top of page
Search
nikivanwyk

Murder in Midstream




`n Brief aan my seun se drama juffrou


Liewe Juffrou


In my jonger dae het ek ook `n drama juffrou geken. Sy was totaal en al van haar trollie af, maar in a good way! Ek is seker jy is doodnormaal. Drama was nie `n vakkeuse toe ek dertien was nie, en ek moes maar teken al kon ek net nooit iets meer as `n stokfiguur bemeester nie so ek is seker dis deesdae nie die mal juffrou wat drama gee nie. I digress.


Sometimes life imitates art, and art imitates life en ek wil maar net laat weet dat na jou opdrag van `n video wat deal met "Murder in Midstream", daar wel vanoggend amper regte murder in Midstream was.


Liam se groepie vir sy taak wou nie lekker uitwerk nie. Sy timing en hulle timing was nie optimaal nie. Tussen rugby oefeninge en die netbal ondersteun wou die kalenders nie klop nie en so moes ek gister die kameraman wees, Luka die underpaid aktrise en so maak Liam toe op `n random Dinsdag aand sy sussie met `n byl in haar bed dood. Daarna dra hy haar koue, ietwat giggelende, lyf uit haar (onopgemaakte) bed tot in my splinternuwe tas. Die tas is trap af en die laaste scene is nogal dramaties met `n graaf en `n gat. Alles baie donker, Blair Witch Project vibes, daar gee ek weer my ouderdom weg. `n Selfie stick en heavy breathing was plek-plek betrokke.


Ons gaan slaap, Liam edit sy footage en sit sound effects en musiek by en eindig met `n nie te slegte produk op nie.


Juffrou, ek het `n baie belangrike deel van die storie vergeet. Sekai is vir drie weke of so Zimbabwe toe. Sien onopgemaakte bed bo. So toe ek gisteraand die kamera werk moes doen, moes ek eintlik of gaan draf om my 900 discovery punte vir die week te maak, of ek moes stryk. Of vloere was, kos maak, die skottelgoedwasser uitpak of iets.


Vanoggend net na ses staan ek my tande en borsel voor ek gaan draf en dan kom stryk of die vloer mop of iets en daar kom `n vreeslike geluid uit Liam se kamer uit. Hy het vergeet hy moet 6:30 by die skool wees vir `n wiskunde olimpiade. Ek en Luka gaan probeer help. Sy das is weg (in sy sak van gister) die koffie bly ongedrink. Sy huis sleutel is weg (die was nog aan die buitekant van die deur so ons het basies heelaand met `n oop huis geslaap). Ons pak piesangs en breakfast biscuits en water en gee geld vir snoepie want na skool is daar ook hokkie of iets. Mens kan nie wiskunde op `n nugter maag doen nie. Ek kan nie wiskunde op enige maag doen nie. Dalk moet ek eendag kyk of ek wiskunde kan doen as ek gin gedrink het.


Erens in die petalje besluit Liam die wiskunde juffrou wil hom nou eintlik 6:20 by die skool hê en die sirkus raak groter. Hy vergeet van `n masker en is mooi tiener-sarkasties met my op elke vraag. Het jy jou geld, jou iPad, jou hokkiestok ens. Jaaaaa ma...


06:18 het ek nog my tandeborsel in my hand en my pajamas aan. Nie `n meter gedraf op `n skoolhemp gestryk nie en Liam vra of ek hom sal skool toe vat.


En dis net daar waar die amperse regte murder in Midstream plaasvind en ek tempted is om die kind te klap soos in die ou dae toe mens nog mag. Want net daar gooi my kind, wat nie eintlik `n brat is nie, een moerse tantrum soos `n tweejarige oor hy die kilometer met sy fiets moet ry. Dit sou my regtig langer gevat het om hom met die kar te vat.


Ek wil ook vir die bure sê ek is jammer. Ek gil nie graag so vroeg in die oggend nie. Ek wil dan ook vra of die volgende drama taak dalk oor iets minder erg as murder in Midstream kan gaan? Dalk iets meer peaceful sodat as life dan weer art immitate, niemand at least kan seerkry nie. Kan ons ook asseblief vra dat daar as Sekai in Zimbabwe is eintlik niks gebeur nie. Ek kan nie stryk, werk en cope met life in general sonder my Sekai nie.


Groete

Die ma

538 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page