top of page
Search
nikivanwyk

Lockdown lesse

Ek het nou opgehou dae tel, voel so half pointless. Wie weet hoe lank die petalje nog kan voortduur en dit voel of dae afmerk soos `n gevangene wat wag op parool tans redelik simpel is as ons in ag neem dat ons absoluut geen idee het wanneer ons dalk weer eendag drank sal kan koop nie, skuus, het ek daai getik? Ek bedoel wanneer ons weer vrylik op Takealot mag shop.

Wat ek eerder doen is om dinge te tel wat ek nie geweet het ek kan doen of gedink het ek sal doen nie.

Die lys is lank en op `n stadium moet die sensitiewe kykers maar wegkyk. As ek by my my hond Harley kom en jou konstitusie is dalk nie so sterk nie, skip maar daardie paragraaf. Dis paragraaf 5 for ease of reference.

1. Ek het groente geplant, plant steeds saad en as ek selfs naby `n Checkers kom gaan koop ek nog `n paar pakke saad. Just in case. My Oupa het altyd vir ons vertel van die Groot Depressie. Hulle kon vir jare nie koffie kry nie en hulle moes pampoensaad rooster om soos koffiebone te lyk. Hy het in sy lewe nie sy mond aan pampoen gesit nie. Ek is dus naarstigtelik besig om sade te versamel. I have quite the collection. En as nuwe tuinmaker kan ek definitief bevestig, pampoen groei soos gras!

2. Ek panic buy steeds koffie, just in case. Sien ook item 1. Ek sal nie geroosterde pampoenpitte kan drink nie. Koffie is vir my selfs belangriker as gin, and that is saying a lot. Koffie is wat hierdie gemors in ons huis tans aan die gang hou.

3. Ek dra nie make up of skoene na vergaderings toe nie. Ek vergader vir `n lewe, M.A.C. is duur en wie weet, ek spaar my mascara vir as ek dalk ooit weer erens fancy kan heengaan. Plat skoene, pantoffels, flip flops, alles baie gemakliker as wat ek aan gewoond is.

4. Ek het my eie hare gekleur. So compromise. My geliefde Claire het vir my kleursel aangemaak en handskoene ens in `n sakkie in haar posbus gelos, met instruksies. Dis moeiliker as wat mens dink. Ek dink nie Claire sal my post lockdown noodwendig `n job in haar salon aanbied nie. Ek is nogal morsig en die mengsel was al amper klaar voor ek die (grys) wortels almal onder hande gehad het. Ek is ook nogal stadig en ek dink nie my blending skills was so lekker nie. Daar steek steeds plek plek `n grys haar uit, maar ek lyk meer presentable as vantevore. As mens nie grimering dra nie is hare belangrik op die videoconference.

5. My hond Harley, het `n klier, by die agterkant. As hy eers sy agterstewe op die gras skuur en ons met sulke nervous ogies aankyk, weet ons dit is tyd om hom veearts toe te vat dat sy die klier kan squeeze. Nodeloos om te sê sy klier gaan staan en verstop toe…op Goeie Vrydag in lockdown en die veearts is toe. Al wat ek gaan sê is dat die YouTube videos nogal akkuraat is. Handskoene is belangrik, kombuisrol ook. `n Assistant is werklik `n moet. Ek en Luka het gedoen wat ons moet doen en ons hond was weer happy.

6. Ons bak. Malvapudding, Giel se tert, chocolate koek, gemmerkoekies. Nonstop. Gelukkig oefen ons, dankie tog ons kan nou buite die erf ook oefen anders kon ons dalk post lockdown nie by die deur uit nie. Liam kan nou ook brood bak en ons eet al die leftovers op tot dit OP OP is. Ons mors nie meer kos nie en die kompos emmer dink ons bly nie meer hier nie. Ons is ook nou daardie mense wat sommer sop kook van die leftover stew. Ek shop ook steeds effens soos `n hoarder, sien punt 1 bo oor die Groot Depressie. Netnou hardloop ons uit spray and cook uit.

7. Ek het my stokou naaldwerkmasjien self gediens en weer `n manual gaan soek. Die ding werk nou weer mooi. Nou kan ek snaaks genoeg nie wag om iets te maak nie. `n Masker, `n kussingsloop. Wie weet? Heaven help ons as ek nie binnekort vir Liam winterspajamas kan kry nie, want dan gaan ek pajamas moet maak. Die kind lyk reeds soos iemand wat die Groot Depressie oorleef het met die dat Gerhard sy hare al weke terug gesny het, dit groei darem weer.

8. Ek het almal insluitend Luka griepinspuitings gegee. Gerhard en Liam was ok, Luka gaan dalk nog lank trust issues hê, maar hier in die van Wyk van Rooyen huis doen ons alles in ons vermoë om gesond te bly en die virus so lank ons kan vry te spring.

9. Ek doen amper alles in my eie slaapkamer. My lessenaar waar ek dag in en dag uit sit en werk is in my kamer. Ek doen Zoom Zumba in my kamer. Yoga op FitOn, in my kamer. Middagete tussen online meetings, kamer. Ek dink regtig ons huise is groot, ons het nie so baie spasie nodig nie, maar my kamer is soos my klein studentewoonstel van ouds. Multipurpose! Mens wil in elk geval ver van die skool af wees. Dit is natuurlik die homsechool in my spaarkamer.

10. Laaste, maar verseker my mees veeleisende taak, ek is die Juffrou. Of ek, wat beswaarlik `n calculator kan operate, wel verantwoordelik moet wees om `n kind van nege wiskunde te leer is highly debatable. Ek dink darem sy het haar sin vir wiskunde by Gerhard gekry, maar steeds. Sy doen die somme en ek check soms die antwoord skelm op my foon.

Hier sit ek steeds in my kamer, gaan nou my plakkies verruil vir tekkies en Zumba in plaas van meetings. Ek dink vandag was dag 40. Van my kamer na joune, happy lockdown, may sanity prevail. Kan ons binnekort op Takealot shop…hoop jou pynappelbier is sterk. May the force be with you.


1 view0 comments

Recent Posts

See All

Augustus

Commentaires


bottom of page