top of page
Search
nikivanwyk

Augustus




As daar `n berekening gedoen word oor die maand met die hoogste persentasie bedankings van werkende ma’s, kan ek jou belowe die wenner, kop en skouers sal Augustus wees. Self het ek al baie gewonder of ek nie die handoek moet ingooi, `n bus en plat skoene moet koop en net die kinders voltyds moet grootmaak nie. Ek het issues met Augustus, maar dis nuwe issues - dit was nie altyd so nie. Augustus is eintlik `n happy maand. Op die 11de Augustus 2024 was ek en Gerhard immers 18 jaar getroud, al was ons mense wat nie eintlik vreeslike trouplanne gehad het nie. Augustus is summer holidays in Europa, so meeste van my kolegas is met verlof, die lewe is veronderstel om effens rustiger te wees. Augustus het `n vakansiedag! Die jaar was die vakansiedag op `n Vrydag! Langnaweek. Tog is ek en Augustus nie vriende nie. By the way, my een kind het krieket gespeel en die ander een A Capella geoefen, so langnaweke tel nie regtig nie…


Verlede jaar Augustus is my kar gesteel, voor die hospitaal in Midstream waar Gerhard besig was om `n sinus lift en `n bone block te kry. Elke liewe Augustus gaan Sekai vir die maand Zimbabwe toe. In Augustus is daar soms nog rugby, of sevens, daar is revue, daar is hokkie. Die A Capella sanggroep vang spoed. Die indoor hokkie trials vind plaas. Gerhard gaan om een of ander onverklaarbare rede op branch visits en my side gig, daai voltydse corporate job hou `n annual general meeting.


Augustus het sekere weke waar ek letterlik die oggend in die bed sit, koffie drink, sug en na my kalender kyk en wonder hoe ek deur die dag gaan kom, let alone die week. Die oggend van die annual general meeting breek aan, mens doen baie werk om net tot op daardie punt te kom, insluitend `n week van kommitee vergaderings,`n week van raadsvergaderings (in Londen), `n week van roadshows (in die Kaap). Die oggend begin soos enige ander oggend, ek drink koffie, sug, skree vir die kinders wie vandag wanneer waar moet wees met wat. Ek en Gerhard gaan stap en toe ek by die huis kom, all hell breaks lose. Niks earth shattering nie, net die laaste miljoen goedjies wat almal tot op die einde los. So is ek op `n stadium al deur die bad, partly dressed, en ek spring in die badkamer rond en skree ‘fok fok fok’ terwyl ek nie weet of ek eers moet aantrek, reply, iemand moet bel of my make up klaar moet aansit nie. Daardie oggende eet mens `n stuk kaas in die ry Sandton toe en jy hoop jy het regte skoene in jou boot, want jou Uggs gaan so stunning lyk saam jou suit as jy vergeet het.


As Augustus-maand `n visual uitbeelding moes wees, dan sou dit ek in my onderklere wees wat met die foon in my hand staan en sê ‘fok fok fok’. Dis die curse van die werkende ma. Pleks doen mens een ding op `n slag, maak dit klaar en beweeg aan na die volgende toe, maar nee…multi task sal ons multi task even if it kills us.


Die is nie daai post waar die working ma die stay at home ma’s dis nie. Life is short en ons almal doen wat ons moet doen. Ek het egter altyd gedink dat die doeke deel die moeilike deel was. As mens 6:45 al voor die creche se deur sit in die hoop dat die mense jou sal sien en solank jou bloedjie sal vat. Mens wil nie elke oggend op die deur staan en slaan net oor meetings wat 8am in Sandton begin nie. Daai jare waar die most dreaded foon oproep nie `n Vodacom data sales person is nie, maar die skool wat sê jou kind hoes en jy moet hom nou dadelik kom haal voor hy almal siek maak. Daai dae as jy in jou meeting opdaag en daar sit so bietjie kots of snot op jou smart swart suit baadjie. Ons is mos oor dit, die moeilike jare. Die kinders is 13 en 16 en kan al `n aand of twee sonder ouers tuis bly. Die risiko nou is dat Liam parties hou, nie dat hy nie weet hoe om die air fryer te operate nie. Die kinders pak jare lank hulle eie kosblikke al is Luka se kosblik 99% chips en koekies en net 1% kos. Al maak Liam penicillin in sy locker met die honderde kosblikke wat hy daar laat versamel, saam al sy skoolbroeke, dat hy naderhand brood in papiersakke moet skool toe vat en sy broek van twee jaar en twintig kilogram terug moet dra.

