top of page
Search
  • nikivanwyk

Middeljarig - `n kortverhaal

Updated: Dec 16, 2021

“This is a very bad idea, ons is heeltemaal te oud hiervoor en ek is nie seker my nuwe heup is al up for the challenge nie Louise! Kom ons kyk TV en bestel eerder butter chicken by Shogun Indian asseblief?”


Vandat Louise so week of wat gelede haar extravagant plan aan Ben reveal het, word hy amper elke nag wakker, kouesweet druppels nog op die voorkop. Die eerste ding wat hy elke oggend doen is om te voel of sy nuwe heup nog daar sit.


“Titanium, jy is nou half mens, half masjien” het die jong doktertjie vir Ben vertel die dag voor die operasie. “As jy mooi na die heup kyk sal dit jou `n leeftyd hou.”


`n Leeftyd vir wie? wonder Ben, want daar is `n verskil in my life expectancy en joune.


Soos altyd het die dokter hom aan sy seun Roelf laat dink wat al vir die afgelope sewe jaar in Sydney woon. Roelf Facetime hulle darem elke twee weke sodat Ben en Louise die kleinkinders kan sien grootword daar down under.


“Kom slowpoke, die Uber gaan vir ons wegry!”


Ben kyk hoe Louise met gemak oor die klein tuinmuurtjie spring eerder as om deur die klein hekkie te gaan. Sy staan nou op die sypaadjie met haar hande op haar heupe en tik haar voet, `n aanduiding dat Ben vinniger moet maak.


“Ek kom, maar ek gaan verseker nie spring nie.”


Ben maak die tuinhekkie stadig en versigtig oop en gaan staan langs Louise op die sypaadjie. Hy voel hoe Louise na sy tone staar, sy haat die oumens plakkies wat hy by die apteek koop. Hy kyk na haar voete en sien sy het blink sandale met wighakke aan. Louise glo nie aan prakties nie. Sy verkies styl bo gemak, avontuur bo slaap en Ben wonder wat `n vrou soos Louise steeds na al die jare in hom sien. Daar is nie te veel tyd vir tob nie, want `n pikswart Mercedes stop met skreeuende bande voor hulle huis. Nou nie juis wat mens low key sal noem nie.


“Kon jy nie maar net die UberX bestel het nie Louise, wat kos die ding ons alweer?”


Ben se Ma het hom al die jare geleer mens praat nie met vreemdelinge nie en jy klim verseker nie in `n vreemde mens se kar nie. As sy weet dat mens deesdae `n vreemdeling oor die internet bestel, en dan saam die vreemdeling in `n kar klim draai sy sweerlik in haar graf om. Ben weet ook nie hoekom hulle nie net maar self kan ry na die venue toe nie. Dis nou nie asof hulle tot middernag gaan party nie.


“Whoa folks, looking smashing for a night on the town” laat hoor die Uber drywer van hom.


Hy smile in die truspieeltjie vir Louise en Ben is oortuig hy sien `n goue tand flash.


“Just want to confirm our destination for this evening, Soccer City is it? Is that not where the Guns N’ Roses show is taking place?” Is dit Ben se verbeelding of gaan die Uber drywer se wenkbrou net `n aks te hoog op?


“Yes, we have tickets!” bevestig Louise met haar normale entoesiastiese stemtoon, salig onbewus van die geamuseerde uitdrukking op hulle Uber drywer se gesig. “Got them months ago! You know these are the hottest tickets in town.”


Louise vroetel in haar klein handsakkie en voor Ben weet wat aangaan het sy `n klein hipflask na vore gebring en sy vat `n groot sluk. Haar oë traan, sy snak so effens na haar asem, klap haar lippe op mekaar en hou die flessie dan uitdagend na Ben toe uit. Ben is so geskok dat hy eers net daar sit en na die flessie staar. Waar kry sy even `n hipflask? If you can’t beat them, join them besluit Ben eventually en vat versigtig `n sluk. Die goed brand soos vuur!


