top of page
Search

Ek paint my naels en dra my fake fur

  • nikivanwyk
  • Jul 30, 2021
  • 2 min read

Vandag het ek besluit genoeg. Dis Vrydag. Vrydae is veronderstel om happy dae te wees. Op Vrydae dra mens jou leerbaadjie en jou sneakers werk toe, al werk jy in `n corporate omgewing. Jy krul jou hare met die GHD. Jy sit ekstra maskara aan om die einde van die week te celebrate. We made it sê jy vir jouself tewyl jy die maskara wand oor en oor oor jou lashes laat gaan, versigtig om jouself nie in die oog te steek nie.


Kinders kry op Vrydae snoepie geld. Hulle is verlig, want hulle hoef nie self te staan en kosblikke pak nie. Vrydae werk mens die heel lekkerste van die week, want almal is in `n happy en wind down mode.


Ons braai Vrydae aande in die somer. In die winter maak ons pizza. In die somer sit ons tot laat op die stoep met die fairy lights in die mooi cloche. Ons gooi gooseberries en roosmaryn takkies in die gin. Ons drink die fancy wyn. In die winter drink ons port en sit voor die gas verwarmer. Gerhard kyk golf, ek lees die Huisgenoot. In die somer swem die kinders in die aand nog. Tot die honde lyk lus vir die lewe.


Lockdowns, global pandemics en looting stole our joy. Ek lewe alweer in die ugly slipper boots van Pick & Pay. Nuwes, met fake fur, maar steeds donders lelik as jy my vra. Dae gaan verby wat ek behalwe vir die stap of draf nie actually die huis verlaat nie. Ek sit in my ugly boots en lelike leggings in die home office. As ek uit, vergeet ek van die kouse wat ek bo-oor die leggins het vir die ugly boots. Dan lyk ek soos iets avant garde met my pers Saucony's, kouse oor die kuite oor die denim. Ek kort net `n kam in die kous om die look te vervolmaak. Mens dra in elk geval maskers, so ek hoop maar niemand sien my regtig raak nie.


My hobby is om te shop. Ek vrek oor klere en skoene. Maar in lockdown het ek eintlik nooit veel meer as ugly boot slippers en t-shirts gekoop nie. Joy. Stolen. My ander hobby is om my tas te pak en op vakansie te gaan. Joy, stolen.


So vanoggend het ek besluit genoeg. Ek dra my nice nuwe maxi aand-skirt van Big Blue. Is hy over the top vir `n random Vrydag? Definitief! Ek dra my fake fur baadjie wat Luka so graag wil erf as ek eendag die tydige vir die ewige verruil. Ek dra mascara en pienk lipstick en ek balance my outfit met sneakers met blomme op. Ek is nog nie heeltemaal reg om in die home office in heels te sit nie.


So as jy my vandag sien as ek kinders rondry na skool, ek gaan (steeds) nêrens heen nie. I am just trying to find some joy. Volgende week moet ek kantoor toe vir `n annual general meeting. Ek beplan klaar aan my outfit.









 
 
 

Comments


Subscribe Form

Thanks for submitting!

©2021 by Niki van Wyk. Proudly created with Wix.com

bottom of page