Life in lockdown 2020
Vandag is ek 118 dae by die huis. Dis 118 dae van werk, eet, slaap, kook, alles by die huis sonder om een aand êrens anders te slaap as net by my eie huis. Die kinders het onttrekkings-simptome, ons wil almal êrens anders wees. Zebula, Dullstroom, enige plek selfs vir een of twee aande as in ons eie huis. Ons kyk ou vakansie foto’s en ons het so baie as vanselfsprekend aanvaar. As ons ooit weer mag uit gaan ek elke sekonde van vakansie probeer savour en uitrek soos `n lang toffie. Ek wil probeer om nooit weer jaag nie. Mens jaag soms ook deur die goeie en die lekker dinge.
Ek het vir Luka vertel ek mis my skoene en om mooi aan te trek. “Maar Mamma jy kan maar make up en mooi klere dra as jy ons by die skool kom haal, baie mamma’s doen”. Dit was ongeveer dieselfde tyd wat Liam vra of ek nie wil bootcamp by Tannie Yolande nie, dan kan ek ook weer maagspiere hê. Talk about an ego boost! Ek dog ek doen nie te sleg met my gekleure hare nie. Time will tell, ek neem aan ons sal weer lus wees om ons fancy klere en high heels te dra as ons erens het om heen te gaan. Dis dalk maar `n winter blues kind of vibe die?
En die President het gister gepraat, ons het besluit om vir ons eie sanity eerder Harry Potter 2 saam die kinders te kyk. The One that cannot be named seemed like a better option, want wat nou in die wêreld aan die gang is, is stranger than fiction. Mens kan die goed nie opmaak nie. In my wildste drome sou ek die nie kon uitdink nie, ek ek het eenkeer `n kinderboek oor aliens geskryf wat kon teleport, so ek het wilde verbeelding.
Wie sou dink dat ons steeds in lockdown is. Maar weird lockdown waar jy in `n vol taxi mag ry, maar jy mag nie by jou familie gaan kuier nie. Jy kan kinders skool toe stuur, maar jy mag (weer) nie drank koop nie. Jy kan waarskynlik dagga rook, solank jy net nie Marlborough’s rook nie. En jy mag gaan uiteet, sonder drank, en met jou lap-masker wat volgens mense wat weet pretty useless is. DSTV wys Kersfees movies in Julie.
Wat ek geleer het is dat ek my eintlike beroep gemis het. Ek moes `n chief buyer gewees het. Ek is instinktief voor die kurwe. Gerhard sê ek is nie voor die kurwe nie, ek is deel van die probleem. Maar kom ek gee jou `n idee. Ek het gis en drank gekoop in die eerste week van Maart. En toe, lockdown, verbod op drank, en almal bak of brood of brou pynappelbier. Ek kon sien dat nie al die winterslakens dit in die jaar 2020 van Indië of China af na Suid-Afrika toe gemaak het nie, so het ons lekker warm beddegoed al is die een stel lakens lig pienk. Lurpak botter was die volgende om te gaan, maar ons het nog botter tot Desember. Ek het nou pas my drank inventaris opgestel, `n stocktake of sorts en ek kan met trots aankondig dat ons ok gaan wees. Volgende, voor die eerste koue-front Gauteng gestrike het, het ek `n ekstra gasverwarmer en `n spaar 9kg gasbottel gekoop. En kyk nou net hoe sukkel mense om gas en gasverwarmers te kry ne!
Maar nou is ek `n maatskappysekretaris, en ek moet vergader vir `n lewe. Dit was `n redelike challenging job pre-Covid. Mid-Covid moes ons leer Webex, Teams, hoe om headsets op te koppel, hoe om digital fatigue te probeer vryspring deur op te staan, buite te gaan loop, koffie te gaan maak. Hoe om af te switch, want as jou kantoor in jou slaapkamer staan en jy ook tussendeur moet wiskunde gee, dan word Saterdae, aande en vakansiedae alles 118 dae van een groot never ending virtual meeting. En net toe ons dink ons weet nou hoe alles in die jaar 2020 werk, toe kry ons loadshedding op die koop toe. So nou is generator start ook op my lys van goed om mid meeting te doen. Soos ons nou skaamteloos nie meer verskoning vra vir ons kinders wat so nou en dan in meeste van ons meetings opduik nie, so sê ons nou “verskoon my, ek gaan my generator start so dit gaan vir `n rukkie raas of my konneksie gaan drop”. Die ergste van alles is dat Suid-Afrikaners maar net aangaan. Niks kan ons van stryk af bring nie. Ek dink daar sal `n alien langs my land mid-meeting en niemand aan die ander kant sal `n oog knip nie!
Ek dink regtig daar is niks wat my meer kan verbaas nie. 2020 hou aan, soos `n Verimark advertensie van ouds sê “but wait, there is more”.
Mense het aan die begin van Covid-19 vir mekaar gesê “Stay safe”, ek sê nou eerder “Stay sane” want as ons met ons mental health unscathed uit die trauma van 2020 kan kom, soms met drank, soms sonder drank, dan het ons 2020 gewen.
Comments