Dag 789 van lockdown in SA
Genade. Ek probeer minder vloek, minder desperaat wag vir Gerhard om huis toe te kom sodat ek 'n gin kan ingooi, maar vandag, dag een van die online skool, gaan sorg dat ek 4 uur die gin gooi en as for the language, wel kom ons sê ek hoop more is beter.
Skool begin 7.30. Alles was reg. Elke kind op 'n device, by 'n lessenaar in sy of haar eie kamer. Ek het tot onthou om hulle af te neem! Graad 4 en 7 is belangrike jare. Luka sê daar mag nie honde naby wees nie. Ook nie snacks nie, net water. Check. Kyk vir ons. Alles in orde. Vandag gaan ek soveel gedoen kry! I have sooooo got this. Pat self op rug.
Vyf minute vroeg en daar is geen icons vir die zoom meetings nie. 'n Tegniese glitch, maar toe begin almal verwoedelik ander links stuur en ek het twee hande en twee kinders in twee verskillende plekke.
Gerhard vra van onder af of hy maar 'n roti self moet pak vir middagete (ons het mos die deal waar ek koffie in die bed kry en hy kry lekker slaai vir middagete). Ek gil benoud "Jaaaa, want ek sukkel met die f@??@* homeschoolers". Dis op die stadium wat ek besef ek het 'n Margaret van Wyk (no relation) getrek en per ongeluk 'n voicenote op Liam se klasgroepie gelos. DELETE! As van julle gehoor het, skuus, ek werk aan my taal.
Daarna was dit Luka wat my bel...haar zoom meetings begin nie. Dan hol ek trap op. Dan Liam, ek het nie zoom nie. Niemand kan passwords onthou nie, ons het te veel email addresse en passwords in die huis.
Volgende Luka. "Mamma ek het die Engelse meeting ge leave, want daar was net Engelse kinders". Hemel behoede my, ek jaag haar terug en verduidelik kleurvol dat Engelse en Afrikaanse kinders nou saam kan Engels hê.
Liam se laptop crash. Hy probeer te veel fancy games speel op 'n laptop wat gemaak is vir kantoorwerk.
Luka is op haar foon. Haar rekenaar gooi die blue screen of death. Ek het al 'n webcam gekoop, maar my IT dude (a.k.a Jaco, my swaer) het New Zealand toe getrek, ek dink dis my skuld oor jare se dom IT vrae. My nuwe IT ou is aanbeveel op Facebook, maar hy werk net naweke.
More is dag 2 en ons het noodmaatreëls soos backup devices reg om te laai as iets bluescreen, 'n Excel spreadsheet met usernames en passwords vir Zoom, portals, gmail addresses en alles tussendeur. Ek oorweeg dalk ietsie in more se koffie. Al wat ek voor hoop is om tog self erens ook 'n steek werk gedoen te kry.
Ek wil op vakansie gaan. Alleen. Sonder passwords, devices, mense wat sê "Mamma". Sekai sê ek moet saam haar Zimbabwe toe. Ons kan net sit en soms is daar krag en soms nie, maar dit maak probleme met die phone. Sy lag lekker vir my wat so op en af die trappe hol en gil en tekere gaan, maar soos altyd bring sy perspektief en sê "at least we are all healthy and alive. Every night I pray that those ones don't lose their jobs, because they give me a job". Those ones is ek en Gerhard en sy weet solank ek met die rekenaar staan en praat heeldag het ek darem werk.
This too shall pass. Some of it like kidney stones...
PS. Jaco, kom terug man. Los my sussie daar in Christchurch. Jy het talente wat ons nie altyd waardeer het nie.
PPS. Jaco, as die IT so gaan, kan jy imagine wat gaan gebeur as ons probeer bier brou?
Comentarios