Ek kan nie meer nie. Ek het die vermoë verloor om aan te hou met die 'fake it till you make it', glas half vol bestaan in jare van global pandemic.
Ek is moeg daarvoor om te smile en myself op die skouer te klop, want at least het ons altyd gin al vat die President dan ook weer, sonder enige gedagte aan die nagevolge, die drank weg.
Ek wil nie meer aan Plan A, B, C, D en E moet dink om op vakansie te gaan nie. Dalk sluit die President weer die strande, dan roei ons. Ons wil nie gaan fliek nie, dis bietjie contained, maar dalk kan ons gaan kaaskoek eet! Ons kan ook dalk gaan gin proe, behalwe as die drank dan weer weg is. Al wat mens skynbaar al basies twee jaar lank met min moeite kan regkry is om te eet. Ons het mos nou al oor die piesangbrood gepraat hier.
Mens doen wat jy moet doen. As die scientists sê vaccinate, dan VACCINATE ONS! As 'Live' die tweede keer in twee jaar nie in Suid-Afrika kan toer nie, dan wag ons geduldig dat hulle wel weer kan toer voor hulle (en ons) in hulle tagtigs is.
As ons die kinders moet homeschool, dan maak ons seker die wifi is sterk en die devices gecharge.
As die kinders nie mag sport doen nie, dan draf ons en Luka dans in die garage. Ons koop weights en springtou en wat nog om van die oortollige energie (die kinders nie ons nie) ontslae te raak.
As daar nie bier gekoop kan word nie, dan brou ons bier met Boerbier kits. As ons nie mag travel nie, dan bly ons by die huis en ons stel vakansie na vakansie uit, naderhand af. Ons skrop. Ons hustle.
'Hustle is going after bets, ones with low probability of success, with high confidence, and doing it often. ... If you went into the task with low confidence, you're lowering your chances of success, and hence making it harder for yourself to follow the next task with the same zeal'
Mens lees naderhand nuus op Twitter, dis vinniger om jou nuus so te bevestig, want daar is baie fake nuus en ek het nie aldag lus vir sekere nuus-providers se propaganda nie.
Nou mag Suid-Afrikaners nêrens heen nie. Letterlik, oornag identifiseer ons bloot `n nuwe mutasie en nou is ons properly in ons moere in. Ek ken mense wat nou in Suid-Afrika gestrand is. Een van die laaste vlugte uit SA uit is gisteraand op die nippertjie, soos die mense al by die hek is, gekanselleer.
Ons sou oor twee weke Mauritius toe gevlieg het. Ek het al sonroom gekoop en begin dink aan die dae van in die son lê en bak met `n boek, soos `n akkedis. `n Vriendelike mens wat pina coladas aandra tot die wêreld weer voel soos hy moet. Liam het al in sy slaap ge-waterski, Luka het haar outfits beplan, Gerhard het besluit ons gaan alles doen, ook leer om klein bote te seil en te ski. Dalk maar beter dat ons nie kan gaan nie...
Soos baie mense is ons moeg. Covid stole many things from many people. Vir ons, vakansie. Ons was in ons lewe nog nooit so min weg soos die laaste twee jaar nie. Ek het my tradisionele countdown timer op my foon. Tel al maande lank die dae, ure en minute tot hierdie vakansie sou aanbreek.
Nou wat nou? Hustle mens vir `n vakansie huis erens en begin met jouself redeneer dat geen regering so simpel sal wees om nou ook die plaaslike toeriste industrie verdere doodskote toe te dien nie. Hulle sal sekerlik nie weer die strande off limits verklaar nie. In Julie was daar grootskaalse riots en die polisie was nêrens te sien nie. Sekerlik het die polisie belangriker goed om te doen as om kinders uit die see uit te jaag? Dalk kan hulle al hulle aandag fokus op die kriminele?
Gaan mens op `n roadtrip, weg van die see en die stede, gaan die President ons toelaat om Gauteng te verlaat? Ry mens Karoo toe en gaan eet skaaptjops vir drie weke? Daar is mos nie Covid in die Karoo nie.
So, soos Suid-Afrikaners maar doen hou jy dan op jammer voel vir jouself. Jy gaan tel die gin, koop nog `n paar kaste bier. Slaan die Christmas reindeer op. Soek Christmas carols op Deezer, want te hel met Covid, die regering, mense wat vir die regering gestem het. Conspiracy theorists, al die wêreld se politicians, die swak Rand, eTolls en TV lisensies en wat mens ook nog voor kwaad wil wees. Jy haal baie stadig en diep asem. En dan sê jy vir die kinders: "Wat ons ookal doen sal lekker wees, belowe" en dan maak jy maar weer Plan A, Plan B, Plan C, D en sommer al die letters van die alfabet tot by Z. Global pandemics kan nie vir altyd hou nie. This too shall pass.
Comments