top of page
Search
nikivanwyk

Dis nou genoeg


Ons lê vanoggend in die bed en drink ons koffie. Ons kyk Facebook memories. Ons was 'n paar jaar terug die dag in Venesië. 'n Baie kwaai Italiaanse man het aan ons deur gehammer en toe ek oopmaak staan daar natuurlik iemand wat ons nie ken nie. Poedel-nakend. Met sy hande oor sy "bols" soos die sewejarige Liam die jaar in sy travel journal skryf.


Ons is nostalgies! Ons mis travel. Gerhard is die wêreld se mees enthusiastic travel agent. Hy google en lees en teen die tyd wat ons actually ons tasse gepak het en in die lounge aankom vir 'n drink voor ons vertrek kan jy weet ons vakansie is ordentlik beplan. Soos Venesië. Ons het in 'n spectacular b & b gebly. Met 'n roof terrace en 'n yskas vol yskoue prosecco. En die eienaar wat insist dat ons 'n paar bottels inlaai vir waar ons ook volgende heen gaan.


Gerhard se Italiaanse werksmense het vir ons tips gegee oor waar om te eet en so eindig ons toe in die studente area op, nie vêr van die overpriced touristy areas nie. Ons eet pizza en drink bier wat tot vir ons Rande bekostigbaar voel!


Ons was al op onwerklike vakansies. Ons het memories wat ons 'n leeftyd kan hou. Maar dis nou genoeg. Ons het 'n dringende behoefte om 'n vreeslike avontuur te gaan beleef. Die tank is so leeg "we are running on the smell of an oil rag."


Ek kyk elke oggend of daar nie dalk 'n glitch was nie. Dalk kan die over 40's al registreer vir vaccines. Ek weet ons is naby. Daar is 'n gevoel van hoop in die lug! Ek is jaloers. Sekai gaan eerste klaar gevaccinate wees...


Ek wil ophou bestaan. Ek wil iets hê om na uit te sien. Die thrill van panic buying aan gin en om nie om te gee wat die President sê nie, het vir my so saai en onbenullig geword soos meeste dae in die home office.


Ek wil vlieg. In hotelle slaap in beddens wat ek nie opmaak nie. Ek wil my hare met hotel shampoo gaan was. Ek wil bier drink. Gerhard weet ek drink net bier as ek vrek van die hitte. Ek vrek net van die hitte in plekke soos Dubrovnik. Ek wil 'n live show kyk! En saam duisende mense in 'n skare staan en saamsing. Ek wil goed proe. Kaas, prosecco, charcuterie. Pastries! Pasta eet in Italië. Coctails drink op 'n Mauritian strand. Saam stingrays swem in die Bahamas.


Ons bucket list is lank en ons het nou amper twee jaar gemis.


Kan ons net almal vaccinated kom asseblief.


Ons paspoorte het visa's in wat limited lifespans oor het en ons kinders word groot. Een van die dae gaan hulle nie meer eerste op die vliegtuig wil wees en 'n coke bestel en wonder watter movie om te kyk op die vlug nie.


Genoeg nou...


96 views0 comments

Recent Posts

See All

Augustus

コメント


bottom of page