top of page
Search
nikivanwyk

Lockdown lesse deel 2

Updated: Jul 4, 2021




Hierdie week se lockdown les is dat mens baie spesifiek moet wees as jy instruksies aan elfjariges uitdeel.


Vroeër die week belowe ek vir Liam dat hy Laerskool en Hoërskool teen die einde van die week kan klaarmaak as hy `n manier kan vind om gin te maak. Wat ek in gedagte gehad het was die tipe uitvindsel waar ons my kar se exhaust vasmaak aan `n slowcooker en met slaaiblare, so fluks voor lockdown aangeplant, stook ons dan gin. As hoof, onderwyser, bestuursliggaam voorsitter en sekretarsesse van ons homeschool kan ek studente seker laat gradueer gebaseer op gemeenskapsdiens en ander wetenskaplike projekte wat tot voordeel van die hele skool en samelewing is. Ek sal beklemtoon dat ons skool en gemeenskap tans uit drie volwassenes, twee skoolgaande kinders en twee gekruisde honde bestaan.

Wat ek gekry het is natuurlik `n wel deurdagte en goed nagevorsde resep om `n pragtige craft gin te maak, van vodka. Groot was die opwinding in die van Wyk van Rooyen huishouding toe Liam op `n ou halwe bottel Absolut Vodka afkom en nou word ons daagliks gesmeek dat die eerste een wat uit venture asseblief fennel sade en juniper bessies moet koop dat hy sy projek kan afhandel.


Dit bring my natuurlik by my volgende vraag: Gaan kinders wat tans deur hulle ouers tuis opgevoed word, ooit weer in die normale samelewing kan aanpas? Gaan die skool dit teen my kind hou as hy dalk `n geiser in die skool se werkswinkel ontdek en dan verwoedelik begin sweis om vir sy desperate oorwerkte ouers Vodka te probeer distil. Gaan my kind onthou dat daar ‘huis’ woorde is wat ons asseblief tog nie by die skool moet gaan herhaal nie. Gaan iemand judge dat ons party oggende dalk popcorn en koek in plaas van smoothies en eiers vir ontbyt leer eet het? Soveel vrae en so baie tyd om oor elkeen van die te tob.


Ek het natuurlik `n heel ander lys vrae, wat ek graag oor `n groot glas gin met die ministers sal wil bespreek. Eerstens, ek kan nie online of in my naaste Checkers potting soil aankoop nie. Hoe kan dit teen die spirit van lockdown wees om groente in potte te wil plant. Let egter daarop dat `n sekere duur reeks velprodukte met trots aankondig dat hulle nou hulle sertifikaat het en dat hulle cleanser wel `n essential service is. Hulle matching duur gesigroom is egter nie beskikbaar nie. So ek kan my gesig skoonkry, maar nie moisturise nie.


Oral in die wereld is online shopping aangemoedig. Ek sou vir maande kon self isolate as ek maar kon koop wat ek wil. Byvoorbeeld `n rekenaar, of `n rekenaarskerm. Miskien `n muis. Dis vir die skool! As procurement manager van die tuisskool wil ek graag opsies hê, ek sou graag by `n klomp aanlyn winkels wou loer en dan sommer `n paar goed soos lamineer-velle in die trollie laai terwyl ek nou besig is met skool aankope, maar nee. Dis nie essential nie. Ministers van opvoeding weet sekerlik dat Graad 3 kinders elke week `n spul flash kaartjies het met somme wat langer hou indien gelamineer. Selfs `n tuisskool het standaarde jy weet? En papier is nie vrylik beskikbaar nie. En die skoolhoof het nog 'n voltydse job ook om die potte aan die kook te hou. Ons kan nie die Graad 3 wiskunde oor en oor print nie. Ons is maar 'n klein skool met beperkte resources.


Kom ons praat dan nou maar oor die drank. Minister, ek het drank. Weird goed. Koffie liqueur, stokou lemoen wyn of iets, ek kan nie meer die label lees nie. `n Ou bottel OBS, no idea where that came from. As ek die goed begin drink gaan ek in elk geval in ongevalle beland. Ek sien die huidige voorstelle vir Level 3 lockdown is dat mens Maandae tot Woensdae kan drank koop. Al wat dit natuurlik gaan beteken is dat die tuisskool basies Maandag tot Woensdag gaan toe wees terwyl die procurement manager in die tou gaan staan by Tops, Makro en waarookal ons drank kan panic buy. Drank in die tuisskool IS essential.


Op daardie happy noot gaan ek maar weer oplees oor aartappels en Vodka. Ek het al een aartappel sukselvol aan die groei. Die oes is nog maande weg. Dalk is daar tog `n manier om te distil met `n tuinslang en `n slowcooker. Liam is net elf, dalk het sy Google soeke net die surface geskim.

120 views0 comments

Recent Posts

See All

Augustus

コメント


bottom of page