top of page
Search
nikivanwyk

2023















Mens sukkel soms om tot verhaal te kom. Nou die tiende dag van 2024 voel ek of ek reg is om terug te dink aan die blur wat 2023 was.


In 2019 het ek besluit om die jaar 2020 stadiger te lewe. Ek en Gerhard het in amazement na die bordjie op Sedgefield gekyk wat sê dis 'n slow town. Ons het op die mark rondgedrentel en gekyk hoe mense organiese eiers en sourdough brode koop. In mandjies, niks plastiek nie en die goed dan in hulle karre laai. Net daar sit ek 'n recurring invite in ons dagboeke wat sê "Irene Mark. Slow down. Koop eiers". Die invites was natuurlik 'n totale mors van tyd en amper 'n jaar later in 2021 toe ons wel weer mag mark toe, to dra ons maskers na ons vir 'n jaar lank so baie brode gebak het dat ek reg was to speed it right up again.


Na die lockdown jare waar ons niks anders as tyd gehad het nie, dink ek 2023 was 'n jaar waar almal weer alles soos voor Covid wou doen. As ons vakansies hou dan gaan ons sommer in een Desember na drie plekke toe, 'n eiland, die bos en glamping. Mens kom gedaan in Januarie aan, maar we are squeezing the marrow out of life and all.


As ons in 2023 werk, dan doen ons sommer 'n corporate action in Januarie, want wie wil nou nie die jaar met 'n bang begin nie? 2023 is oor growth strategies, die jare voor dit was oor surviving. Ons hou kort hierna 'n lekker conference in George wat beteken my Imagine Dragons tickets vir die show in Kaapstad is in 2022 prematurely aangekoop. Maart strategise ons in Franschhoek. Julie conference ons in Londen. Lekker rustige eerste ses maande.


As ek in 2023 lees, dan besluit ek ek soek 'n stretch target. Ek kan nie net 20 boeke lees en dit geniet nie. Ek gaan 52 boeke lees. 'n Boek 'n week, want ek het baie tyd so tussen die corporate actions en die huis en die kids.


As ek in 2023 besluit Luka moet meer hokkie speel, dan doen ek dit sommer in Brooklyn, `n amper 40 minute one way trip van die huis af, en dan vlieg ons Durban toe voor ek Barcelona toe vlieg vir 'n ekstra vakansie saam Gerhard. Want weereens...carpe diem.


As ek in 2023 besluit ons kort 'n bietjie van 'n update in terme van home decor, dan koop ons basies vir die hele huis nuwe meubels. Ek dink al wat ek hou is my eie slaapkamer meubels. Dit kom natuurlik met sy eie challenges, want nou kort ek sommer 'n magdom goed wat ek nie eintlik kort nie en ek sit met 'n hoop meubels wat eintlik nie veel makeer nie.


As ons in 2023 die jaar met nuwe medical savings begin, dan challenge ons onsself om te kyk net hoe vinnig ons dit kan gebruik sodat ek dan amper 'n nuwe nier, of nog 'n vakansie kan hou met die geld wat ons spandeer na die medies long gone is. Luka moes draadjies kry, toe is al die geld weg en ek kry 'n stewige maandelikse paaiement. Ek het 'n paar goetertjies in teater laat uitsny. Gerhard het 'n bone block en sinus lift gekry. Liam het toe mos die hart probleem en moes die ablasie kry by die 'electrician'. Met my kar wat gesteel is, was my bestuur bril (nes my gewone bril, maar hy bly in die kar dan kan ek sien as ek bestuur) in die kar. Toe gaan toets ek my oë en kry 'n nuwe bril en sommer 'n bestuur sonbril ook. Liam gaan deur disposable kontaklense soos wat hy deur 'n loaf brood gaan. Veels te vinnig.


Nie net die mense nie, die hond kry pankreatitis. Sonars, xrays en een aand se oorslaap aan die ander kant van Pretoria. `n Uur se ry. Ander maand as die hokkie, anders was die ry dalk nie so erg nie.


Ons landlords besluit hulle wil die huis verkoop. Toe Sekai in Augustus vir die maand Zimbabwe toe is. Ek mop in die aand vloere voor ek lees aan my onmoontlike challenge. Ons soek tussendeur 'n huis en in die proses sien ek huise waaroor ek nou nog nagmerries kry, dan lees mens maar as jy wakker word en jy mop weer die vloer. Ons bly darem nog 'n jaar, so daai nagmerrie pak ek eers weer in 2024 aan.


As mens in 2023 show tickets bespreek, dan bespreek jy sommer twee naweke in `n ry iets. Ons gaan kyk Spoegwolf en ek sukkel om te fokus. Danie die digter hop soos 'n gogga op 'n slegte batch tik op die stage rond. Ons geyser bars ten tye van die show en Gerhard moet die voorsangers mis om vir Liam te verduidelik hoe om in die dak te klim en die geyser af te sit. Anton Goosen word op die stage ge escort, maar dan vang hy spoed en dis minder disturbing as die gogga op tik. Ek moes dalk geweet het mens ry nie Carnival City toe onder enige omstandighede nie.


Nou is dit 2024. Ek weet nie of ek weer 52 boeke wil lees nie, maar ek wil steeds lees. Ek wil vakansies hou op nuwe plekke, rustiger lewe, tyd maak vir goed wat lekker is. Minder clutter, minder stress, meer lag, meer en vinniger hardloop. Leer Italiaans of Portugees praat, happy kinders hê, tyd maak vir mense, meer braai, koek bak, nuwe resepte probeer. Dalk, heaven forbid weer organiese eiers op `n mark gaan koop?





68 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page