top of page
Search
nikivanwyk

Monsters

Updated: Sep 18




Ons het twee honde, Sekai noem vir Harley, 'n Mini Shnauzer Yorkie Cross "Hollie" en Luka noem vir Juno, 'n opregte Silk Yorkie "Jubie".


Gerhard het vir Hollie in Pretoria-Oos gaan koop jare terug, ek het Jubie kort daarna by die KFC in Pretoria-Noord gaan oplaai. Hollie went to private school en Jubie, wel Jubie het bad genes. Gerhard was effens geskok toe Jubie vars van die KFC opdaag, vrot van die vlooie met 'n deurmekaar gestel, seker van die cheap Checkers kos waarop sy grootgeword het. Jubie se rug was krom, maar sy was ons Jubie.


Harley is altyd gesond. Hy word nooit siek nie. Hy het mooi tande en blaf graag. Hy is 'n ernstige hond wat sy hond wees ernstig opneem. Hy weet hoe om `n hond te wees. Juno lewe soos Luka in Lalaland. Juno se gunsteling tydverdryf is om te vaar, sy het sea legs en in die somer kry jy haar gereeld op `n floatie in die swembad. Happy. Juno howl graag, en staan op haar agterpote en bedel skaamteloos vir koekies soos iets uit 'n Charles Dickens novel uit. Harley se Pretoria-Oos upbringing laat hom nie sommer tot sulke laagtes daal nie.


Juno is 'n allergiese hond. Jare lank. Haar klein 'bad gene' tande word soms twee maal 'n jaar onder narkose skoon gemaak, ten spyte van die groomers wat hulle tande gereeld kom borsel. Juno gaan een keer 'n jaar na 'n Famous Veearts toe. Vandat ons die Famous Veearts ontdek het gaan dit baie beter met haar. Die Famous Veearts is 'n diagnostic vet. Hy ruik aan haar ore en groei goed om onder sy mikroskoop te bestudeer en so weet ons sy het klokslag 'n paar keer 'n jaar of 'n bakteriese infeksie of 'n gis infeksie en die veearts se medisyne maak haar gesond, al los mens niere as betaling. Volgens die Famous Veearts het sy ook dodgy knieë en 'n gat in haar hart, bad genes. Maar sy het geleer om met dit saam te lewe.


Nou is Hollie en Jubie al nege en Hollie wil nie meer spring nie. 'Ek dink hy het arthritis' sê ek vir Gerhard. Ek dink ek het ook arthritis, dit kom maar so saam die middeljare. Gerhard reken ons moet hom (en Jubie vir good measure) Famous Veearts toe vat. Ek maak, soos altyd, die afspraak drie maande voor die tyd. Mens kies nie die tyd of die dag nie, mens is dankbaar en vat die tyd en dag wat jy kry. Nee, laat weet die ontvangsdame, Harley se 'urine sample' moet saamkom. Hoe sal mens dit doen vra ek buite die boardroom, want as die Famous Veearts bel, dan antwoord mens die foon al is jy in meetings. Die advies is om Harley as ons more oggend opstaan, op 'n leash te sit en dan as hy buite kom na 'n nag se slaap, en hy lig sy been, dan druk mens die tupperbak onder sy geligte been in en voila!


Die wekker lui, ek skud vir Gerhard. Niks tyd koffie nie, ons het 'n monster om te bekom. Ons storm trap af nog half aan die slaap en hier kom Hollie en Jubie rustig van buite af in, klaar hulle-self vir morning ablutions gevat. Ons drink toe maar koffie en beraam plan B.


Harley is mal oor stap. As mens tekkies aantrek begin hy huil en tjank en spring en hy hardloop waskamer kas toe waar hy weet sy harnas bly. Hy raak so opgewonde hy sit die leash in sy bek en begin deur toe stap. Ons praat al Engels met mekaar, hy verstaan die woord STAP te duidelik! Sodra Hollie by die deur uit is, begin hy die HELE Midstream merk. Hy snuif en trek en piepie dat mens teen die einde van die stappie nie weet waar die reserves van kom nie.


Ons gaan die honde vat om te stap. Gerhard met die leash, ek met die pienk tupper-bak. En as hy merk, gaan ek vang, ons verstaan die game plan! Moerse chuffed begin ons stap. We must have painted quite the picture. As Harley nog mik, dan duik ek en ek vang drie druppels, 'n blaar en bietjie grond. Stap 5 meter, Harley mik, ek druk die bak in, repeat! Dis 'n helse gemors en my bene buckle naderhand en die hond het stage fright...as hy nog so mik dan stop hy en kyk vir ons of ons mal is.


Na 'n moerse gesukkel het ek twaalf druppels en toe skielik na 'n laaste herculean effort is my bak leeg. Ek weet steeds nie wat gebeur het nie. Wat nou, ons kan absoluut nie sonder 'n monster pitch nie, dit sal nie werk nie. Die Famous Veearts is judgy en gee meer vir honde as mense om. Dit voel reeds of mens ge interrogate word as jy daar aankom en jy nie vrae soos hoe gereeld jou hond se maag werk kan antwoord nie. Om sonder die monster daar op te daag sal nie werk nie. Ek is laas uitgetrap oor Jubie se koeke in haar hare, maar sy is mos maar so effense deurmekaar hond...


Ons maak reg vir werk, en na ontbyt besluit ons om een laaste keer te probeer. Net Hollie. Sommer net op in ons eie kort straat. Dis nie 'n straat waar ons gereeld stap nie. Ons ruil take. Ek is op leash duty en Gerhard het die pienk bak en ons loop stadig en Gerhard vang druppel vir druppel die 30ml sample wat ons nodig het. Geduld en aanmoediging is skynbaar wat mens kort om monsters by honde te kry. Dis toe op die stadium dat Harley ook 'n ander monster op die bure se gras drop, dink hy wou seker maar net deliver sodat ons hom die embarrassment van die pienk bak aan sy ander kant kan spaar. Hy kies natuurlik die grasperk van die bure met die video kamera so as jy van ons op Facebook lees, en iemand aandring dat die weirdos wat met 'n hond en 'n pienk bak rondloop hulle hond se stront kom verwyder, sien bo en have some understanding. Gerhard is met die twee veearts toe. Juno en haar bad genes het die keer 'n gis infeksie en Harley het nie arthritis nie (dankie monster). Hy het werwels wat degenerate en is nou op pille om mooi na die senuwees in sy rug te kyk. Gerhard moes sy niere daar los, maar dit lyk of Pretoria-Oos en Pretoria-Noord nog 'n rukkie met ons sal wees met al hulle geite en goeters. En hulle middeljarige eienaars moes vir fisioterapie gaan met al die snaakse moves wat ons moes gebruik om die monster te bekom!

 

110 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page