“Wat is die Louise?”


“Ooh, dis Jack Daniels Cinnamon, ek het verlede week by boekklub vir die eerste keer hiervan gehoor, delicious ne?”


Ben maak sy oe toe en voel hoe die Jack Daniels al die pad tot in sy maag brand. Jack Daniels by die boekklub. Sal Louise ooit stilsit?


Ons is oud, te oud dink hy vir die soveelste keer vandag. Wat het hom besiel om Louise toe te laat om hom om te praat om na `n Guns N’ Roses konsert toe te gaan. Hulle is vyf en sestig jaar oud! Hulle bly in `n aftreeoord. Mense wat omring is deur suurstofmasjiene en nurses gaan nie na rock konserte toe nie, doen hulle?


Hy mis hulle groot huis waar dit net hy en Louise was. Al die mense in die aftreeoord is soms te veel vir hom. Louise sukkel glad nie om aan te pas saam met al die ou mense nie, inteendeel, sy thrive! Sy het verlede maand `n Zumba klas begin aanbied. Zumba, bid jou aan! Van die mense in die ouetehuis is diep in hulle tagtigs maar hulle kom Zumba getrou elke week saam met Louise. Sy laat daardie ou mense hulle heupe skud asof hulle nog teenagers is, die muskiek natuurlik oorverdowend hard om te sorg dat almal se gehoor apparate wel ingetune is en die Latynse musiek kan opvang.


“Will you please pick us up again at say midnight? Same place” ruk Louise se instruksies aan die Uber drywer hom terug tot die hede. Midnight?


“Is jy nie bietjie optimisties daar nie Louise?”


Middernag is `n konsep so vreemd Ben wonder of hy gaan wakker bly. Wanneer laas was hy wakker na nege uur in die aand?


“Come on Ben, ons is nie so oud nie. Midnight thanks.”


Louise hop uit die kar en hou die deur vir Ben oop. Hy sien nou eers haar grimering, sy het glitter eyeliner aan en haar lippe is bloedrooi geverf. Sy lyk goed vir haar jare dink Ben terwyl sy die deur agter hom toeklap en vir die Uber drywer oog knip. Sy het `n catsuit of sorts aan en Ben sien vir die eerste keer in `n baie lang ruk dat Louise nog net so mooi is as jare gelede toe hy haar op Universiteit raakgedans het by `n Ballyhoo konsert. Man on the moon, oh man, those were the days.


“Can I see your ID please?” Ben is redelik onkant betrap. Wanneer laas het iemand sy ID gevra? Hy dink nie eers hy het sy ID by hom nie! Dan besef hy die bouncer praat eintlik met Louise. Sy giggel en gee haar bestuurslisensie sonder om te blik of te bloos oor. Botter kan nie in haar mond smelt nie.


“Just need to frisk you to make sure you don’t bring any illegal booze into the venue.” Ben gluur na Louise se kant toe waar sy vroom aan die anderkant van die sekuriteitshek staan en smile. Sy is die ene met die contraband in haar hipflask, maar tog is hy die een wat betas en bevoel word. Lyk ek miskien agtien, arm en desperaat? wonder Ben, sekerlik kan jy sien ek is nie meer vandag se kind nie, ek het geld om vir my eie overpriced bier in `n plastiek koppie te betaal.


Na wat soos `n ewigheid voel skuifel hulle die arena binne. Dis chaos. Daar is net mense so ver as wat die oog kan sien. Ben is so stomgeslaan deur die spektakel voor hom hy vergeet net vir `n klein rukkie van sy heup en van die feit dat hy nou in `n outehuis bly. Die spreekwoordelike Huis Spataar waaroor hy en sy pelle wat voel soos gister nog oor gespot het. How did we get so old! Wanneer het almal hom ‘oom’ begin noem, en waarom pla dit hom die afgelope ruk meer as gewoonlik?