Maar so is dit die jaar 2024, Sekai is in Zimbabwe, Liam moet `n visa kry vir Nederland, die rugby braai moet gehou word na die afsluiting van die seisoen. Luka gaan steeds klokslag ortodontis toe en niemand van ons weet hoeveel jare ons nog soontoe en terug moet ry nie. Luka speel hokkie, met haar tande in wording. Liam oefen Sevens. Liam speel golf. Liam en Luka moet by Master Maths draai om net nie heeltemaal agter te raak nie. Luka moet hokkie oefen. Liam tree op in die staatsteater en oefen steeds revue. Liam vergeet om sy foon en sy iPad te charge. Liam verplaas sy powerbank. Liam vergeet sy iPad een aand by die skool, dis die dag wat ons drie ure in die visa ry was, skool toe is, sevens oefen, AP maths het, rugby braai toe vir `n ruk, laaste revue oefening wat na 10 eers stop en as die kind dan tuis kom en sê ‘oeps’ dan ry mens maar weer skool toe al wil jy net slaap en jy soek die iPad sonder om te skree, jou skree is op. Daar was long service awards. Daar was `n begrafnis. Dit was net `n sirkus, `n blur, `n sleep deprived streak nes soos toe die kinders in doeke was.


Dis Augustus en Sekai se ‘stand in’ weet nie wie in die huis dra wat nie. Elke oggend is dit nie net van loer in jou kas en trek iets aan nie, ons almal hol rond en grawe in mekaar se kaste. Kouse, hemde, bra’s. Dis chaos. Maar Sakile maak skoon en sy stryk, want as ek in 2024 nog moes stryk het ek sweerlik moord gepleeg. In Augustus word revue klere en A Capella klere met die hand gewas. Imagine al die sequens val af in die was? Of heaven help us iemand se kostuum krimp. Liam se revue make up is swart, en een van die pakkies is geel. Weet jy hoe lank moet jy met `n koek seep staan en vryf om swart make up uit `n geel hemp te kry? Te lank.


In Augustus sit mens amper heeldag op webtickets en koop revue kaartjies. So het ek op `n stadium ses kaartjies vir `n show op `n Maandag gehad terwyl ons skool se konsert op die Sondag was. Ek het eers geen tickets vir die show gehad nie en toe somehow het ek 8…en ons is net twee wat moet kyk.


In Augustus was ek ook een keer ma van die jaar, net een keer. Ek het my kinders altwee by die skool afgelaai die oggend. Daarna het ek Luka se skooltas 12 uur gaan haal en vir haar haar hokkie sak en middagete gegee. Ek het 1 uur Liam se tas gaan haal, en vir hom sy revue boks en middagete gegee. Ek was daardie dag 6pm op my pos in die teater by Emperors Palace om revue te kyk, plus punte, maar hokkie was op dieselfde tyd, so minus punte, maar albei kinders was die aand weer veilig onder een dak en Gerhard veilig terug van PE af.


In Augustus smile en wave jy as jou teenager 5:30pm bel en sê die kuier is vannaand 6pm by jou huis…en jy ry Woollies toe en koop wors en chips en drinks en jy hoop die klomp sien nie die stof op die stoep nie. Sekai se handover notes het duidelik nie die patio gecover nie, en ons is in elk geval in Augustus nooit lank genoeg by die huis om te braai nie, so ons sit sommer binne.


Wat ek wel weet is dat Augustus nie vir altyd hou nie. As Augustus eers verby is, en Sekai kom pak my kas weer reg, en die wind hou op waai, en dis lente en ons kan die boots verruil vir flip flops, en die voëls sing en die son skyn, en ons kan braai in plaas van sop kook, dan is alles weer lekker. Na Augustus is daar basies skool kampe en eksamen oor voor `n maand se vakansie waar mens meestal nie in jou onderklere rondspring met jou foon in die hand en ‘fok fok fok’ sê nie. Vakansies kort nie make up, beplanning, tickets en brood in blikke nie. Augustus ping die fone minder. Na Augustus is mens effens nader aan die einde van nog `n jaar, bietjie bly, bietjie sad, want so word die tyd wat ons met die van Rooyen kinders in die huis oor het minder en minder, en ek wonder tog of mens nie die utter madness mis as jy net oor jouself en jou eie kalender hoef te worry nie.






116 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page