Sekai het jare terug vir ons gekook, basic goed soos lasagna. Dit was altyd `n treat as mens op `n Maandag by die huis kom en sy het besluit om `n skaapboud in die oond te druk. Haar gunsteling gereg was `n hoenderpasta en sy het selfs notas in haar eie resepteboek bygesit oor "best dish ever". Sy eet alles, net nie pork nie. Die kerk sê so.
Na Sekai se kook jare moes sy na die kinders kyk. Sy het kilometers deur Midstream se strate geloop met kinders en tasse en goeters en so het ons volgens 'die menu' begin eet. In `n huis waar albei ouers in Johannesburg werk is tyd min. So 'die menu'' het die shopping en kook vergemaklik.
Maandag: Chicken snitchels en slaai, Dinsdag: Vis en chips en slaai, Woensdag: Chicken en slaai, Donderdag: Oven pizza vir die kids, Gerhard en Niki eet uit. Naweke kyk ons of ons wil braai of uiteet of takeaways. Dalk nooi iemand ons vir `n braai. Dalk nooi ons iemand vir `n braai!
'Die menu' het gewerk. Mens koop jaar na jaar dieselfde groceries. Niks mors nie. Almal weet hoe werk 'die menu''. Nou en dan was daar off-menu weke, so het Gerhard onthou hy hou van pasta en maak `n mean bolognaise sous. Liam was seker al agt voor hy maalvleis in ons huis gehad het. Skande, ek weet. Gerhard maak ook `n great Durban style currie en `n tannie by `n shop genaamd Samoosa en Spice in Doornkloof het hom die resep gegee en maak tot vandag sy masala en bryani mix vir hom met die hand aan. Sy was lank gelede al oud en ek het gewonder of die tannie lockdown sou survive, maar sy staan nog sterk, sy laat net die till aan die oom oor. Hy is lyk my nog skerper met die cash.
'Die menu' word toe deur lockdown verbygesteek. Ons is almal heeldag by die huis. Ons bak, en kook. Ons bak broodrolle met die hand. Gourmet pizzas met skaapboud en tzatsiki. Ons maak pannekoek en bak kaaskoek. Ek koop cookie cutters en maak royal icing koekies. 'Die menu' is steeds heel in sy moer in en ons maak skaapboude gaar of daar geen tomorrow is nie, wel, voor vaccines was daar dalk geen tomorrow nie. So ons eet! En ons kook! Ek bestel wyn en gin asof dit uit die mode uit gaan, want waar ons naweke iets sou drink, drink ons nou elke aand iets as ons kook. Kaste wyn en gin verdwyn en gaan sit soos die kos om my heupe! In die winter maak ons sop en stew, van scratch af, niks pakkies soppoeier hier nie.
On top of lockdown is daar met rukke loadshedding. Ons haal die lelike gasstoof uit die garage uit en ons improvise. Ons kry `n resep van Jan Braai waar mens hoender in `n swartboompot in `n halwe bottel OBS gaarmaak en dan prut die goed gaar in room. Ek wil die pot uitlek! As jy my by Woollies die klein 500 ml witwyn in bokse sien koop, dit gaan darem nog nie so sleg nie, dis net ek het in hoëre levels van lockdown nogal fancy champaigne in paella moes gooi, gaan nogal goed saam die donderse duur safraan, maar as mens die 500 ml witwyn op stanby hou dan is jy ok.
Ek het vir die eerste keer in my lewe meer kos as skoene. Ons het verskillende tipes meel en altyd bakpoeier en almal is nou chefs. Gerhard maak `n basting sous vir sy burgers. Liam en Luka kry inspirasie op TikTok en maak Oreo roomys en Oreo koek. Kook, bak, eet, drink, herhaal.
So onthou ek `n paar weke terug dat my ma vir, wat op daardie stadium gevoel het soos `n jaar, geweier het om kos te maak. Ons het `n laai met menus gehad en jy moes kies wat jy wou eet elke aand. Daar was nie Uber Eats nie, so die keuses was maar beperk. Ons het nie in daardie dae in Middelburg `n Steers gehad nie, ons het `n Black Steer gehad en as ek onthou was dit maar my go to meal. As ons vriende kom kuier het, het hulle gedink dis fantasties, maar na `n ruk is takeaways nie meer lekker nie.
Ek het in 1996 ook vir `n jaar as au pair in België gaan bly. By mense wat so bietjie soos ons voor lockdown was. 'Die menu' daar was egter selfs dodgier as ons 'die menu'. Lucie was `n besige advokaat en het nou en dan gaar kreef huis toe gebring. Vrydae het `n skoonmaker, die kuisvrou, gekom en dan het sy beesvleis gestowe in tafelbier. So sonder rys of enige iets. Ons was drie groot mense, `n sewejarige en `n baba. So kreef is nie heeltemaak gepas nie. Ontbyt was toast en nutella. Elke dag. So al kon ek nie vreeslik kook nie, kon ek soos in my ma se huis ook nie permanent van kreef en stowery lewe nie. So het ek daar ook begin kook. Soms moes ek briewe pos huis toe om `n resep te kry. Toe ek die dag terug huis toe was, was daar `n klompie hartseer De Faveere's in België want die au pair / driver / cook all left on the same day.
My laaste storie oor kos is toe ek, Gerhard en my sussie Tanja op `n kol op universiteit saam intrek. Voor hulle koms het ek `n boks wyn, `n boks vis, `n pak gemengde groente en `n karton sigarette gekoop om my deur die maand te kry. Hulle het nog nie vantevore in woonstelle gebly nie, so hulle hou toe aan kyk of ek gaan kook, en voor ons toe weet wat aangaan het ons toe selfs in ons vroeë twintigs 'die menu'. Ons elkeen gee R200. Gerhard hou die cash en ons gaan dan Queenswood Checkers toe. Ons was vas oortuig dis cheaper. Gerhard vat `n calculator en ons laai in tot ons R600 strike. Dit moes skoonmaak goed insluit. En dit is dan dit. Ons het heel lekker gekook. Baie maalvleis. Dan maak ons pasta (met mince mate pre mixes) of herderspastei. Ons was groot op visvingers en chips en varktjops. Elke gereg moes rek met aartappels. Dis hier waar Gerhard en ek soms gestry het oor wie se ma of ouma wat hoe doen. Gerhard was vas oortuig pampoen moes bietjie brand aan die onderkant! Van alles wat ek van daardie dae onthou was die heel lekkerste as Tanja die dag `n warm witbrood gaan koop het en tamatie en kaas toebies gemaak het.
Hier eet die van Wyk van Rooyens nou vir afwisseling Daily Dish. Net dat iemand anders dink wat om te kook en die shopping doen. Ek moet fokus op drankaankope, wave 3 wil nie gaan lê nie. Laat ek die Taste magazine gaan lees, ek sien daar is `n amazing braaibroodjie resep met `n smoortjie...
Comments