Ben is fascinated, daar is skraps geklede mense net waar jy kyk. Hoe laat die jeug van vandag se ouers hulle so uit die huis wonder hy. Daar is dit weer, die ou oom neigings. Live and let live sê Louise altyd. Die realiteit is dat dit middel winter is in Gauteng. Ben was mos nou al op Soccer City en hy weet dit raak koud daar. Dis die dat hy `n lekker tweed baadjie aangetrek het ten spyte van Louise se vuil kyke. Hy is anders as sy vrou redelik prakties. Hy sal seker maar `n ingenieur bly tot hy die dag doodgaan.


“Waar sit ons?” skree hy vir Louise oor die vreeslike geskreeu wat oor elke luidspreker in die stadion blêr. Sy bene is moeg van die lang staan en hy weet hy sal stukke beter voel as hulle net eers tot sit kan kom.


Op die verhoog staan `n ou met meer eyeliner as Louise aan en skree. Hy ruk sy lyf rond asof hy besig is om `n epileptiese aanval te kry. Nee, die hele band is redelik spasties besef Ben en tel sy kakebeen van die vloer af op. Louise hoor hom sekerlik nie, want sy hou aan loop, min gepla deur die sirkus op die verhoog wat oor massiewe televisieskerms die hele arena vol gespeel word.


“Waar is ons sitplekke Louise?” probeer hy weer, harder en dringender die keer?


“Ons het nie sitplekke nie!” skree Louise in sy oor, sy maak seker `n grap!


“Waar sit ons Louise, kom nou, jy weet my heup raak moeg.”


“Ons het golden circle tickets!” skree Louise weer en net daar op die plek begin sy dans, nes die outjie op die stage, maar bietjie minder spasties. “Ek is mal oor Underworld George!” gil Louise weer hier langs hom. Ben wonder wat in Louise ingevaar het. Underworld George, waar sou sy vrou van Underworld George te hore gekom het?


Golden Circle, sy weet mos nou van sy heup en dat hy die heup nie moet stamp nie. Hy is vies. Vies oor sy heup, vies dat sy enigste kind so ver bly. Vies oor hy en Louise nou in Huis Spataar moet bly. Vies dat hy moes ophou werk en dat iemand nog nat agter die ore nou in sy kantoor sit en die besluite maak. Vies want almal om hom staan en rook en hy sweer dis net `n kwessie van tyd voor iemand sy tweed baadjie met `n sigaret brand. Hy het die baadjie al van die tagtigs af, dit sal regtig `n skande wees as die baadjie op Soccer City die gees gee as gevolg van die jeug van vandag en hulle gerokery.


____________________________________________________________


Louise kyk vir Ben. Hy is nog `n handsome man, sy wens hy wil uit die donker gat uit kruip waar hy hom die laaste jaar of wat bevind. Sy weet aftree het `n merk op sy siel gelos, maar hulle het soveel om voor dankbaar te wees.


Hulle het hulle hele lewe lank hard gewerk en nou is hulle kans om al die dinge te doen wat hulle nooit vantevore kon doen nie. Sy wil die wêreld sien, sy wil by Roelf en sy familie in Sydney gaan kuier, die Sydney Opera House besoek, sy wil die staptoer oor Tower Bridge gaan doen. Sy wil op `n olifant se rug deur Indië toer en dalk weer haar vows renew op `n strand in Mauritius. Sy wil weer New York toe om piekniek te gaan hou in Central Park en te ysskaats voor die Rockerfeller Centre. Ben is egter deesdae te besig om oor sy heup te stres en hom soos `n man van diep in sy negentigs te gedra.


