top of page
Search
nikivanwyk

Mens weet net nie, en dis die ding!

Ek dink ek is (soos almal) nou soortvan “virus fatigued”. Ons praat altyd van “project fatigue”, maar na maande is ons en die hele wêreld “virus fatigued”. Mens kan nie meer nie, jy wil nie nuus kyk nie, selfs nie (veral nie) oorsese nuus nie.


Aan die begin was ek bang. Ons klein familie het in Maart 2020 begin self-isolate. Toe kom lockdown en van die belaglike reëls. Jy kan t-shirts koop, maar net as dit pajamas is. Jy mag nie flip flops koop in die winter nie. Jy mag nie rook nie (sou dalk `n goeie tyd wees om te begin), mag nie drink nie, mag nie skool toe gaan of buite oefen nie. En so het ons aan gekarring.


Die nuutste was die sluit van die Tuinroete se strande. Ons was daar. Dis `n ou argument, maar daar was verseker minder van ons op die strand as in die Mall op George. Maar nou ja. Ons is maar wetsgehoorsame mense en so het ons ander buitelug aktiwiteite gekry om te doen. Ons het gaan stap en mooi bome gesien, my people het my op `n hangbrug laat loop al is ek bang vir hoogtes, geroei dat my skouers uit hulle sockets uit geklim het, in die Knysna Lagoon gaan swem, alleen, vêr weg van ander mense af.


Ons het die klein besighede probeer ondersteun, want genade, ek weet nie hoe klein besighede gaan oorleef nie. Ons het craft gin gekoop, craft bier gedrink. Ons pak padkos en eet langs die pad in plaas van by die besige Wimpy op die snelweg. Ons koop vleis by `n slagter naby Plett in plaas van in die malls. Resilient, ons hou mos nou vakansie!


En nou, nou is ons maar weer huismense. Kan ons saam mense braai? Miskien, ek weet nie. Dis beter om nie saam mense te braai nie. This too shall pass. Moet ons kinders met ander kinders speel? Ek weet nie. Dis seker beter om nie met ander kinders te speel nie. This too shall pass. Moet ons laat Sekai in taxi’s ry? Ek weet nie. Dis seker beter dat sy nie in taxi’s ry nie. This too shall pass. Moet ons gaan uiteet? Ek weet nie. Dis seker beter om nie uit te eet nie. This too shall pass.


Wil Bill Gates ons beheer met microbots? Is die alles 5G se skuld? Is die virus die groot reset en gaan kommunisme oorneem? My eerlike antwoord: I don’t give a shit. It is what it is. Ons kan nie die virus wegwens met conspiracy theories nie, maak nie saak hoe interessant hulle is nie. Maar, ek gaan meer in my huis bly. Minder ry vir groceries, malls en movies vermy. My kinders nie onnodig aan ander mense blootstel nie, want, skielik het mense wat ek ken Covid, en mense wat ek ken is dood. Of jy glo aan die virus, die vaccine, die reset of nie maak nie tans saak nie. Al wat mens in pandemic jare kan doen is om goed, gaaf en dankbaar te wees. Sit jou masker op en smile vir die mens wat jou pakkies kom aflewer, hy moet elke dag sy hande `n duisend keer sanitize, en hy lewe in sy masker. Wees gaaf met die Juffrou wat op Whatsapp probeer Zoom meetings reël, sy wil net so min op Zoom met jou kind vergader soos wat jy wil hê jou kind moet by die huis bly. Tip die Uber Eats driver, hy wil ook eerder, nes jy van die huis af werk, maar hy kan nie. As jy wel uitkom, gee vir die ou wat jou kar oppas by Woollies `n tip. Jy kan jou hande direk daarna sanitize, hy sal nie offended voel nie.


Wees dankbaar as jy nog `n werk het, selfs meer so as jy van die huis af kan werk. Dankbaar vir goeie wifi, Netflix, DSTV, Youtube. Wees dankbaar as jy `n prepper is en genoeg drank vir die jaar het. Dankbaar dat jou kinders redelik groot is en amper op hulle eie kan aangaan met die semi-home schooling. Dankbaar dat jy genoeg paint by numbers, lap, royal icing, cookie cutters ens het om jou vir `n lang ruk besig te hou. Ons het genoeg boeke om te lees, genoeg kos om te eet, genoeg rekenaars. Ons het genoeg van alles. Ons sal fine wees.


My motto in die lewe was nog altyd “This too shall pass” en die pandemic jare sal ook verbygaan. Ek wonder net altyd wat ons kinders hiervan gaan onthou en oorhou.


Gaan hulle onthou ons was baie saam, en het baie gebak, soms gelag en exploding kittens gespeel? Gaan hulle onthou ons het of vrek baie geoefen, of niks geoefen nie. Gaan hulle vir mense vertel hulle ma praat elke dag met die rekenaar, ure lank. Of gaan hulle onthou van die jaar wat hulle soms skool toe was, soms nie, waar daar geen hokkie en rugby gespeel was nie en hulle ma hulle met die dood gedreig het elke keer as hulle wil rollerblade in die straat? Gaan die introverte soos Luka selfs skamer en meer wild raak en menssku bly vir altyd? Gaan die ekstroverte soos Liam permanent verbal diarrhoea hê en vir vreemde mense vertel sy ma leer hom kook sodat hy darem eendag `n girl kan impress met sy cooking skills?


Ek hoop met die goed en gaaf en dankbaar sal daar darem normalerige mense uit die van Rooyen huishouding kom, normal is mostly greatly overrated.

5 views0 comments

Recent Posts

See All

Augustus

Comments


bottom of page