Friday the thirteenth - die opvolg op Murder in Midstream
- nikivanwyk
- May 15, 2022
- 3 min read

Na die Murder in Midstream debakel was daar wragties nog excitement. Soos reeds genoem is Sekai in Zimbabwe so die kinders het elkeen 'n voordeursleutel. So imagine hoe ek skuins bedonderd was toe Liam laat weet sy blazer met sy sleutel is weg. Maar hy het darem iemand anders se blazer so dis obviously 'n mix up. Die iemand anders is dalk effens groter as Liam, want die blazer gaan nie mooi uitwerk nie.
Sodra mens wonder wat nog, moet mens eintlik nie sulke vrae hard vra nie, want dit kan altyd erger raak. So het ek op Vrydag die dertiende vir die eerste keer in my 45 jaar op aarde in 'n ambulans gery. Nee, die sirene was nie nodig nie, en die ambulans was nie vir my nie. Murder in Midstream, bloed op die tokse, the saga continued! Vrydag is Liam skool toe met streng instruksies om sy blazer te soek. En die gewone "ek is lief vir jou en lekker rugby speel! Sit jou hoed op en dra jou gum guard en sonroom. Drink water!" Ek sit nog Vrydag - middag en werk en hier bel die rugby coach. Dan weet mens mos nou niks goed gaan kan van hierdie oproep kom nie en so wil die Meneer weet hoe naby is ek of Gerhard aan Midstream. Well, flippen ver. Ek in Sandton en Gerhard besig met 'n express diens by Toyota so sy kar is in die lug. Liam het sy ken redelik hard gestamp en ons moet hom hy 'n dokter kry. Ek ry, en 'n Ma wat ook genadiglik 'n dokter is bel my en laat weet sy het vir Liam, maar hoe ver is ek...dan begin mens maar stres en jy ry dalk te vinnig. Erens in die rit tussen Sandton en Midstream laai hulle Liam solank in die ambulans om vir hom 'n drup met pyn medisyne te gee en so ry ek saam ongevalle toe. Hulle het Liam se nek gecheck, all clear, maar hy kan nie sy kaak beweeg nie en daar is bloed ORAL. Ook op die donderse wit rugby broek en die duur rugby trui. Ons het mos nou juis issues met die skoolklere. Ek kyk maar verby die bloed en my kind sê hy is baie jammer dat ek nou moet kom ambulans ry, hy weet ek is besig. Ai. Ons kom my ongevalle en dis mos maar altyd hurry up and wait. Gelukkig was ek al in ongevalle met Liam én Luka en my expectations vir 'n spoedige resolution is dus laag. Liam se traumatic geboorte was mos juis op `n Vrydagmiddag so ons weet daar hang nie noodwendig naweke spaar spesialiste by die hospitaal uit nie.
Liam se kaak word ge xray, dis nie gebreek nie, maar `n spesialis moet van Meulmed af kom om sy spier te heg en die groot gat waardeur die been sigbaar is toe te werk. Die arme kind - dis vrek seer, maar hy is brawer as sy Ma. Gerhard kan staan en soortvan kyk, ek sit en hou my kind se vuil been vas, ek wil uitpass toe ek daai been sien deursteek, en hoor die spier word geheg.
En dis mos murphy, want ek en Gerhard moet Saterdag travel vir werk! Gelukkig kom Ouma en sop to the rescue.
Liam is ok, geswel en seer en kan nie sy mond te groot oopkry nie. Die dokter het ook `n naweek van Xbox voorgeskryf saam die pynpille en antibiotika, so hy is well on the road to recovery.
Ek het gister die bloed uit die klere gekry en die tokse so bietjie geskrop. Ek mis vir Sekai, niks werk as sy in Zimbabwe is nie.
PS. Hy het ook sy sweetpak baadjie verloor. So ek vermoor hom dalk nog self!
Ek voel jou pyn!! Hoop die man voel gou beter ❤️