Ben was nog altyd `n bok vir sport, maar die laaste jaar wil sy meestal sy nek omdraai! Hy is elke aand klokslag nege uur in die bed. Hy stop sy neusgate vol Vicks as hy siek is en elke oggend staan hy saam met die hoenders op. Hy het sy daaglikse espresso verruil vir rooibos tee en hy dra sensible ou oom skoene. Sy wil haarself skop dat sy nog nie daardie misrabele tweed baadjie kon laat verdwyn nie. Die ding is stokoud en motgevreet. Sy het nou sekerlik al vier pare stokies skelm vir die bediende gegee. Ben het na sy heupvervanging besluit stokies is goed vir hom en het selfs met die goed kerk toe gegaan!


Sy soek net haar man terug en sy hoop die Guns N’ Roses konsert kan weer die vlam in sy binneste aansteek voor hy heeltemaal doodgaan. Hulle is in hulle sestigs for goodness sake, hulle is nie besig om dood te gaan nie en na hy sy nuwe heup gekry het, het die gawe dokter Ben verseker hy kan selfs weer padwedlope aanpak as hy wou. Ben wou nog altyd die New York maraton doen en Louise het altyd so uitgesien na aftrede wanneer hulle tyd sou hê vir al die goed wat hulle besige careers hulle nie vantevore gegee het nie. Sy het verlede jaar `n Zumba instrukteur geword en sy was ook nie die oudste mens wat die klas bygewoon het nie. Sestig is die nuwe veertig!


Sy sug en voel-voel in haar handsak en haal haar fles weer uit, vat `n sluk, meer om warm te bly as enige iets anders. Dis winter in Gauteng en haar catsuit en heels was dalk nou nie die mees praktiese uitrusting nie.


Guns N’ Roses is uiteindelik op die verhoog, Ben onthou hoe hy en Louise met die slapende Roelf see toe gery het en hoe hulle 'Welcome to the Jungle' en 'Sweet Child of Mine' basies op repeat gehad het. Daardie middernagtelik stretch deur die Karoo was altyd die ergste. Louise het koffie uit die fles gegooi, so sommer in die ry om hulle te help wakker hou. Daardie jare kon hulle in die kar klim en deurnag Kaap toe ry. Elke dag minder op die pad was `n ekstra dag om saam met Roelf te surf en langs die see te draf. Those were the days. Dis so jammer sy heup laat hom nou nie meer toe om aan enige sport deel te neem nie, al het die jong doktertjie gesê hy kan regtig enige iets doen. Sy heup het eintlik, come to think of it maande laas gepla dink hy terwyl hy sy regtervoet se tone begin voel tap. Dis vreemd, dis soos Dorothy se skoene, al is dit sy praktiese lelike plakkies, maar dis asof Guns N’ Roses wat self nie meer spring chickens is nie iets in hom wakkermaak. Hy voel weer lewendig daar waar hy en Louise hulle lywe staan en skud saam met miljoene jongmense in die golden circle. Dis asof die gewig van die laaste jaar van sy skouers af val terwyl hy op en af spring op die maat van die soundtrack van sy jeug! Dis exhilarating! Hy voel die bloed deur sy are pomp en sy ore tuit so hard is die musiek!


“Dis fantasties!” skree hy vir Louise oor die geharwar! “Ek wil nooit weer sit nie!” Hy hou vir `n oomblik op spring en trek Louise nader. Hy hoor hoe die jong klomp om hulle in die golden circle fluit en cheer toe hy haar hartstogtelik soen!


____________________________________________________________


Louise sien dadelik vir Roelf tussen die mense in die arrivals hall.


“Pa! Ma! Ek is so bly julle is hier. Die kinders wag al van vanoggend af, hulle verstaan nie dat `n vlug van Johannesburg af Sydney toe amper die hele dag vat nie. Is daardie jou surfboard Pa!! So met die nuwe heup, gaan jy kans sien om die surf op Manley beach aan te pak na jou marathon?”


Louise smile. Sy het haar man terug te danke aan `n klomp erge middeljarige rockers en `n hipflask vol Jack.





102 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page