top of page
Search
nikivanwyk

23 Maart 2021

'n Jaar terug het ons natuurlik nie gedink ons gaan sooooo baie bak en kook en 24 uur 'n dag, sewe dae 'n week vir maande sonder ophou saam ons kinders spandeer nie.

Ons het gedink dis vir weke...en ons was positief. Ons het vir mekaar gesê kyk hoe maklik is van die huis af werk. Ons het vir mekaar ons honde, kinders en kombuise op die screens gewys en elke dag 24 keer met mekaar ingecheck.


Ons het piesangbrood gebak en pizza gemaak. Ons het met apps yoga gedoen en vir onsself gesê hoe beter die minder gejaagde lewe is. Kyk hoe groei ons boontjies man. Kyk al die ekstra tyd wat ons nie in Sandton verkeer spandeer nie.


As ek toe geweet het wat ek nou weet het ek verlede jaar Maart drank ge panic buy, nie toiletpapier en pasta nie. Het ek begin bier brou. Het ek toe meer computers en wifi routers aangeskaf. Het ek winters pajamas gesoek en 'n ekstra gasbottel.

Het ek my hare gaan doen, ek het nie, want ek was te besig. Mens is nooit so besig dat jy nie voor lockdown jou hare 'n praktiese kleur gaan maak nie. Note to self, haarkappers bly dalk maande toe.


Ons het darem 'n jaar terug Netflix gekry en genoeg craft supplies vir 'n jaar. Ons het nooit die vreemde lemoen liqueur moes drink nie, want ons het nog nooit uit drank uit geraak nie.

As ek toe geweet het wat ek nou weet het ek nie ure van my lewe gewag vir die President om te praat nie. Dis altyd slegte nuus en hy is altyd laat.


Ek sou lankal 'n Kenwood chef gekoop het, want genade het ek al baie skewe lockdown koeke moes bak.


Ek sou lankal in die haas slippers belê het, want hulle is gemaklik.


Ek hoop van harte ek sien in 2022 die memory en dis alles verby...



4 views0 comments

Recent Posts

See All

Augustus

Commentaires


bottom of page