flip-flops. Cruizes en katedrale. Vreemde tale en signs op treinstasies wat mens nie kan lees nie. Rand conversions en om jou asem in te trek elke keer as jy vir 'n familie van vier koffie koop in Euros of dollars.


Aan die einde van 2019 het ek vir almal gesê 2020 moet stadiger wees. 2020 was een van die langste en stadigste jare van my lewe. Al wat ek vir 2021 wil hê is 'n tikkie normality. Selfs 'n droppie sal doen. En ek wil 'n commitment van die President hê dat hy nie weer summier die gin gaan wegvat nie. Die panic buying maak my gedaan. Om biere en bottels gin op spreadsheets te tel is nie meer vir my lekker nie. Ek wil skoene dra, die mooies. Ek wil in 'n kar klim en werk toe ry, nie trap af en dan is ek daar nie.


Hoop almal het 'n rustige Kersfees, met ietsie om te drink en dalk as jy gelukkig is 'n vinnige swem in die see, 'n plaasdam, 'n pothole of wat daar ook tot jou beskikking is waar jy Kersfees vier.


Liefde uit Knysna Drie van Rooyens en 'n van Wyk


2 views0 comments

Recent Posts

See All

Augustus

댓글


bottom of page